Amptenaar van binnelandse sake deur Valke gesoek

Kagiso Ronny Maboa (38) word deur die Valke gesoek. (Foto: Valke)

’n Amptenaar van binnelandse sake word deur die Valke in Middelburg, Mpumalanga, gesoek in verband met klagtes van bedrog, korrupsie en die oortreding van die Wet op Immigrasie.

Die soektog na Kagiso Ronny Maboa (38) spruit uit ʼn ondersoek deur die Valke wat in April vanjaar begin het.

Volgens kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder vir die Valke, het Maboa na bewering met ʼn Pakistanse meesterbrein saamgesweer om bedrieglike paspoorte vir buitelandse burgers te bekom.

Dié bedrieglike aansoeke is verwerk deur die identiteitsbesonderhede van Suid-Afrikaanse burgers te gebruik.

ʼn Lasbrief vir sy inhegtenisneming is gevolglik uitgereik.

Lede van die publiek word versoek om die Valke in hul soektog na Maboa te help. Enigeen met inligting kan kapt. Sam Kolobe by 071 481 3126 kontak.

Alle inligting sal as vertroulik hanteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

SjN ·

Moet seker ook toets skryf met slaagsyfer van 30% om te kwalifiseer.

Di ·

Hoop hulle vang die skelm gou! Dis deur mense soos HY dat misdaad die land oorgeneem het. Glo vas dat meeste misdaad gepleeg word deur hierdie onwettige imigrante in die land. Lees die nuus en ELKE DAG word daar misdadigers vasgetrek wat onwettig in die land is. Daar is nog BAIE soos hy, kry hulle almal en gooi hulle in die tronk waar hulle hoort. ALS net vir GELD?

Maritza ·

Wonder wat is sy kwalifikasies gewees om die amp te bekom

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.