Amptenare, verskaffers vas vir korrupsie

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: University of the Free State/Facebook)

Amptenare van die departement van openbare werke in Mpumalanga het Woensdag in die Nelspruit-landdroshof verskyn op aanklagte van korrupsie, bedrog en geldwassery.

Sipho Ronny Monareng (50), adjunk-hoofdirekteur van die departement, het saam met nog twee amptenare, Magdonald Boto Sigudla (43) en Bandile Jacob Ngcebo (41), en drie verskaffers, Maganeleng Antony Mashego (43), Whiskey Delisa Khumalo (45) en Tshidi Suzen Sedibe (43), verskyn nadat hulle deur die Valke in hegtenis geneem is.

Volgens kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, Valke-woordvoerder, word beweer dat Monareng tydens die Covid-19-pandemie met maatskappydirekteure saamgespan het en eise by die departement ingedien het vir dienste wat nooit gelewer is nie. Die korrupsie beloop sowat R1,38 miljoen.

Die saak is in November 2021 by die Valke aangemeld en daar is tydens die ondersoek vasgestel dat Monareng glo die hele proses gefasiliteer het.

Die beskuldigdes is op borgtog van R10 000 elk vrygelaat en die saak is vir verdere ondersoek tot 2 November uitgestel.

Nog inhegtenisnemings word verwag, het Sekgotodi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Manie ·

Wanneer word Mkhize aangekla, die man staan al weer voor in die koor in KZN ?

SjN ·

Die meeste is korrup, kyk na die name betrokke en as hul uitgevang word speel hul die raskaart.

Niklaas ·

Is daar ‘n afdeling in die SA ekonomie waar diefstal NIE plaasvind nie ? Ons sal hard soek.

Moedeloos ·

Seker sake neem jare om ondersoek te word terwyl ander sake sommer oornag gedoen word en mense aangekla en gevonnis word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.