ANC Jeugliga se militêre kamp: ‘Hulle moet kom verduidelik’

Die kamp wat geadverteer word.

Die ANC sê lede van sy jeugliga (ANCYL) moet ʼn verduideliking kom gee vir die sogenaamde militêre opleidingskamp waarheen lede genooi is.

Die Jeugliga het die naweekkamp geadverteer en items soos vlag hys en stryk, hindernisbane, guerrillataktiek, wapenhantering en militêre opleiding vorm deel van die geadverteerde aktiwiteite. Die koste beloop R500.

Jessie Duarte, die ANC se adjunk-sekretaris-generaal, het Woensdag, ná die vergadering van die party se nasionale uitvoerende komitee, gesê die ANC steun nié die kamp nie waar hulle “militêre opleiding gaan doen en wapens gaan uitdeel nie”.

“Ons verwerp dit geheel en al. Die Jeugliga gaan gevra word om hul optrede aan ons te kom verduidelik,” het Duarte gesê.

“Enigiemand wat by die weermag wil aansluit, kan aansoek doen om ʼn lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag te word. Ons steun nie private weermagte op die kantlyn nie.”

Camp Zenith, die kampplek naby Heidelberg waar die opleiding volgens die advertensie sou plaasvind, het ook in ʼn amptelike verklaring gesê die organiseerders het hom nooit in verband met die geleentheid gekontak voordat dit geadverteer is nie. Die onderneming sê die ANCYL het ook nie die perseel bespreek nie en die fasiliteit is ieder geval reeds maande vooruit vir die spesifieke datum bespreek.

“Dit is onder ons aandag gebring dat die bedoeling is om burgers in oorlogvoering op te lei en dit is beslis teen die waardes van ons vredeliewende kampplek. Ons is ʼn Christelike kampterrein en ons doel en missie is om goed te doen vir Suid-Afrika se mense.

“Ons het nog nooit nie en sal ook nooit geweld of haatspraak teenoor enige rasgroep in ons mooi land bevorder nie,” het Camp Zenith op sy Facebook-blad geskryf.

Bheki Nkutha, een van die leiers en organiseerder van die kamp, het aan The Citizen gesê die kamp is daarop gemik om die jeug te bemagtig en te motiveer en is nié ʼn oproep om wapens op te neem nie.

“Ons sê nie neem die wapens op nie. Al wat ons wil doen is om die jeug op te lei en te bemagtig met vaardighede soos wapenhantering, sodat hulle hulself kan beskerm. Ons bly in ʼn samelewing waar vuurwapens oral [beskikbaar] is, hulle moet dus weet wat om in ʼn situasie te doen waar wapens betrokke is,” het Nkutha gesê.

“Ons is geskok dat mense dreig om ons dood te maak omdat ons ʼn lentenaweekkamp reël, terwyl daar jong Afrikanerkinders in Orania is wat geleer word om te skiet. Hoekom praat niemand oor die militêre kampe daar nie. Hoekom is dit so sleg vir swart kinders om dissipline geleer te word, want dit is waaroor die weermag gaan,” het Nkutha aan The Citizen gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Joke! ·

Op te lei vir transito rooftogte en Guerilla taktiek plaas aanvalle voorbereiding….

Johan ·

Die verskil tussen Orania en party ANC en EFF ondersteuners is dat eersgenoemde gedissiplineerde en vreedsame burgers is.

daniel ·

Ons almal weet waarom hierdie sodanige onskuldige opleiding eintlik gaan
Orania se opleiding is verdedigend en nie aanvallend nie.

Heidi ·

Lag lekker, iemand gaan soustrein ry met belangstellendes se R500!

George in Bloem. ·

Nkuta jy is ‘n leuenaar. Kom wys ASB die kampe in Orania. Jy behoort in die openbaar om verskoning vir jou gelieg te vra.

Genoeg ·

Ek dink Orania moet hom hof toe vat oor dit, ANC en EFF moet begin les op se vir die gemors wat hulle praat.

PK ·

Laat die wit bevolking nou net so iets probeer doen dan word hulle in die tronk gegooi vir hoogverraad. Jammer, maar die wat nog hoop het vir hierdie Azania moet hul koppe laat lees.

Ivan ·

Volgens die datum gaan hulle alles in 1 dag leer en doen wat ons in n jaar in die weermag gedoen het. Skitterend. Wat kan ek meer sê.

Phillie ·

Onthou net die advertensie sê nie vlag hysing nie maar vlagpaal lig en laat sak “flagpole lifting” dit is “heavy lifting” glo my

Chris du preez ·

En so hou anc leiers en jeugliga leiers om te lieg oor hulle doen en late

Susan vl ·

Ai ai….Orania. . Tot ek was geleer om te skiet OP Rusteburg. Niks te doen omrede ek wit is nie, maar om my self te beskerm en ook my huisgesin. Asook VIR kompetisie. Die verskil is… ek kani n vuurwapen in my hande hê sonder n wettige lisensie wat soooooo lank neem om uiteindelik goedgekeur word. Net nog n bewys dat nog n wet in sy glorie is deur jeugliga van Anc. Natuurlik is ANC BEWUS HIERVAN .

Koos ·

Ek kan net nie verstaan hoekom hulle altyd die rassekaart trek nie. Gebruik dit seker net as hulle nie verder kan dink wat om tesê nie. Die kakerlak op die stokkie is seker maar net testadig om so vinig tedink.

Santie ·

Dit is bekommerniswaardig. Ek ruik ‘n vieslike rot hier!!! As dit dissipliene kon leer, sou dit goed wees, maar ek twyfel of dit daar sal bly. Hier word ‘n burgeroorlog beplan dink ek?

Piet ·

“………..hulself te beskerm” met wapens wat hulle waar gaan kry?

7 up ·

Hierdie is ‘n belaglike maar gevaarlike kamp wat deur ‘n “General” aangebied word. Hy wil duidelik ‘n private army begin. Hierdie storie kan later die begin van ‘n staatsgreep word….

Kallie ·

Wag net totdat Generaal Motors, Generaal Electric en Generaal Tyres betrokke raak, dan gaan die poppe dans.

Topster ·

Almal weet waarmee hulle besig is
Hulle wil dit net nie in die openbaar bekend maak nie want dan het almal daai reg om die selfde te doen

Morné ·

Whahahaha die anc ondersteun dit nie!!! Ja julle doen! Julle is uitgevang en nou skielik is julle onskuldig, gooi ander onder die bus in. Dit is mos maar hoe julle te werk gaan. Sal nie verbaas wees as julle dit nog befonds nie.

Gert ·

Hulle is maar lekker bang vir die paar Afrikaners in Orania.

Werker ·

Lyk of die selfvoorsienende groepie mense in Orania die jeugliga baie ontstel. Kan hulle as die jeugliga nie ook sulke dorpies stig waar mense hard werk en niks van niemand vra nie? Waarom alewig kla, maar self te hopeloos is om jouself selfvoorsienend te maak!

Hans ·

Die anc-jeugleiers moet onverwyld arresteer word en op ‘n aanklag van hoogverraad vervolg word.

George in Bloem ·

Dalk is dit hoekom Ace hulle vroeer die week “ontbind” het? Dis ‘n “entertaining” klomp narre die spul. Vet weet.Rerig.

Jr ·

Wat van die BLF black centric dag die naweek soos geadverteer op facebook.

Boerseun ·

Haha love it. Flag pole raising is genoeg vir my om te wil gaan. Nogal iets wees om n flag paal te heis.

ap ·

duidelik het hulle niks beter om te doen nie , plaas dat hulle die skelms in anc uitsorteer , o ja daar is ook van hulle , amper vergeet ek

marous ·

Hoop hulle leer almal hoe om ‘n Claymore uit die heup af te skiet …

Lana ·

Die OORLOG is al ‘n paar jaar lank aan die gang. Party mense weet dit nog nie en ander wil dit nie weet nie.

J ·

Gaan seker leer kettie skiet, rwyfel of baie van hulle nie dalk hulleself gaan beseer met ketties nie, ander gedeelte is seker om te leer messteek, dink iemand hierbo is reg, een van die lede gaan n hele paar 500 rande insamel en lekker party hou, hoop net nie van huidige instrukteurs v weermag wil hulle kom leer nie, na verlede jaar se militere sirkus in die kaap is ek nie bekommerd dat hulle te veel sal leer op die kamp nie, klink meer soos n opdaag en eet en drinksessie

PK ·

J. Ek weet nie hoe kan jy so sê nie. Kyk hoe dodelik skiet hulle boere dood en ook in ander misdade. Jy kan lankal nie meer sê dat hulle onbevoeg is met ‘n vuurwapen nie

anntjie ·

dit word lankal in die geheim gedoen, nou het dit net uitgelek.
So sal alle waarheid ontbloot word, al ontken die anc regime dit ook hoe

niccy ·

Ek was seker 12 toe ek begin skiet het. Maar weet vandag hoe om wapens te hanteer. Wonder hoeveel gaan gewond wees na die tyd!

hercu ·

al wat die “mense” kan doen is om die blaam te verskuif:

“blame-shifting is when a person does something wrong or inappropriate, and then dumps the blame on someone else to avoid taking responsibility for their own behavior

blame-shifting abusers have difficulty taking responsibility for problems – they go as far as necessary, (lying about the truth), to attribute blame for their circumstances to anyone else – they typically express both negative and positive feelings”

Oom Kalahari ·

Daar was en is nog nooit sulke tipes van opleiding gedoen in Orania nie. Party wil vreedsaam wees en ander geweld aanwakker. Hierdie vuurwapens en Ammunisie kom sekerlik van sekere staats instansies.

Mieliestronk ·

Ek hoop nie die storie val op dooie ore nie daar sal baie ernstig gekyk word na die storie Bolhuis wat se hoe raak die wapens weg by die polisie Die opleiding word gedoen om plaas aanvalle te loods

Danie ·

Ag nee wat, ek dink daar word te veel gemaak van die storie. Ek was ook as jongman geleer om te skiet op skool. Veldskool, Kadett kampe. Laat hulle die naweek gaan geniet

jakes ·

Die ANC jeugliga kan maar leer hoe om wapens te gebruik soos hulle wil maar uit ondervinding weet ons dat sodra hulle n gewapende vyand teekom, dan hardloop hulle eerder weg as om te veg. Dissipline het niks met wapens uit te waai nie.

MW ·

Gaan kyk eers wie het almal hul vingers in hierdie pie. Groot geraas vooraf maar wat is die agenda agter? Dalk nog geborg met belasting betalers se geld soos al die ander wurms wat nou uit die planke kruip

Gert J ·

Jong julle, hierdie is net weer n ding van iemand in die ANC wat die vyf honderd rande gaan skep vir hom self. Vinnige geldmaak manier, vinniger as met VBS BANK. Waar het jy gesien eenige instansie van die anc wat by geld kan verby loop sonder om te pocket.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.