ANC kanselleer skielik saamtrek in Baai

Ace Magashule (Foto: ANA)

Die ANC ontken dat ʼn partysaamtrek in Port Elizabeth ter elfder ure afgelas is weens binnegevegte in die party se Oos-Kaapse strukture.

Die saamtrek wat in die Gelvendale-stadion sou plaasgevind het, is Sondag gekanselleer. Dit was veronderstel om deel te wees van dié party se landwye veldtog Thuma Mina en sou gevolg het op soortgelyke programme in die ander agt provinsies.

Die byeenkoms moes tienuur Sondagoggend begin het met die ANC se sekretaris-generaal, Ace Magashule, en lid van die nasionale uitvoerende komitee Fikile Mbalula wat as hoofsprekers sou opgetree het.

Maar ʼn boodskap vroeg Sondagoggend van Obakeng Moate, wat aan Magashule se kantoor verbonde is, het gelui dat die reise van nasionale ANC-amptenare afgelas is en dat geen aktiwiteite meer sou plaasvind nie.

Teen 11:00, ʼn uur nadat die saamtrek oorspronklik sou begin het, is klanktoerusting nog opgestel terwyl nie meer nie as 50 ANC-ondersteuners opgedaag het, onbewus daarvan dat die saamtrek nie meer sou plaasvind nie.

ʼn Paar verslaggewers het gehoor lede van die onlangs ontbinde streeks- uitvoerende komitee van die ANC was besig om van huis tot huis besoek af te lê in ʼn armoedige deel van wyk 10 in Malabar, Port Elizabeth.

Andile Lungisa, Mlibo Qoboshiyane, Phumzile Tshuni en Mbulelo Gidane was van die plaaslike ANC-swaargewigte wat die bosryke gebied besoek het om eerstehands van die inwoners, van wie party al langer as ʼn dekade in dieselfde plakkershut woon, se lot te hoor.

Lungisa het gerugte ontken dat Magashule verbied is om op die saamtrek te praat weens binnegevegte en onbestendigheid in die streek. Hy het bloot gesê die saamtrek is “in dié stadium” gekanselleer.

Emeleda August (58), ʼn inwoner van wyk 10, het gesê sedert die tyd van oudpres. Nelson Mandela het die ANC haar ʼn huis beloof. Sy het bygevoeg sy is moeg daarvan om ANC te stem en leë beloftes gevoer te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Gert de Jager ·

Inwoners/stemvee sal maar by die Stembus hul misnoee moet toon want beloftes maak skuld. As wyle pres. Mandela-hulle al beloftes aan die betrokke gemeenskap gemaak het, raak die skandes net al groter. Altyd Net Caders (anc) wat voordeel trek!

Sarkasties ·

Ag hulle gaan nie; hulle gaan net weer stem vir nog ‘n termyn van armmoede…

Johanna Botha ·

En omdat die mense daar moeg is vir die anc se beloftes wat uitloop op niks !

Phil ·

So Emeleda wag vandat sy 34 is vir n huis van die regering af. Lyk vir my al wat sy nog gedoen het om n huis te kry is om te wag……..
Jy gaan nog lank wag as jy nie self begin inspring en iets SELF doen om jou lewens standaard te lig nie……

Andrea van Vuren ·

Phil dis ‘n uitstekende antwoord. Ruduard Kipling het in een van sy gedigte geskryf:” Everythingh comes to those wait my son”. Het nie geweet die wagtendes volg die gedig se wyshede so slaafs na nie…

Landi ·

Emeleda kon nog gratis gaan swat het ook! Hoeveel grade kon sy nie al gehad het, as haar alie nie so besig was om te WAG nie?

Hanna Hoekom ·

Nou ja toe, Emeleda: stem volgende keer REG! Of gaan jy en jou mense maar net weereens vir die goedkoop kospakkie en t-hemp val?

Ooo liewe genade ·

Dat mens se intelligensie en naïwiteit nou soooo…kan misbruik word,liewe anc kiesers en julle sal ook nié leer uit julle foute uit nie en nóg ñ verdere 30 jaar wag op huise en free education,met ñ free kentucky pakkie en madiba t’shirt aan…

Neels ·

Ai hulle is moeg gewag vir die ANC se brloftes na 25 jaar . Julle gaan nog laaaaank wag as julle aanhou om van die lee beloftes met n kospakkie met tandepasta en n rol toilet papier daarin te ontvang . Gaan wys julle misnoe by die stembus waar dit saak maak . Ek voel jammer vir julle maar die keuse is net julle sin niemand anders kan julle help nie. Vertrou nie op gladdebek politici nie

Cherokee ·

Emeleda August, in 1994 is julle huise en wasmasjiene belowe. (aan die konserwatiste wat my lees,) stroes bop, die anc het gesê almal wat ei-&-cee stem sal wasmasjiene, huise en mercedeses ontvang. Die Emeledsas sal dit erken of ontken, maar eerlikheid behoort ook ‘n rol te speel.

Oom vergeet n paar goed ·

Almal wat daaibparty watvoom genoem het sou stem sou ook yskaste en stowe gekry het. Dit sou volgens my destydse nanny deur vliegtuie afgelaai word sommer met valskerms. Ek was so 8… Ekt gesê sy moet nie vur dàài party stem nie. Want hulle lieg vir die dommes

Anoniem ·

Hoop net nie die klomp wat moeg is vir die ANC se leë beloftes, stem nou vir die EFF se enorme (leë) beloftes nie. As mens hulle maar net op voetsoolvlak kon opvoed om vir hulself te DINK…

Henbro ·

Dit gaan my verstand te bowe. n Mens wag our die twintig jaar vir n huis. Ek moes hard werk, lang ure en vir R109-00 per maand. Daaruit moes ek eet, verblyf kry en klere koop. Maar ek het aan gehou en nie op ge gee nie. Saam met my het mense van ander velkleur gewerk en ons het almal verdien volgens ons vermoe om my te dra to ons maatskappy se groei. Ons het almal huise gekoop dear lenings aan te gaan by ‘n finansiele instelling en baie jare later is ons nog vriende, kuier gereeld saam by mekaar en verstom onself oor mense se verwagtinhe van ‘n regering wat lee beloftes maak en nooit die beloftes sal kan volstaan nie, want sso ek gese het , leeg en net ‘n foefie om stemme te lok. Shrik, al is dit net wakker (Verskoon maar die grammatika, ek is Engels en probeer my beste in Afrikaans.)

Deon ·

As enige mens ,ongeag kleur,enige politikus glo dan moet hy maar vir hom kry.Die goed is almal in eie reg moordenaars

alida ·

Eienaardig dat die wat so “wag” vir 20 jaar het nie na die eerste jaar al begin om iets self te doen om hulle omsandighede te verbeter nie. Wag vir iets wat nooit gaan realiseer nie. Kry vir julle.

alida ·

Hoeveel geld is vermors vir reis en verblyf as die vergadering dan sommer net so gekanselleer is. Daaraan dink hulle mos nie. Want daar was seker weer honderde wat die “beraad” sou bywoon nou bly hulle sommer ‘n dag of wat langer want dit is mos lekker by die see. Vermorsing van geld is hulle stokperdjie.

SjN ·

Met die hitte het sy Ace seker gesmelt, dit is hoekom dit so gaan met alles waar hulle betrokke is.

humor ·

Ek stem weer nie saam nie . Die nuwe gier om die MET weg te laat as gese word ek stem saam jou klink vir my soos n 3—-4 jarige kind wat leer om te praat.

Alida ·

Hulle gaan almal weer ANC stem en dan nog 30 jaar wag want hulle glo nuwe pres nuwe lewe vir almal. Wat n ontnugtering wag nie op hulle nie. Die EFF gaan seker net dadelik begin om grond uit te sit vir huise vir die skyn en om stemme te werf. Ai ai nog n surprise wag op hulle. Nog 30 jaar van wag.

Landi ·

Liewe ANC, luister gou vir die antie… So absurt soos dit vir julle mag klink, as jy n gesonde organisasie van die ANC wil maak, sit n wit man in bestuur. Wonderwerke mag gebeur. Besluit net eers of julle werklik n gesonde ANC wil he. Gaan kyk na 30 jaar gelede se beeldmateriaal, dan gaan kyk jy na die huidigge omstandighede van ons land se logistieke…. daar lê jou bewyse en waarheid. Sou jul trots of skaamte in die pad staan om dit te doen, stel dan n wit man aan vir elke swart man in parlement, wat stillerjies agter die skerms as raadgewer, onderrig en wysheid dien in die spesifieke portefielje.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.