ANC kry dalk grootste loesing nóg

Ondersteuners van die ANC buite ‘n stempunt in Hangberg, in die Houtbaai-omgewing in die Wes-Kaap. (Foto: Rodger Bosch/AFP)

Suid-Afrika se regerende ANC kan moontlik die grooste nederlaag nóg sedert die einde van apartheid ly, met sy steun wat na verwagting tot onder 50% in die plaaslike verkiesing sal daal.

Teen Woensdag kort voor 10:00 het die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) reeds 68% van die stemme getel. Steun vir die ANC het op 46,3% gestaan, die DA was op sowat 22% en die EFF op 10,3%.

Kiesers moes hul kruisies trek oor sogenaamde brood-en-botter-kwessies soos kragvoorsiening, water, behuising en sanitasie.

Tot 2016 het die ANC meer as 60% van alle stemme tydens elke verkiesing sedert die eerste demokratiese verkiesing in 1994 op hom verenig. Steun vir die party het egter teruggesak van 62% in die 2011-plaaslike verkiesing en toe tot 54% in die 2016-verkiesing.

Swak dienslewering teister Suid-Afrika al jare lank, terwyl senior ANC-lede, waaronder oudpres. Jacob Zuma, van korrupsie aangekla word. Werkloosheidsvlakke het intussen tot 34,4% gestyg.

Frustrasie met die ANC-regering het in Julie oorgekook toe grootskaalse oproer en plundering uitgebreek het nadat Zuma sy tronkstraf van 15 maande begin uitdien het. Die oudpresident is tronk toe gestuur vir minagting van die hof nadat hy geweier het om voor die Zondo-kommissie na staatskaping te verskyn.

Die oproer het minstens 354 lewens geëis.

 ‘Nie ideaal’

‘n Kiesbeampte seël ‘n stemboks by ‘n stempunt in Fordsburg, Johannesburg. (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

“Die nasionale prentjie is dat die ANC van sy 2016-vertoning van 54,1% tot 46,8% daal,” sê Xolisa Ngwadla, ʼn statistiekontleder van die WNNR.

Die ANC het sy lot aanvaar en die skuld vir die swak vertoning op die Covid-19-pandemie, apatie en beurtkrag wat Eskom ingestel het, gepak.

“Ek dink nie ons kon beter vaar nie,” het Jessie Duarte, adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, gesê.

“Dit is natuurlik nie ideaal om onder 50% te wees nie en ons hoop dat ons nader aan 50% sal beweeg. Ons sal vrede maak met wat ook al die uitslag is, dit is hoe demokrasie werk.

“Ons glo sommige van ons eie keisers het weggebly van die stembusse, maar ons sien dit nie as ʼn groot tragedie nie. Ons sien dit as ʼn geleentheid om te verbeter.

Ontleders is nie verras deur die ANC se vertoning nie. Voormalige bevrydingsbewegings soos die ANC – wat die stryd teen apartheid gelei het – het ʼn beperkte raklewe. Die ANC is reeds 27 jaar lank aan bewind in Suid-Afrika.

“Gewoonlik, ná sowat drie dekades, verloor voormalige bevrydingsbewegings hul momentum. Ons is naastenby daar met die ANC,” sê William Gumede van die dinkskrum Democracy Works.

‘Ineenstorting onder 50%’

Die uitslag van net 67% van die totale getal stembriewe was teen Woensdag omstreeks 11:00 egter bevestig. (Foto: Reint Dykema)

Die DA, Suid-Afrika se grootste opposisieparty, se steun gaan na verwagting ook daal van die 29,9% van stemme wat die party in die 2016-verkiesing op hom verenig het.

DA-leier John Steenhuisen sê wat die DA van dié verkiesing wegneem, is die “ineenstorting van die ANC tot onder 50%”.

“Dit wys ons kan hulle tot minder as 50% laat daal; ʼn energieke opposisie kan hond haaraf maak. Ons moet dit gebruik as ʼn geleentheid om momentum op te bou op pad na die volgende verkiesing,” het hy van die OVK se nasionale uitslagsentrum in Pretoria gesê.

Die EFF neem vanjaar deel aan sy tweede munisipale verkiesing. Die rooi barette se steun staan tans op sowat 10,3%, ʼn toename van die 7,1%-steun wat hy in die vorige verkiesing gekry het.

Die ANC het in 2016 vir die eerste keer beheer oor die land se ekonomiese hart en grootste stad, Johannesburg, verloor. Dieselfde het in die hoofstad, Pretoria, asook in Gqeberha (voorheen Port Elizabeth) gebeur.

Voorspellings is dat die ANC in Pretoria sowat 34% van stemme sal trek, ʼn daling van die 38,1% wat hy in die vorige verkiesing verower het, sê Ngwadla.

Gumede sê die ANC gaan ʼn binnekort ʼn “landelike party” wees wat “vergelyk kan word met ZANU PF in Zimbabwe”.

Volgens die WNNR het kieseropkoms ook gedaal van 57% na 48% van die 26,2 miljoen geregistreerde kiesers. Die navorsingsinstelling se vooruitskattingsmodel het gewoonlik ʼn foutmarge van net 0,5%.

Die finale tellery ná die land se sesde munisipale verkiesing sedert die aanvang van demokrasie sal na verwagting Woensdag voltooi word, terwyl die amptelike uitslae Donderdag verwag word. Die uitslag van net 67% van die totale getal stembriewe is egter tot dusver bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Misky ·

Die skille het van sommiges se oë afgeval. Dan kry jy die hardnekkiges wat met een voet in die graf sal staan en steeds nie glo sy geliefde ANC se skuld dat hy daar beland het nie.

Ek hoop werklik hierdie is die keerpunt en dat dinge vir die beter sal uitdraai in wyke waar ANC uitgestem is. Die meerderes moet sien wie en wat die groen en geel werklik is.

Sarel ·

Moet nie te gou bly word nie.dit gee hulle kans om voor te berei vir due volgende Nasionale Verkiesing wat gaan insluit lm stemme te koop deur ” Badic income” toelaes
I.p.v. Werksskepping….Grondonteiening ens.
Oproer in KZN was nie a.g.v. dienslewering nir. Die feit
Dat niemand nog vervolg is nie laat die vraag ontstaan
Wie versntwoordelik was.

Harley Davidson ·

Die DA kon verwag om minder stemme te kry met van hulle raadslede soos die in pretoria moot wat nie hulle kant bring nie die stemme vir die ANC kan aan onkunde toegeskryf word my tuin ingenieur het ANC gestem want hy is bang sy vrou verloor haar Grant.

Pieter ·

“Jou tuin ingenieur…” Dis nogal snaak. Behoort hy aan jou? Mou jou moue op en werk self in die tuin.

Pieter ·

Ek het ook gehoor, hulle is gedreig dat hulle hulle grants gaan verloor as hulle nie anc stem nie

Pieter ·

So die land het al ses en twintig jaar covid julle anc kommuniste is slegter as sleg. Die probleem is vyf en negentig persent van julle het nie eers graad een nie.

Hansie slim ·

Hulle verdien nie ‘n beter uitslag uit die verkiesing nie!!

Anoniem ·

Korrek, veral nie wanneer ‘n groot persentasie van jou stemvee uit veewagters en toelae ontvangers bestaan nie.

Vonkprop ·

Ek glo nog steeds die EFF is ‘n sytak van die ANC en hulle twee werk lekker saam agter die skerms. Die EFF is maar net die meer radikale kant van die ANC (dink in terme van Lexus wat byvoorbeeld die luukse kant van Toyota is ens. Nie dat fabrikate met partye vergelyk kan word nie) So prakties, met die EFF sit die ANC gemaklik met 56% van die steun. Iewers in die toekoms gaan ons die nuus kry dat die EFF en ANC saamsmelt. Ek hoop van harte my mening is verkeerd. Hoekom dink julle tree die regering nie op teen die EFF as hulle so reëls breek nie?

Pierre ·

Stem glad nie saam nie, die EFF is so onafhanklik van die ANC soos die DA afhanklik is van die ANC hulle sit glad nie om dieselfde vuur nie en werk in meeste gevalle teen mekaar, ek sal we se daar le meriete in van die kleiner onafhanklikes wat gesteen word deer groter partye om die loop stem te skep en dan koalisie te vorm om sodoende die stemme indirek terug te kry.

Vonkprop ·

Net ‘n rookskerm om ons te laat glo hulle werk teen mekaar, maar soos ek sê ek hoop my siening is verkeerd.

Mariana ·

En natuurlik is dit als en almal se skuld behalwe hul eie. Foeitog arme drommels het hulsef bewys as onbetroubaar en nie in staat om ‘n land suksesvol te bestuur nie. Bestuur tot in die modder ja. Pfft!!!

Kerneels ·

Demokrasie in Afrika is soos judo – dit werk nie. In n normale , goed funksionerende demokrasie soun regering met sulke swak dienslewering en korrupsie sleg pak gekry het by die stembus. Maar in goeie ou SA stem amper die helfte van die stemgeregtigde bevolking nog steeds vir hulle…

Asgat ·

Wat my bekommer is die bokse wat nie getel word nie oor kampstige “gepeuterde” bokse wat Saterdag en Sondag gedoen is vir die mense wat nie self kon gaan stem nie.

Grassie ·

Dit verbaas my dat die EFF se steun gegroei het. Ek het na ‘n toespraak van Malema op TV geluister. Hy belowe hand en mond dinge wat nooit kan realiseer nie. Hy belowe huise vir al die swartmense, gratis onderwys op primêre, sekondere en tersiëre vlak vir hulle en gratis medies. Toe vaar hy uit teen toilette, volgens hom is alle toilette rassisties. Witmense het spoeltoilette in hul huise terwyl die peoples buite moet gaan tjorts. Hy beloof as die Eff aan bewind kom sal hulle ‘n spoeltoilet in elke swartmens in die land se huis sit. Net mense wat baie dom is sal hierdie twak glo, so volgens my mening is die EFF ‘n party vir die onnadenkendes.

Pieter ·

As die eff aan bewind kom sal hulle dood eenvoudig die huise met toilets oorneem. Mos baie makliker.

Jannie van Niekerk ·

Hierdie is nie ‘n “nederlaag” vir die ANC nie, dis ‘n neederlaag vir ware demokrasie dat hullel so verskriklik baie steun soos tot en met 46% gekry het. Iets sê vir my dat meer as 55% Suid Afrikaners misdaad, staatskaping en swak dienste goedgesind is indien mens kyk na die hoeveelheid stemme wat die ANC en EFF gekry het. Skrikwekkend.

JohanR ·

Hoe lekker kry ek nou! Volgende verkiesing sal dit seker weer wees “gee ons nog ‘n kaans!”

SomeOne ·

nog nie die een agter die rug nie en “om momentum op te bou op pad na die volgende verkiesing”, wat ‘n lagwekkende stukkie str….

Erika ·

N boom word aan sy vrugte geken..As die Boom Vrot is en nie gesonde vrugte dra nie haal jy dit uit….

Delilah ·

Die ANC blameer covid en eskom maar glad nie swak dienslewering en kurupsie nie
Dom bly maar dom.

Jaco ·

Voordat almal nou te bly word oor die ANC ‘n loesing kry, onthou tog net dat dié verkiesing net ‘n verkiesing vir plaaslike rade is. Selfs in Zimbabwe, waar die regerende ZANU die opposisie MDC met ‘n passie haat, is die MDC se oorname van Harare toegelaat. Maar toe die MDC ‘n nasionale parlementsverkiesing wen, het ZANU vinnig die weermag en polisie ingestuur om te keer dat die MDC die regering van Zimbabwe word. Mark my words: DIESELFDE gaan in SA gebeur.

Casper ·

Dit is wat regstellende aksie veroorsaak het.In plaas van mense aanstelling wat die werk kan doen stel hulle mossies aan wat onderstebo vlieg.Dienslewering kort tegniese breinkrag en nie papkrag nie en dienslewering is die enkele grootste rede hoekom mense ‘n heenkome elders soek.Oral waar die DA aanbewind is gaan dit relatief goed.

Jakes ·

Die blote feit dat die ANC steeds die meeste stemme gekry het is n bewys dat al hul kiesers onbevoeg is om te oordeel wat se swak party die ANC is. Afgesien van Eskom, staaskaping, plundery, diefstal en Covid is hul grootste mislukking die wyse waarop hulle SA oor die afgrond bestuur het en as die land na 27 jaar so lyk, hoe sal dit oor nog 5 jaar van nou af wees?

Swerwer ·

Ai, klink soos musiek in my ore. So word die burgers van ons landjie uiteindelik stadig maar seker wakker. Wonder of die ANC die nedelaag sal oorkom.

Pieter ·

Tipies ANC. Kan net eenvoudig geen verantwoordelikheid aanvaar nie…. Nou word die blaam vir hul swak vertoning by die stembus op Covid, en Eskom se loadshedding geplaas, in laas daarvan dat hulle hulself blameer, weens hul nimmereindigende korrupsie, en gebrek aan dienslewering….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.