’n Parlementslid van die ANC, Sibusiso Radebe, is in Roodepoort aan die Wes-Rand doodgeskiet.
Radebe was ’n LP uit Mpumalanga. Die radiostasie Pretoria FM berig die moord op Radebe is bevestig deur die ANC se adjunk-hoofsweep, Doris Dlakude.
Die presiese besonderhede oor die omstandighede van die moord is tans vaag. Dit is onduidelik of die motief vir die moord polities of krimineel was.
Meer besonderhede het intussen aan die lig gekom oor die moord op Radebe.
Pretoria FM berig die bevelvoerder van die Roodepoort-polisiestasie, brig. Sam Manala, het gesê dat Radebe saam met ʼn ander persoon in ʼn voertuig buite ʼn huis gesit het toe hy van buite die voertuig geskiet is.
Die motief vir die skietery is tans nog nie vasgestel nie. Dlakude het die hoop uitgespreek dat die polisie spoedig sal vasstel wie vir Radebe se moord verantwoordelik was.
Die motief vir die moord kan ook etnies wees.
was dit polities of krimineel ? Nee dit is moord SA se mees gesogte sport soort.
Hetsy polities of nie, dit bly krimineel.
Was dit ook net “gewone misdaad”?
Afrika Demokrasie in aksie
Staan jy voor jou huis en
Op die stadium wat die moord gepleeg word, het die slagoffers geen reg om te lewe, MAAR wanneer die moordenaars in die hof staan het hulle nie net die reg om te lewe, maar baie ander regte ook.
Kan iemand vir my die sin hierin verduidelik?
Presiès soos jy sê, Lana.
As daar soveel ANC politici vermoor word as Boere /landbouers sal die berge weergalm met die ANC se geweeklaag. Dit laat my dink aan ‘n plan.
Is dit ‘n verlies? Hoekom word daar nie so ophef gemaak van al die witmense wat vermoor en vermink word nie?
En CR gaan weereens reageer, wanneer gaan hy alle moorde insluitend moorde op alle blankes met dieselfde reaksie betreur?
Dit is n skande dat hierdie man hier onder Westgate Winkel Sentrum in die Lindhaven woongebied, tussen hope mense dood geskiet is !!! Al is dit pokities van aard kon hul dit op n ander plek gedoen het !!!
Verskoon spelfoute, my foon skryf soms sy eie woorde. Wou se…polities van aard. Lindhaven is n toegeboude woonbuurt, baie gevaarlik wat die moordenaars daar gedoen het !!!
Timeslive se die moordenaar en nog n persoon het glo weg gejaag in n Ford Fiesta, donker kleurig met onbekende registrasie. Motief steeds onbekend. Maar hulle het dan nie Radebe se voertuig gevat nie….laat n mens wonder…klink vir my polities.