Baba in meelsak op treinspoor gelos

Die baba is in ‘n mieliemeelsak op die treinspoor aangetref. (Foto: SA Polisie)

ʼn Babadogtertjie is gered nadat veiligheidswagte haar hoor huil het waar sy in ʼn mieliemeelsak op ʼn treinspoor naby Belfast in Mpumalanga gelos is.

Die wagte was verlede week besig om die spoorlyn in Dalmanuta, naby Belfast, te patrolleer toe hulle ʼn kind hoor huil het, sê brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder in Mpumalanga.

“By nadere ondersoek het hulle die dogtertjie in ʼn mieliemeelsak aangetref.”

Die polisie en paramedici is na die toneel ontbied en die kind is gestabiliseer en na ʼn hospitaal vir waarneming geneem. Dit is onbekend presies hoe oud sy is.

Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, provinsiale polisiehoof, het die voorval van kinderverwaarlosing ten sterkste veroordeel – veral op die vooraand van die veldtog van 16 dae van aktivisme vir geen geweld teen vroue en kinders nie.

Dié veldtog skop jaarliks op 25 November af en duur tot 10 Desember.

  • Die polisie het ʼn beroep gedoen op enigiemand met inligting oor die kind se ma om die polisie so gou moontlik te kontak. Alle inligting sal as vertroulik hanteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Euodia ·

6 dae Veldtog teen geweld…vroue en kinders. Dis ‘n klug! Daar moet elke dag ferm opgetree word teen hierdie geweld…!!!

Oom Charles ·

Die maatstaf van die menslikheid van ‘n land se samelewing en standaard van wetstoepassing, is die mate van sorg waarmee die welsyn van die mees weerloses benader words.

Cornel ·

Nie eers ‘n dier doen dit nie so wat maak dit daai “mens”??
Dis maklik om op jou rug te lê…….

Cherokee ·

en dit word kinderverwaarlosing genoem? Is julle ernstig? Woorde moet nie so misbruik word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.