Baba Jamie se moordsaak uitgestel

Mense het tydens die ma en ouma se vorige verskynings voor die hof betoog. Foto: @VioletEyeKZN op Twitter

Mense het tydens die ma en ouma se vorige verskynings voor die hof betoog. Foto: @VioletEyeKZN op Twitter

Die saak teen ʼn ma en dogter wat daarvan beskuldig word dat hulle die kleuter, Jamie Naidoo vermoor het, is in die Chatsworth-landdroshof in KwaZulu-Natal uitgestel, het die Saturday Star berig.

Landdros Busisiwe Lilly Mpungose het Vrydag die saak tot 19 Maart uitgestel vir verdere ondersoek. Die twee word daarvan beskuldig dat hulle Jamie in November in hul huis in Havenside doodgeslaan het.

Mpungose het verlede maand beveel dat Salatchee Venilla Basanich (55) en haar dogter Patricia Kershie Ishwarlal (31) vir ʼn sielkundige ondersoek gestuur moet word by die Fort Napier-hospitaal. Die hof het gehoor dat Ishwarlal in 2001 kopbeserings in ʼn motorongeluk opgedoen het en sy het verminderde beheer oor basiese funksies.

ʼn Verslag wat in 2004 aan die Padongelukkefonds voorgelê is, het bevind dat Ishwarlal kinderlik optree en haar spraakpatrone is ook soortgelyk aan ʼn jong kind sʼn.

Die ma en dogter moet op 19 Maart weer in die hof verskyn.

Lees alle vorige berigte oor Jamie Naidoo op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.