Twee mans het Dinsdag in die Blue Downs-landdroshof in die Wes-Kaap verskyn op aanklagte van ontvoering nadat ʼn babaseuntjie van Kuilsrivier sedert einde Maart vermis word.
Orderick Lucas (1) het op 24 Maart van sy ouerhuis in Kleinvlei in Kuilsrivier, Wes-Kaap, verdwyn waarna sy ma, Davideen Lucas, hom vier dae later by die plaaslike polisiestasie as vermis aangemeld het. Hy is byna tien dae later stééds soek.
Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee mans, onderskeidelik 33 en 40 jaar oud, is intussen saam met twee vroue, onderskeidelik 28 en 50 jaar oud, in hegtenis geneem in verband met die baba se verdwyning.
Volgens Van Wyk het die vroue reeds Maandag in dié hof verskyn op aanklagte van kinderverwaarlosing.
Van Wyk wou egter nie in dié stadium inligting verskaf oor hoe die verdagtes met die seuntjie se verdwyning verbind word nie.
Lucas het ten tyde van sy ontvoering ʼn wit hemp, rooi broek en grys baadjie aangehad.
Dessie Rechner van die organisasie Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste mense op te spoor, het Lucas se verdwyning aan Maroela Media bevestig.
Rechner het gesê die organisasie sal geen steen onaangeroer laat in die soektog na Lucas nie.
Enigiemand met inligting rakende die baba se verdwyning word versoek om die ondersoekbeampte, speursers. Beja, te nader by 082 522 1047/082 334 8416 of die Pink Ladies by 072 214 7439.
Joh! 4 dae later eers as vermis gaan aanmeld? Klink nie vir my reg nie!
1 jaar oud en sy mis hom eers VIER dae later !!!! Afgryslik.
Ja, ek wonder dit ook!?!?!
Mother saying she is not sure whom she gave the child to?? Hoe gee jy jou kind aan iemand wie jy nie ken nie???
Sjoe……..as my kind ‘n halfuur weg is maak ek al geraas! Hoop die outjie word ongedeerde gevind.
@Net Ek, presies wat ek ook gedink het.
Ek het ook dit gedink. Die ma moet ook aangekla word en ek voel eintlik die baba is sal beter af wees as hy nie in haar sorg is nie. Pleks laat sy iemand wat wil na die kind omsien. Hoop van harte die seuntjie word gevind en makeer niks.
Dis bitter hartseer hoe sommige weerlose kleingoed deur die lewe moet gaan sonder om altyd op hul ouers te kan staatmaak vir die beskerming en versorging wat ‘n kleinding so desperaat nodig het. Mag
Mag klein Orderick spoedig en ongedeerd gevind word.
Volgend IOL is Orderick se liggaampie in ‘n stormdrein gevind net om die draai van sy ouma se huis. Rest in peace little one.
Volgens IOL is Orderick se liggaampie in ‘n stormdrein gevind net om die draai van sy ouma se huis. Rest in peace little one.
Arme seuntjie lyk baie verwaarloos.
Die ma en ouma vd seuntjie is die twee “onbekende vrouens” wat inhegtenis geneem is.
Hy is gevind … dood in ‘n drein … so het ek gelees gisteraand op facebook
hy is gevind by sy huis , ouma se huis, in n drein