ʼn Babaseuntjie is Sondagoggend aangetref waar hy op die grond sit en speel langs die liggame van sy ouers langs die N11 tussen Marble Hall en Roedtan in Limpopo.
Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn omstander het op die grutoneel in Uyskraal afgekom en die polisie ontbied.
By hul aankoms op die toneel het die polisie die liggaam van ʼn 22-jarige vrou gevind wat op die grond gelê het. Daar was kneusplekke aan haar keel. Die liggaam van ʼn 37-jarige man het aan ʼn boom naby die vrou gehang.
“ʼn Babaseun van ongeveer vier maande oud, wat vermoedelik die kind van die oorledenes is, is gevind waar hy langs die liggame speel,” het Ngoepe gesê. “Die kind was in ʼn goeie toestand en is na ʼn plek van veiligheid geneem.”
Volgens Ngoepe is die motief vir die voorval nog nie bekend nie, maar huishoudelike geweld kan nie uitgesluit word nie. Die name van die oorledenes sal bekendgemaak word sodra hul naasbestaandes in kennis gestel is.
ʼn Saak van moord word ondersoek en ʼn geregtelike doodsondersoek word gedoen.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
33 Kommentare
Hygend hert hoe verskriklik!! Idk what to say even..
OMW Ek het nie woorde nie Ergste wreedheid maar sal ek sê gelukkig lewe baba en mag dit net n goeie lewe vir hom wees Hy is klein genoeg om dit nie te onthou nie
ai en weereens is dit n kind wat die nuwe toekoms alleen moet aandurf. is daar dan geen genade vir hulle nie. ek glo dat ons Heer self sal sorg vir die 4 mande oie babatjie want Hy het immers gese bring die kindertjied na Hom toe maar waar is ons in gevalle soos die?
Dit is traumaties en hartseer dat sulke misdade plaasvind en kindertjies Ouerloos gelaat word. Bid dat hierdie klientjie met liefde en vreugde opgebring sal word.
Dit is hartseer en wreed. Nog n kind wat aan die genafe van iemand anders oorgelaat word om te versorg. Ek kan dit net nie verstaan nie, wys net die vlak van opvoeding. Daar is egter iets in die berig wat nie reg klink nie, dit se n 4 mde oue kind moet dit nie lees 4jaar nie.