ʼn 35-jarige man is Saterdag in Lichtenburg in Noordwes in hegtenis geneem op aanklag van moord, brandstigting en opsetlike saakbeskadiging.
“Die verdagte en sy 32-jarige swanger meisie het baklei en sy het weggehardloop om hulp te gaan soek,” het sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê.
Die man het toe glo hul plakkershuis aan die brand gesteek met hul vyf maande oue baba binne-in. Die kind het verkool en die polisie het later bevestig dat die gesin se hond ook in die huis was.
“Die polisie is ontbied en hulle het die verdagte in hegtenis geneem,” het Moleko bygevoeg. “Hy sal na verwagting Maandag in die Lichtenburg-landdroshof verskyn.”
“… ‘n 35-jarige man…” Geen MAN doen so-iets nie.
Nou moet hy as vrou aangekla word? Daar was toevallig al vroue wat ook so beserk opgetree het.
As hy nie eers vir sy EIE KIND omgee nie, wat kan hy dan aan ‘n vreemdeling doen! WYS JOU WEER EENS!!!