Babasterftes in Pretoria-hospitaal neem skerp toe

Sterftes van pasgebore babas in die George Mukhari-hospitaal in Ga-Rankuwa, Pretoria, het die afgelope vyf jaar met amper 100 sterftes toegeneem.

In antwoord op ʼn vraag in die provinsiale wetgewer het Bandile Masuku, LUR vir gesondheid in Gauteng, gesê 302 pasgebore babas is in 2018 in dié hospitaal dood, teenoor die 232 sterftes in 2013. Sterftes het toegeneem, al het die getal babas wat in dié tydperk in die neonatale hoësorgeenheid opgeneem is met die helfte verminder. Meer as 2 200 babas is in 2013 hier opgeneem, teenoor die 1 604 in 2018. Dié is die enigste hospitaal, volgens Masuku, waar pasgebore babas uit Limpopo en Noordwes operasies kan ondergaan.

“Die skerp toename in die persentasie babasterftes in die neonatale hoërsorgeenheid is óók skokkend,” het Jack Bloom, DA-woordvoerder vir gesondheid in Gauteng, gesê. Dié syfer het amper verdubbel van 10% in 2013 tot 19% in 2018. Vervroegde geboorte was die hoofoorsaak van dié sterftes.

Volgens Masuku het die aantal vroeggebore babas aansienlik toegeneem, van 27% van die totale getal babas wat in 2013 opgeneem is, tot 44% van die totale getal babas wat in 2018 opgeneem is.

“Vroeggebore babas is meer geneig om komplikasies te ervaar. Hulle bly langer in die saal en die bestuur van hierdie babas is meer ingewikkeld,” sê Bloom. Hy is ook bekommerd dat amper drie keer soveel babas (140) verlede jaar aan klebsiella – ʼn soort bakteriële infeksie – dood is, as die 48 sterftes weens klebsiella in 2013. Dié infeksie kan volgens Bloom meermale toegeskryf word aan die gebrekkige voorkoming van infeksies.

Masuku sê hierdie sterftes weerspieël die toestande van die gesondheidstelsel en dat al die nodige maatreëls getref is om infeksies te voorkom. Maar Bloom is nie tevrede met dié verduideliking nie. “Die oorsaak van die skerp toename in babasterftes moes onmiddellik aandag geniet het, veral wat betref die voorkoms van klebsiella.”

Hy sê hospitaalpersoneel het hul kommer teenoor hom uitgespreek dat ontsmetting by die hospitaal beter bestuur moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

jakes ·

Hoe anders verwag as die standaard van mediese sorg in SA die afgelope 25 jar met rasse skrede agteruit gegaan het. SA is nou n derdewereld land waar jou lewe in enige staatshospitaal n risiko is.

Disselboom ·

Die uitdrukking “rasse skrede” het in ons Suid-Afrikaanse situasie ‘n ironiese betekenis bygekry waar dit saam met “agteruitgang ” gebruik word.

Adel ·

Ja nee sies, kyk net hoe lyk ons staatshospitale, dis vuiler as lykshuise!!! Dit is walglike toestande selfs in Hoësorg eenhede wat veronderstel is op pynlik skoon en netjies te wees!!

Hoe verklaar jy dat babas dood gaan van infeksies, maw daar is GEEN hygiene nie!!

3de Wêreld hierdie land van ons

KaterinaKat ·

Dan wil hulle nog die NGV instel. Wil natuurlik seker maak dat die privaat hospitale ook so lyk.

emily ·

Sommige, nee jammer Meeste van die wat in die hospitale werk is daar vir die geld en nie om diens te lewer nie.
Dis n feit, ek sien dit elke maand by die staatshospitaal waar ek gaan. Die hysers werk nooit, die toilette is septies verby, bloed op die vloere en vele meer.

Wie weet ·

Staats hospitale is soos die res van die land in sy pekie in

Gorra ·

Die stank lê op die vloere? ??? ? Die stank? Kry mens nog woordeboeke? Stank lê op die vloere?
Kyk hulle maak graag asof die pasiënte en besoekers nie bestaan nie. Maar wat verwag jy ook. Solank dit meerderheidsaanstellings is, hoef hulle net daar te wees om salarisse te ontvang. Die werk is bysaak.

o ·

Selfs in privaat hospitale werk alle verpleegpersoneel nie higienies nie. Dis skokkend!

Cauin ·

Hoe vergelyk dit met die puttoilet sterfte syfer ? Sou in elk geval nie gebeur het as Angelina en Brad hier was nie .

johanna ·

Is daardie regte dokters wat daar werk want niemand se grade word soos in die verlede nagegaan nie … jy kan enige graad by n “vending” masjien koop ..

belinda ·

baie voltooi ni hulle grade nie, maar neem nog steeds aan dat hulle dokters is.

Pieter ·

Welkom in afrika dit is hoe hulle werk gaan kyk maar in zim

humor ·

Dit help nie om in die parlement te se sekere omstandighede is skokkend nie, geen omstandigheid het die regering al die afgelope 25 jaar geskok nie.

Anoniem ·

Is dit die ou Ga-Rankuwa Hospitaal? Dit is skokkend! Ek het jare terug (in die ou bedeling) by MEDUNSA gewerk wat reg langs die Ga-Rankuwa Hospitaal is, daar was net ‘n hekkie tussen-in waar professors en dokters ook die hospitaal bedien het. En ek sou ENIGE TYD in daardie jare in Ga-Rankuwa hospitaal opgeneem wou word! Dit was altyd netjies en skoon, en die beste Professors en dokters het daar prakties aangebied vir die swart dokters wat by MEDUNSA studeer het. Hulle het ook operasies, ensovoorts daar gedoen. Jy kon van die vloer af eet!!

KO ·

Suid- Afrika is net soos res van Afrika n mishoop, net blankes wat die land nog laat probeer funsioneer.

Boertjie ·

Selfs in privaathospitale word higiëniese standaarde nie gehandhaaf nie. My vrou het in ‘n bekende privaathospitaal in Pretoria ook Klebsiella Pneumoniae opgetel, as gevolg van onhigiëniese toestande. En met die NGV gaan dit net vererger. Beste is maar om terug te keer na ou boererate en tuishospitale *tong ferm in die kies voor mense my uithaal*

Sê-maar-net ·

My kleinniggie het 4 keer geboorte geskenk in Welkon se ou staatshospitaal. In al 4 die gevalle het die babas net minder as ‘n kilogram geweeg. Die babas kon almal deurgehaal gewees het as daar net iets soos broeikaste beskikbaar was. Maar die reël geld dat as jou baba onder 1 kg weeg, gaan dit vullisdrom toe. Die mamma is in 2010 aan baarmoederkanker oorlede. Ook vanweë die foutiewe behandeling deur die sg, “onkoloë”.

Onkoloog ·

Sjoe. As twakpraat kolletjies was….
jy het baie duidelik nie die vaagste benul van neonatologie of onkologie nie. Sjarrap liewer.

m ·

Dit is ‘n vreeslike stand van sake, en ‘n mens voel uitgelewer aan die noodlot.

As so baie babas sterf aan infeksies is dit mos duidelik die hospital se skuld, ek hoop iemand het dit moet om hulle te “sue”!! As hulle nie wil hoor nie moet hulle maar net voel!!

Dit is net pure nalatigheid, van die nurse tot by die miinsiter van Health!!

Willie ·

Ek ou Cyril soek meer swart bestuurders… julle kannie enige iets bestuur nie, net in die afgrond in ja…

Dassie ·

Ons almal het nou al 500 keer gehoor hulle kan niks laat werk nie en hulle wil NGV instel en en en…. Julle is soos ‘n plaat wat vashak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.