Baie van Ramaphosa verwag in repliek op staatsrede-debat

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Jairus Mmutle/GCIS

Veel minder retoriek en baie meer inhoud sal van pres. Cyril Ramaphosa verwag word wanneer hy vanmiddag tydens ʼn gesamentlike sitting van die parlement sy repliek lewer op die debat oor sy staatsrede.

Ramaphosa sal moet wys hy is ʼn realis en nie net ʼn dromer nie nadat hy behoorlik deurgeloop het onder opposisiesprekers in gister se debat.

Vanmiddag se antwoord deur Ramaphosa is aan geen spesifieke spertyd onderworpe nie en kan enigiets van 45 minute tot anderhalf uur in beslag neem.

Die grootste vrae hang oor hoe hy die ekonomie wil stimuleer, werkloosheid wil bekamp, gaan optree teen misdaad – veral die VF Plus en die DA het hom gelooi oor plaasmoorde – en oor die toekomstige lewensvatbaarheid van staatsbeheerde maatskappye.

Dit volg op baie aandag aan die SAL, die SAUK, Eskom en die wapenvervaardiger Denel se geldelike situasies, met Denel wat amper nie daarin geslaag het om vandeesmaand se salarisse te betaal nie.

Ramaphosa was ook onder druk van die EFF om meer aankondigings oor onteiening sonder vergoeding te doen, ʼn oproep wat hy kan aangryp of ignoreer (met voordele en nadele alkant toe) in sy repliek vanmiddag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Miskien is pres CR tog ‘n “Realistiese Dromer” nou dat hy tyd gehad het om na te dink oor sy SONA-rede. Hopelik steur hy hom ook aan ander partye se kommentaar op die staatsrede wat seker nou ook erens in die wolke/cloud parkeer is!

Lana ·

Dis nie nou die tyd vir droom nie. Die harde werklikheid van staatskaping moet eers aangespreek word en probeer red wat te redde is. Daarna kan ons dalk droom.

Rooikop ·

Stem saam met Waarheid…………… hopeloos te lig in die broek vir hierdie job. Net n pion
van al die ander en die wat in Luthuli huis die septer swaai…..

Genade tog, behoede ons …………….

marous ·

“Stil daar gaan ‘n man verby” sal oor niemand se lippe kom nie . Dis die waarheid .

Gert van Wierdapark ·

Pres CR hou seker baie van die liedjie “Droom-Vanger”

Erika ·

Daar sal meer werk verskaf kan word as daar minder demands van vakbonde is in SA.
Mens is te bang om iemand aan te stel, want jy weet nie wat die vakbonde nouweer gaan vereis nie…Werk kan alleenlik geskep word as jy die persoon kan betaal sonder inmenging van die regering…Dit bly jou keuse glo ek as jy vir X bedrag wil werk!!

Dries du Toit ·

Hy sal die vrae beantwoord kortliks en agteraf lag daaroor

Andreas ·

Hy het dan nou al reeds die dwarslat gestel, toe oortref hy homself met sy droom, sal hy dan nog hoër kan spring?

George in Bloem. ·

Dit moet lekker wees om die president te wees van ‘n land waar die meerderheid van kiesers enige snert glo wat jy en jou party aan hulle afsmeer en hulle bly stem vir jou en jou makkers,maak nie saak watter nonsens julle aanvang nie?

ne ·

Wag in spanning vir nuus oor sy antwoorde. Gelukkig hoor ons nie meer he-he-he nie. Maar cr sal maar sy droom opsy moet skuif as ek die betogings oor dienslewering so bekyk. Almal soek huise/krag/water en niemand wil vir die geriefie betaal nie want anc gee en gee en gee… Hoelank voor die mense besef jy bou op en breek nie af nie??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.