Bankier en kie vas vir bedrog

Argieffoto

Drie verdagtes, waaronder ’n werknemer van ’n bank in Kuruman in die Noord-Kaap, sal na verwagting Donderdag in die hof verskyn op aanklagte van bedrog, diefstal en geldwassery.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, sê in ’n verklaring die bankier, ’n direkteur van openbare werke in Mahikeng in Noordwes en ’n medepligtige is vandeesweek onderskeidelik in Noordwes en Limpopo in hegtenis geneem.

Dít volg nadat die bankier na bewering op 19 Junie 2016 ’n kliënt uit sowat R649 000 bedrieg het, waarna hy die geld onder hom en die twee ander verdagtes verdeel het.

Volgens Mogale het die hoofverdagte glo bedrieglike bankrekeninge oopgemaak en die geld onder hom en sy medebeskuldigdes verdeel.

Al drie verdagtes sal na verwagting in die Kuruman-landdroshof verskyn. Hulle bly tot dan in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Swannie ·

Ek reken eerder die geld is tussen hom en sy medepligtiges verdeel en nie onder hom nie.

My se pa sê ok so….LOL

Kobus ·

“:Direkteur van Openbare Werke” volgende stap is Parlement toe

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.