Bedrieër doen hom voor as regter van hoogste hof

Regter Mbuyiseli Madlanga (Foto: Twitter)

Suid-Afrikaners word gewaarsku teen ’n bedrieër wat hom deesdae as Mbuyiseli Madlanga, regter van die Konstitusionele Hof, voordoen om niksvermoedende mense én entiteite te bedrieg en te intimideer.

Die kantoor van die hoofregter sê dit het onder sy aandag gekom dat iemand Madlanga se naam gebruik om geld by niksvermoedende lede van die publiek te verkry, asook mense in private hoedanigheid, staatsamptenare, openbare ampsdraers en entiteite, waaronder staatsinstansies, intimideer om onder meer toegang tot persoonlike inligting van sekere persone te verkry.

“Hy doen dit alles terwyl hy voorgee om regter Madlanga te wees.”

Die kantoor van die hoofregter het reeds die saak onder die polisie se aandag gebring en wys nou daarop dat dit ’n strafregtelike oortreding is om ’n regterlike beampte na te doen.

“Lede van die publiek en media word versoek om die kantoor van die hoofregter te kontak om die egtheid te verifieer van enige kommunikasie, opdrag, artikel of sosialemediaplasing wat kwansuis van die regter af kom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.