Bejaardes op plaas gemartel, man sterf

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Mariska Nanni / Maroela Media)

ʼn 84-jarige man is dood nadat hy en sy vrou (80) verlede Sondag in die vroeë oggendure op ʼn plaas in KwaZulu-Natal aangeval, vasgebind en gemartel is. Die plaas is in die Seven Oaks-omgewing naby Greytown.

Ses verdagtes is sedertdien in verband met die voorval in hegtenis geneem, en nog twee is tydens ʼn oor-en-weer-skietery dood.

Die aard van die egpaar se beserings en presiese oorsaak van die man se dood is nie in dié stadium bekend nie.

Shaheen Suleiman, direkteur van Magma Security & Investigations wat gehelp het om die voorval te ondersoek, sê hulle het Maandag inligting oor ʼn beplande plaasaanval in die Bulwer-omgewing ontvang en dat dieselfde verdagtes in die Seven Oaks-voorval glo ook hierby betrokke is.

“ʼn Operasionele taakspan is saamgestel wat uit Magma Security and Investigations, asook Pietermaritzburg se PMB-K9-eenheid en PMB-taakspan vir trio-misdaad bestaan het.

“Die betrokke verdagtes is Dinsdag omstreeks 01:00 opgemerk waar hulle in twee voertuie in die Boston-omgewing op pad na Impendle gery het. Ná ʼn kort jaagtog het ʼn oor-en-weer-skietery uitgebreek nadat die verdagtes op die operasionele span losgebrand het. Twee verdagtes is noodlottig beseer en ses ander is in hegtenis geneem.”

Volgens Suleiman is twee televisiestelle, ʼn skootrekenaar, ketel, sak, selfone en juwele in die verdagtes se besit gevind, asook ʼn vuurwapen, messe, ʼn breekyster, handskoene en klapmusse.

“Alle bewysstukke is aan die polisie in Impendle oorhandig.”

Konst. Thenjiswa Ngcobo, polisiewoordvoerder, het Woensdag by navraag gesê ʼn verklaring sal binnekort uitgereik word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Tredoux ·

Wreed en hartseer. Vrees gepaardgaande met vlees en bloed. Die mens is gewikkel in n stryd om ander mense en diere, wat smag na hierdie drie dinge, te vermy en af te weer. En indien suksesvol, dan maak tyd jou in elk geval dood. Die wrede waarheid van hierdie “lewe”.

My siening ·

“Martel” is dit nie polities? Kyknet sal dit nie uitsaai nie! Cele is te besig om niks te doen, maar waar dit nie wit is wat te nagekom word, sien Kyknet en alle kaders op die wa!

Piet 6 ·

Daar sal amper nooit ń berig op E-Nuus wees oor ń moord of tragedie in ń Afrikaans sprekende gemeenskap nie, maar amper daagliks ń berig in ń swart taal oor enige ander gebeurtenis in ń ander gemeenskap. Enige tragedie is te veel, maar kykNET is ń Afrikaanse kanaal en behoort te konsentreer op Afrikaans.

Papsak ·

MAAR NOU MOET ONS NIKS SE NIE IS MAAR REG SO MAAR O WEE VAL HULLE AAN EN IN SEKONDES IS JY TOE GESLUIT HOE SO ONREGVERDIG KOM SE MY IS VER BITTERD REGTIG

Tredoux ·

Ontspan. Om bitter te wees en aan slagoffersindroom te ly gaan niks verbeter nie. Mens sal móét begin harder word of mens gaan nie oorleef nie.

Hedda ·

So in Malema se kraal. Dis mos wat hy predik.
Bitter jammer vir die arme mense se trauma en verlies.

Truth2bfree ·

Well done, om hulle so gou vas te trek!!! Nou kan hulle biki vasgemaak en ordentik ge”klap” word voor hul in polisiewa gelaai word.

George ·

In SA word hul net op die rug “geklap” oor n job well done vir Cyril en Malema.

JM ·

Bejaardes ‘n maklike teiken. Skuim van die aarde!! Kom nie een tot een nie, maar AGT tot een. Klomp lafaards. Hulle dag kom!

duiweboer ·

Ek wil sulke artikels nie eens Lees nie. Skokkend. Hoekom kom hulle nie vir ons wat teen hulle kan staan nie. Maar teiken weerlose ou mense . My bloed kook. Ek wonder wat hulle Sal doen as ons boere net ophou boer en hulle nie kos het nie. Zimbabwe hier kom ons

Lillian ·

Dis jammer dat net 2 dood is, die ander 6 moes ook maar eerder gegroet en gegaan het …

ES ·

Vermoor vir so paar besittings… gelukkig is 2 van hulle permanent uit die samelewing gehaal. Net jammer dat die oumensies met hul lewens moes boet.

Nettie ·

Ag monsters teen 2 weerlose oumensies?! Ek het nie meer woorde nie. My hart huil net. Sterkte aan die familie en aan die tannie. Mag God u dra.
Dankie aan die polisiespan.

Fritz ·

Ai, hoeveel mense word onverhoeds in hul beddens verras! Ek het ‘n baie goedkoop oplossing om aanvallers uit die slaapkamer te hou. Ek noem dit die Eloff Veiligheidsketting. Kry ‘n 85 cm ketting, twee rawlbolts en ‘n sterk carabiner. Die een rawl bolt moet ‘n oog hê waardeur die carabiner gehak kan word. Sit ‘n rawl bolt aan weerskante van die slaapkamer deur. Aan die eenkant is die ketting permanent vas. As jy gaan slaap sluit die deur en hak jou ketting in. As iemand die deur probeer oopbreek het jy genoeg tyd om te reageer. Ek het ‘n vuurwapen by my en my vrou druk die paniek knoppie en bel om hulp.

LIEZL ·

sjoe, Cornrit. Eks bly jy kom weg met die woord Vrekgeskiet. Want Maroela sal nie myne publiseer nie :) Ek stem 100% saam

Danie ·

Wat is die doel om jou se te se?Niks gaan verander nie.Die storie het geen einde nie.

christo ·

Ek wonder of daar enige optrede sou gewees het as die sekuriteitsmaatskappy sy inligting met SAPD PMB K-9 gedeel het nie. Ons gereeld dat die inligting vir arrestasies deur sekuriteitsmaatskappye ingesamel is. Ek wonder hoe frustrerend dit moet wees vir ‘n ‘old school’ SAPD speurder om net nie die hulpbronne en ondersteuning van sy uniform kollegas het, om sake op te los nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.