Bela-wetsontwerp: ‘Afrikaanse skole se bestaansreg word bedreig’

(Argieffoto: ANA)

Die regering wil met die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys (Bela-wetsontwerp) beheer oor funksionerende skole neem en sy kenmerkende stempel van wanorde op hulle afdruk.

Volgens Solidariteit is hy gereed om die regering die stryd aan te sê oor die “nasionalisering” van skole.

Solidariteit sal hom by ʼn openbare konsultasiesessie oor die Bela-wetsontwerp, wat op Vrydag 5 Mei gehou word, verder en in persoon teen die voorgenome wetswysigings uitspreek.

Openbare konsultasiesessies oor die Bela-wetsontwerp word tans in Gauteng gehou en Solidariteit is van voorneme om die geleentheid te gebruik om sy stem, en dié van sy lede, te laat hoor.

Solidariteit is van mening dat dit die regering se bedoeling is om Afrikaanse skole uit te faseer en om op dié manier weg te doen met moedertaalonderrig.

“Die staat is veronderstel om skole te bou; nie om sy magte te sentraliseer en die rol van die ouer in ons skole in te neem nie. Deur hierdie voorgestelde wetgewing teiken die regering juis funksionele skole wat suksesvol deur beheerliggame bestuur word,” meen Johnell van Vollenhoven, beleidsontleder verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI).

“Afrikaanse skole se bestaansreg word bedreig, gehalte-onderrig word bedreig en ons regte as ouers om betrokke te wees by die bestuur van ons kinders se opvoeding, word bedreig. Ons kan dit nie toelaat nie. Die regering mag nie ons skole nasionaliseer nie. Ons sal daarom van elke geleentheid gebruik maak om teen die Bela-wetsontwerp te veg.”

Alana Bailey, AfriForum se hoof van kultuursake, het ook vroeër gesê Suid-Afrikaners behoort dié geleentheid om standpunt teen die wet in te neem met albei hande aan te gryp.

“Dit is noodsaaklik dat alle belanghebbendes hulle so sterk moontlik teen die konsepwet uitspreek om te voorkom dat dit in die huidige formaat aanvaar word.”

Die Bela-wetsontwerp het ten doel dat skole se taal- en toelatingsbeleid deur landswette gerig word en nie deur skole se beheerliggame nie. Die regering kry egter sedert die aankondiging van die wetsontwerp die wind van voor daaroor en verskeie rolspelers meen dat dit ʼn direkte aanval op Afrikaans, asook moedertaalonderrig, is.

Verskeie organisasies, waaronder AfriForum, glo dit sal beter wees om die konsep te skrap en van voor af oor die hersiening van die bestaande skolewetgewing te besin.

Bailey het daarop gewys dat die wysigingswetsontwerp artikels bevat wat ʼn groot bedreiging vir die toekoms van gehalte-onderrig én Afrikaanse moedertaalonderrig in die besonder inhou.

“Tans berus die finale besluit hieroor by skole se beheerliggame, maar die konsepwet bepaal dat die besluitnemingsmag by provinsiale onderwyshoofde moet lê. Dit beteken magsentralisasie in die hande van die staat, ten koste van gemeenskappe se reg om self oor hul kinders en skole se belange te besluit.

“Dit is nou tyd om weer nuut oor skolewetgewing te dink en met nuwe voorstelle vorendag te kom, eerder as om verder tyd en koste aan hierdie ideologies gelaaide, ongrondwetlike en verouderde konsepwet te wy.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Harley Davidson ·

Net soos met akademia sal ons moet bydra om Afrikaanse skole te bou op strategiese gebiede waar ‘n beter kurrikulum gevolg word en die onbevoegde regime geen sê of magte het nie.

Grassie ·

Dit werk ook nie altyd nie. Hier in ons geweste is ‘n mooi Afrikaanse privaat skool gebou en dit het baie goed afgeskop. Dit het mettertyd begin agteruitgaan weens wanbesgtuur, onderlinge twis en ons volk se onvermoë om saam te staan. Die skool is heeltemaal tot niet. Ons volkie se dwarskoppihgeid gaan nog ons ondergang veroorsaak.

Nici ·

Hoekom moet dit wat reeds werk verander? Al wat regtig nodig het om te verander is die regering se vermoens om te bou ipv te breek.

Jacobus ·

Jy noem die regering se vermoens om op te bou ipv breek in dieselfde sin. Nici ek het nuus vir jou nie in my of jou leeftyd nie, nie met n korrupte misdadige ANC bende aan bewind nie.

honeybee ·

Hulle is te sleg om hulle eie skole te bou, mos makliker om bestaande skole te vat. Meer geld in hulle gat sak.

Nico ·

Die sogenaamde apartheids regering het hoeveel skole vir hulle gebou wat vernietig word.

Samuel ·

Wat is daar wat die onbevoegde ANC regering nog nie afgebreek het nie? Ons gaan nog swaar betaal vir die groot fout van 1994.

Jacobus ·

Jy is 100% reg. Daar le nog swaar tye voor in hierdie land. Soedan gaan soos n kinderpartydjie lyk as die SASSA geld hier opdroog.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dankie tog, Solidariteit besef ook nou dat die regime se plan is om Afrikaans uit te faseer. Teen 2030 sal Afrikaans net in die Wes Kaap en Noord Kaap se skole nog ‘n plek hê.

MJLS ·

Wat van al die ander dorpe en stede waar nog baie Afrikaans sprekendes bly?

Republikein in die Wes Kaap ·

Twintig jaar gelede het stoukou Afrikaanse skole in die weste van Pretoria begin om Afrikaans uit te skop. Dieselfde het in Akasia gebeur. Die Afrikaanse leerlinge moes maar aanpas.

Jakkie ·

Kyk maar in jou eie agterplaas of daar Afrikaanse skole oor is in dieSuidelike voorstede van SKaapstad en loer gerus wat in Kraaifontein en Kuilsrivier gebeur. Daar is meer as 44 Afrikaanssprekendes anderkant DeDoorns se berge en die Oranje-en die Vaalrivier………

Republikein in die Wes Kaap ·

Ek woon gelukkig nie in die moederstad nie. Maar groot getal Afrikaners in die suide van Kaapstad? Jy praat seker nie van Somerset Wes nie.

Johanna ·

Hul dink om engels te praat is smart. Weet hul wat engelse aan die boere gedoen het jare terug? Hul kan nie eers ordentlike taal gebruik nie.

TruthDealer ·

Ek dink by hierdie tyd is dit duidelik dat die regering vere voel vir wat met boere en Afrikaners gebeur het in die verlede, tans, en in die toekoms. Ek het kommentaar geplaas met n moontlike oplossing, miskien word dit geplaas, kyk maar bietjie later of jy dit sien.

Lourens ·

Afrikaans praat is nie ‘n smart nie – dis ‘n plesier?

TruthDealer ·

Kan dit dalk n oplossing wees: As groepe welgestelde Afrikaanse sakemanne en proffesionele mense soos dokters en prokureurs, mense in die hoë inkomste groepe – saamspan en Afrikaanse privaat skole begin bou? MAAR nie die ultra duur tradisionele privaatskole nie, liewer skole met tariewe bekostigbaar vir die gemiddelde blankes? Net n idee.

Di ·

Die probleem is net dat die Rgering ook hier ‘n stokkie viir gaan steek want dan is dit weer “apartheid”

TruthDealer ·

Jip. Ek noem in my stelling blankes, want meesal Swart tale en Engels word deur die meerderheid gebruik. Die minderheid praat Afrikaans en dis gewoonlik blankes . So ek reken dis moontlik, met n klein Afrikaanse demografie is dit nie nodig vir hordes skole bou nie. Maar enige kind wat Afrikaans praat en verkies, behoort geakkomodeer te word in Afrikaanse skole. Hierdie regering is tog ook n Apartheid regering met hul BEE en uitfasering van blankes in die werkplek, hul dubbele standaarde.

Piet ·

Ek verstaan Afrikaans word die 2e meeste gepraat. Self George is gemaklik daarmee.

TruthDealer ·

Ek weet nie so mooi nie. Meeste vd bevolking het n swart moedertaal en hulle is die oorgrote meerderheid. Hulle verstaan gewoonlik ook Engels, maar nie Afrikaans soveel in die algemeen. Ek sou dink Afrikaans is derde. Kyk, dalk is ek verkeerd. Klink maar net vir my logies dat Engels deur die meerderheid as 2de taal gebruik word, dus behoort dit 2de plek te hê? Vanweë die demografie, die getalle.

Anel ·

Daar is alreeds die CVO skole. Dit moet net ondersteun word.

Republikein in die Wes Kaap ·

Bekostigbare aanlyn opsies is dalk beter. Kleiner plaaslike sentrums vir kinders met leer gestremdhede kan ook gevestig word. En dit geld ook vir wit Engelssprekende kinders. Die ou Engelse skole is nie meer wat dit was nie.

skurweberg ·

Hoe lank nog gaan ons die pogings van die regering om ons skole te teiken duld , Is dit nie nou tyd dat kerke en ware christene se profetiese stemme van onheil en hoop harder en duideliker vanaf openbare platforms gehoor moet word nie. Hierdie is ernstige sake en word met elke tandlose poging afgelag.

Piet ·

Kyk, skurweberg, die Afrikaanse kerke is dan nou juis so woke deesdae, wat sal jy hulle hulp wou in roep?

Erika ·

Die Issues oor Afrikaans Kom Lang pad af .. Die Anc Regime will Afrikaans se Bestaansreg saboteur

MJLS ·

Die regering moet wakker word. Hier is nog miljoene mense in SA wat Afrikaans moedertaal sprekend is.
Dankie dat Solidariteit nog opstaan daarvoor. Ek wonder hoekom is Afrforum so stil hieroor, asook die VF en Afrikaansprekendes in die DA – laat hulle hulself boelie deur die AN C en hul trawante?

Hendrik ·

As Namibieer is ek tans hier in SA en is baie bekommerd oor hierdie dreigende Bela wetgewing. Was al in gesprek met mense en bykans sonder uisondering was niemand eers daarvan bewus nie. Dit is dus baie dringend dat daar n tv program rakende hd saak geskep moet word sodat daar behoorlike inligting kan wees. Die privaatsektor moet beslis ontwaak en na vore kom!!!!!!!!! Hierdie saak plaas die Afrikaner se hele toekoms in die weegskaal.

Republikein in die Wes Kaap ·

Jy’s reg, Hendrik. Afrikaners slaap en besef steeds nie mooi wat is besig om te gebeur nie. Die Springbokke en Proteas se vertonings is mos belangriker. En daai nuwe bakkie en jaggeweer? Man, dis lekker in Afrika! En die regime weet hoe ons koppe gemesmerais kan word.

Piet ·

Dit is as gevolg van mense se onbetrokkenheid dat hulle nie weet nie. TV program is nie nodig nie.

Hendrik ·

‘n Feit is dat onderrig in engels is ‘n krisis vir nie-engels moedertaal leerders. Die leerders wat in hul moedertaal, soos afrikaans en engels , onderrig word handhaaf ‘n goeie standaard en hierdie skole word ook goed bedryf. Hoekom moet hierdie skole ingesleep word in die 22 000 nie funksionele skole se probleme net omdat die staat gekies het om hierdie leerders te onderrig in ‘n nie-moedertaal engels. Die 2000 funksionele skole se ouers en beheerligaame moet vasstaan om hierdie aanslag te weerstaan van die #ANC regime

Miskruier ·

Ons kerke het meer as genoeg sale en klaskamers om privaat skole te begin.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.