Beleidsonsekerheid lei glo tot Necsa-krisis

Beleidsonsekerheid oor Suid-Afrika se kernbouprogram het bygedra tot die huidige krisis by die Kernenergiekorporasie van Suid-Afrika (Necsa), het LP’s Dinsdag gehoor.

Die raad van Necsa en sy entiteite het die parlementêre portefeuljekomitee oor energie toegespreek oor die staatsbeheerde maatskappy ná die ouditeur-generaal verlede week LP’s gewaarsku het dat Necsa se toekoms onseker is, weens ʼn negatiewe oudit in 2017/18, net ʼn jaar ná ʼn skoon oudit.

Rob Adam, voorsitter van die raad, het aan LP’s gesê Necsa se toekoms bly onseker.

Gebrekkige korporatiewe bestuur, een van die redes wat energieminister Jeff Radebe aangevoer het om die Necsa-raad in Desember af te dank en met ʼn nuwe raad te vervang, is ook aangevoer as die rede vir die finansiële verknorsing, tesame met die verwagting van ʼn kernbouprogram – ʼn plan wat intussen opgeskort is.

“Daar word al byna 15 jaar lank gesels oor ʼn kernbouprogram. Necsa is versoek om kernkrag in dié periode te behou, en tog het die nuwe bouprogram nooit gerealiseer nie,” het Adam gesê.

Die lewensvatbaarheid van die Necsa-entiteite sal ook nie binnekort realiseer nie, nou dat die toekoms van die maatskappy bevraagteken word.

Adam het ook verwys na moontlike afleggings toe hy LP’s ingelig het dat ʼn toelaag van R530 miljoen wat Necsa van die tesourie ontvang, nie die R800 miljoen salarisrekening sal dek nie, tensy Necsa lewensvatbaar word – iets wat waarskynlik nie oornag sal gebeur nie.

Adam is in Desember verlede jaar aangestel ná Radebe die raad afgedank het. Drie van die raadslede daag die besluit in die hof. Radebe het in daardie stadium gesê dit hou verband met verset, onbekwaamheid en ʼn versuim om ernstige kwessies aan te roer wat betref die vervaardiging van radioaktiewe isotope vir mediese gebruik, spesifiek kankerbehandeling.

Bedrywighede by NTP Radioisotopes, ʼn filiaal van Necsa, het in November 2017 tot ʼn stilstand gekom toe die Nasionale Kernkragreguleerder (NNR) oortredings aangemeld het wat betref veiligheidsmaatreëls. Inkomste en winste het intussen hieronder gely. NTP het in November 2018 met beperkte bedrywighede begin en wag steeds vir goedkeuring van die NNR om die aanleg ten volle te bedryf.

Adam het gesê hy is vol vertroue dat hierdie betrokke filiaal binnekort die winste sal behaal wat hy in 2017 ontvang het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johanna Botha ·

Alles waraan die anc vat verandet in n krisis …hele SA is in krisis ….teenwigte werk nie ?

Swartwolf ·

Enige program waar kernkrag of kern fisika by betrokke is is heeltemal te kompleks vir ‘n afrika regering om te bestuur hulle sukkel met basiese infrastruktuur instandhouding en bedryf van bates soos paaie en waterpype. Kyk na Eskom dis ‘n goeie voorbeeld.

Sarel ·

Alles is mos n challenge, maw ons weet niks en het nie n oplossing nie. Gee ook nie om nie, ek gaan mos kantoor toe so ek het reeds my salaris verdien.

John ·

Necsa: nog ‘n armlastige filiaal aan ‘n speen van die ou vet vark. Not to worry, CR kan die woord Sesame mooi duidelik uitspreek en dan kom help al die slimmes uit Dubai en die ANC se goeie vriende om in die slaai te krap en hul sakke vol laai vir ‘n vinnige vlug huistoe deur die sky… en koebaai met miljarde in ons geldlaai… Ons kort ‘n groot paplepel as embleem… vir skep en lepel in die dak steek as die pap oorkook… (b)rand!… (b)rand!

Dries du Toit ·

Nog n staats entiteit in sy kanon in. So sal dit aan gaan

"Post-it" ·

Rob Adam…. Hier is ‘n slang in die gras… Jy ou maat was mos al die CEO van NECSA jy kon daai tyd nie al vir NECSA gered het nie, wat laat jou dink dat jy dit nou sal reg kry.. Net soos by ESKOM die probleem lê by die TOP bestuur..

Bietjie báie ·

Ek stem saam met jou Johanna.
ANC kan nie van iets n sukses maak nie. Al Suid Afrika se grootste bates het nou al in duie gestort. Verder brand hulle en die EFF net alles wat oor is af.
Daar het Trevor Manuel self gesê die MP’s kort almal finansiële opleiding.
Hulle moet eers leer om hulle eie huishoudelike budgets te laat balanseer voordat hulle n klein besigheid kan bedryf. Nou wil hulle n land regeer. Hopeloos!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.