Beloning aangebied ná moord op veiligheidswag

’n Foto van een van die verdagtes is versprei (Foto: Verskaf)

Die veiligheidsmaatskappy G4S Cash Solutions het ’n beloning van R1 miljoen aangebied vir inligting wat kan lei tot die suksesvolle vervolging van die moordenaars van een van sy veiligheidswagte.

Luidens ʼn verklaring deur die maatskappy is die veiligheidswag Maandag omstreeks 18:00 in ’n transitorooftog by die Middelvlei Engen-vulstasie in Randfontein, Gauteng, doodgeskiet. Twee ander wagte is tydens die voorval gewond.

Die maatskappy het intussen ’n foto van een van die verdagtes versprei. Dié foto kom uit beeldmateriaal wat deur veiligheidskamera vasgevang is.

Volgens die maatskappy bied hy ’n beloning aan vir geloofwaardige en nuttige inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming, vervolging en skuldigbevinding van die mense wat die veiligheidswag doodgeskiet het.

Renso Smit, streeksdirekteur vir G4S Cash Solutions, sê die maatskappy maak dit ’n prioriteit om te verseker dat hierdie misdadigers tot verantwoording geroep word.

“Aanvalle op veiligheidswagte tydens transitorooftogte raak meer gewelddadig van aard. Dit is kommerwekkend omdat dit die lewens van ons mense in gevaar stel. Daar is nie genoeg vervolging en skuldigbevindings om hierdie misdadigers, wat straffeloos te werk gaan, af te skrik nie,” sê Smit.

Volgens Smit het die maatskappy reeds in April aan die minister van polisie en die nasionale polisiekommissaris geskryf om ʼn vergadering met alle belanghebbendes te belê om die toename van geweld in transitorooftog-voorvalle te bespreek.

Die maatskappy doen nou weer ’n beroep op misdaadintelligensie, die polisie, die Valke, die nasionale vervolgingsgesag en de ministers om transitorooftog-misdade te prioritiseer en om die nasionale transitorooftogtaakspan as ’n saak van dringendheid te hervestig en te versterk.

Maroela Media het navraag oor die voorval aan die polisie gerig, maar wag nog vir terugvoer.

Enigiemand met inligting omtrent die verdagtes word versoek om Ray Barlow of Shaun Maleo van die G4S Cash Solutions by onderskeidelik 083 324 3460 en 083 750 4042 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Di ·

Vir R1 miljoen sal hy seker gou uitgelewer word! Hoop hulle vang die stuk gemors

Anel ·

Deesdae is veiligheidspersoneel hoog op misdadigers se moordlys. Hoop hulle vang die gemors, of beter, kom op sy lyk af. Sulkes verdien nie die suurstof wat hulle in asem nie. Sterkte aand die lede se families en kollegas.

Misky ·

Ek glo sy maters sal hom uitlewer vir daai R1 miljoen en sommer vinnig ook.

Vanessa ·

Dit is skokkend hoe geweld toeneem en die misdadigers nie gevang word nie.

Ons bly smeek vir die doodstraf, maar dit val op dowe ore. Daar is geen afskrik middel nie so dit gaan nooit einde kry nie, mense verloor hul lewens en vryheid en die gemors loop en lag oor hul dade!!!!

Piet ·

Jy kannie op MM smeek vir die doodstraf nie. Dit val op dowe ore. Die platform is net sodat jy kan beter voel na jy iets gepos het.

Maggies ·

Bly smeek vir die doodstraf? Wie dink jy gaan die swaarste gestraf word! Daar gaan blanke persone by elke moord ge- impliseer word, net om van ons ontslae te raak.

Pietertjie ·

Die blaam moet voor die deur van ons Westerse Regstelsel gelê word. Dit werk nie vir Afrika nie. Selfs die doodstraf is nie ‘n afskrikmiddel nie.

Jack ·

Skryf aan die minister van polisie sal niks help nie. Hy wag vir bloedvergieting voordat hy sal beweeg. Die oplossings kom nie van hom nie maar die industrie. Terwyl geld verseker word sal n gematigde houding tov verliese aan geld en lewens voortgaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.