Beloning uitgeloof ná verkeersbeampte se dood

Mogamat Galant. Foto: Stad kaapstad

Mogamat Galant. Foto: Stad kaapstad

ʼn Beloning is uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming en vervolging van ʼn minibustaxibestuurder wat verantwoordelik is vir die dood van ʼn verkeersbeampte.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid in die Stad Kaapstad, het gesê ʼn beloning van R50 000 is uitgeloof. Volgens Smith het Mogamat Faried Galant (35) Dinsdagoggend verlede week na sy werkplek gery toe ʼn minibustaxibestuurder wat in Jakes Gerwelweg in die rigting van Mitchellsplein gery het, beheer verloor het en in die aankomende baan beland het.

Volgens Smith het die taxi reg van voor teen Galant se motor gebots. Galant is op die toneel dood verklaar. Nog vier motors was hierna in ʼn tweede botsing betrokke. Smith het gesê die taxibestuurder het van die toneel gevlug en is steeds soek.

Enigiemand met inligting is versoek om 107 van ʼn landlyn of 021 480 7700 van ʼn selfoon te skakel. “Ons gebede is met Galant se vrou en sy drie kinders. Die stad sal berading aan hulle voorsien in dié moeilike tyd,” het Smith gesê.

Galant het sy loopbaan by die stad se metropolisie-afdeling begin voor hy na die Swartland-munisipaliteit geskuif het. Hy het onlangs by die stad se verkeersafdeling aangesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Michael ·

Tragies,al vang hulle die taxibestuurder mnr Galant kan nie terugkom nie en die taxibestuurder gaan as hy skuldig bevind word wat kry?

jaco ·

indien die taxibestuurder gevang word, sal hy swaar gestraf word, want sy slagoffer was nie wit nie. Indien sy slagoffer wit was, sou hy 5 jaar opgeskort vir 3 jaar kry vir bloot strafbare manslag.

scalla ·

die minibus moet mos geregistreer wees of die eienaar kan ten minste opgespoor word, hy moet mos kennis dra wie die bestuurders/drywers is of was , hy /sy moet verantwoordelik aanvaar, waarvoor die beloning?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.