Bemagtigingsfonds moet antwoord oor R273 miljoen

Winkels wat destyds in die Durbanse middestad geplunder is. (Foto: AFP)

Sakeliga het ʼn versoek om amptelike inligting aan die Nasionale Bemagtigingsfonds (NBF) gerig oor miljoene rand wat dit glo van die regering se Solidariteitsfonds ontvang en op grond van ras vir noodleniging gereserveer het.

Sakeliga se versoek kom na aanleiding van die NBF se verklaring op 12 Julie wat inligting bevat oor dié fonds se noodleniging aan ondernemings wat deur verlede jaar se onluste in KwaZulu-Natal geraak is en in besit en onder bestuur van swart entrepreneurs is.

Luidens die NBF se verklaring het hy R273 miljoen van die Solidariteitsfonds vir doeleindes van dié uitbetalings ontvang.

Sakeliga het ’n aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) gebring om die NBF te dwing om ’n lys te verskaf van alle uitbetalings, die bepalings daaraan gekoppel, en die bepalings (indien enige) wat gekoppel is aan die skenking uit die Solidariteitsfonds.

Die organisasie het Donderdag in ’n verklaring gewaarsku dat dit onwys en in baie opsigte onwettig is om sulke noodleniging onderworpe aan ras te maak.

“Ons wys daarop dat, deur bystand tot maatskappye in swart besit en onder swart bestuur te beperk, die NBF en die Solidariteitsfonds swart én wit werknemers, bestuurders en eienaars wat in ondernemings werk wat gesamentlik besit, bestuur en bedryf word, agterweë laat – en inderwaarheid penaliseer,” het Piet le Roux, Sakeliga se uitvoerende hoof, gesê.

“‘Noodleniging’ of ‘bystand’ wat op die basis van ras uitsluit, wanneer ander kriteria relevant is, doen afbreuk aan maatskaplike samehorigheid en samewerking in Suid-Afrika.”

Le Roux sê daar word in die algemeen heeltemal te veel gepoog om probleme in Suid-Afrika by wyse van die staat, eerder as ander organisasies in die samelewing, op te los.

“Inteendeel, besigheid en samelewing vereis ’n ingesteldheid van selfstandigheid en onderlinge bystand, nie staat- en staatsgesinde hulp wat uiteindelik altyd gevange word van die dominante heersende ideologie nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Yvonne ·

Hoe kan die ANC ooit skot vry kom…..in alles waaraan hulle raak is oop en bloot…blatant korrupsie…..die armste van armes kry honger…….?????

Swerwer ·

Die ANC en Eff is ewe korrup/kommunisties. Bewys weer deur en deur dat dit hul is wat rassisme geplant en aanhits in hierdie land. Mooi in Rusland geleer hoe om die land onder die landsburgers uit te ruk en vernietig.

Jack ·

Die staat sal alles doen om swart te bevoordeel. Hulle bly die rasssiste en die rede vir die mislukte staat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.