Beurtkrag kom dalk nou ‘amper elke dag’

(Argieffoto: Unsplash)

Indien onbeplande instandhouding tydens die somermaande tot meer as 14 500 MW toeneem, kan Suid-Afrikaners verwag dat beurtkrag vir 20 dae per maand of selfs meer ingestel sal word. Só het Eskom vandeesweek in ʼn uiteensetting van die stand van die stelsel en die vooruitsigte vir die volgende paar maande aan die gesamentlike portefeuljekomitee oor openbare ondernemings en minerale hulpbronne en energie gesê.

Onbeplande onderbrekings het die afgelope maande gereeld die 14 000-kerf oorskry.

Daar was sedert Januarie vanjaar reeds 91 dae van beurtkrag en 20 dae van ladingsvermindering. Wanneer daar na die afgelope boekjaar gekyk word, was daar altesame 65 dae van beurtkrag en 22 dae van ladingsvermindering.

Redes vir die inwerkingstelling van beurtkrag of ladingsvermindering (kliënte wat hul kragverbruik in opdrag van Eskom kan verminder) sluit in ʼn gebrek aan opwekkingskapasiteit, verhoogde en onbeplande onbeskikbaarheid van krag, beperkte brandstofbeskikbaarheid, die behoefte om noodhulpbronne op te vul en te bewaar sowel as swak gehalte steenkool.

In sy plan om instandhoudingswerk in die somermaande te doen, neem Eskom onder meer die beskikbare opwekkingskapasiteit, vraag na krag en beplande en onbeplande instandhoudingswerk in ag. Die kragvoorsiener waarsku egter dat daar bitter min beweegruimte in die plan is om instandhoudingswerk na ander tye te skuif, te verleng, of om enige bykomende onderbrekings te akkommodeer.

“Alle hulpbronne en finansiering moet beskikbaar gemaak word om die plan uit te voer. Enige veranderings gaan ʼn rimpeluitwerking hê wat die plan van daardie punt af gaan raak,” sê Eskom.

Die sukses van sy plan om die ligte aan te hou berus ook op genoeg diesel om die kragnetwerk tydens tydperke van groot onbeplande instandhoudingswerk te ondersteun.

“Versuim om genoeg diesel te voorsien, gaan tot verdere beurtkrag lei.”

Eskom waarsku ook dat dit nie moontlik is om meer as R2,4 miljard se diesel per maand te gebruik nie, weens die fisieke beperkings om die brandstof by oopsiklus-gasturbines te kry. Indien die vraag na diesel dus groter word, kan bykomende beurtkragfases verwag word.

Die plan maak ook geen voorsiening vir verdere probleme wat by kragsentrales kan onstaan weens arbeidsonrus of betogings deur werkers nie en vereis die gebruik van oopsiklus-gasturbines gedurende die week en lae dieselgebruik oor sommige naweke. Die probleme by Medupi se eenheid 4 het egter die afhanklikheid van dieselopwekking verhoog om die kragnetwerk te bestuur.

Volgens die kragvoorsiener is fase 4 die hoogste wat hy verwag om in die somermaande in werking te moet stel.

Die vooruitsig word in drie scenario’s opgedeel.

Onder die beste omstandighede word instandhoudingswerk tot 13 000 MW beperk en in hierdie geval sal beurtkrag, indien nodig, tot fase 1 beperk word en kan daar 24 dae van beurtkrag ingestel word.

Wanneer onbeplande instandhoudingswerk tot 14 500 MW toeneem, kan fase 2-beurtkrag gereeld ingestel word. Eskom verwag dan dat beurtkrag maandeliks sal moet geld – en tot 20 dae elke maand.

In die ergste situasie, wanneer onbeplande instandhoudingswerk die 16 000 MW-kerf verbysteek, sal fase 3 en moontlik fase 4 waarskynlik byna elke dag tussen September en Maart ingestel moet word.

Eskom sê hy is besig om nuwe opwekkingskapasiteit te ontwikkel wat die bestaande netwerk insluit, asook invoere uit die res van die streek, die inwerkingstelling van eenheid 5 en 6 by Kusile en die herstel van eenheid 4 by Medupi wat in Augustus 2024 verwag word.

Eskom het in Junie en Julie vanjaar vir die eerste keer sedert 2019 fase 6-beurtkrag ingestel en het dit onder meer toegeskryf aan ʼn onwettige staking by sommige van sy fasiliteite.

Volgens die kragvoorsiener kan die gevaar van beurtkrag oor die volgende drie jaar egter aansienlik verminder word indien al die planne, soos vervat in die regering se kragplan wat onlangs aangekondig is, in werking gestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Prikkie ·

Ek slaan my hande saam, waar sal my hulp vandaan kom …… virseker nie van Eskom af nie.

PieterJ ·

Is dit n natuurlike gawe wat hul het, of doen hul spesiale kursusse daaroor?

H.A. ·

Die regering se planne het misluk. Dit is net bla bla planne.

Henri ·

Verduidelik asseblief wat bedoel word met onbeplande onderbrekings en beplande onderbrekings.

Eskom is waaragtig die enigste maatskappy wat sy betalende kliënte straf vir die gebruik van hulle produk, terwyl hulle aanhou krag voorsien aan nie-betalende kliënte. G’n wonder hulle is in ‘n finansiële krisis nie.

Pierre ·

onbeplande onderbrekings = iets breek en moet vervang word,
beplande onderbrekings = daar word beplan om iets uit diens te haal om te kan diens

Dink aan jou kar as hy breek is dit onbepland, as jy hom vir n diens neem is dit beplan

Henri ·

Presies wat ek ook verstaan onder normale prosedures. Maar hoe kry jy dit reg dat jou verhouding tussen onbeplan en beplan konstant op 3,5 onbeplan tot 1 beplan is vir meer as drie jaar? Wat veroorsaak onbeplande onderbrekings? Hoekom word dit nie aangespreek nie?

vuurvliegie ·

R1.6 Miljard skuld beteken dat Eskom se Munisipatilteit klient beslis nie sy skuld betaal nie.

Barend ·

En dan het hulle die voorbarigheid om sonkragverbruikers te wil belas.

Manie ·

Daar is GEEN manier dat ek dit sal betaal nie. Solank ek die munisipaliteit betaal en dit nie per debietorder afgetrek word nie, is ek in beheer, so hulle kan gaan doppies blaas. Geen hof, munisipaliteit of Eskom sal my dwing om vir iets te betaal wat deur myself ge-installeer en onderhou word nie. Die son behoort nie aan hulle nie.

Manie ·

Hier is sowaar ‘n domkop wat reken die son behoort aan Eskom. Dalk ‘n Eksdom werker.

Anel ·

Nou hoe is dit dan dat met al hierdie onderbrekings wat ons het, in ons omegewing, as die krag af gaan bly dit vie 12ure plus afbwant die stelsel is so verouderd, hoekom is ons rekening en krag verbruik meer as sou ons nie onderbrekings hê nie. Hoekom moet ons meer betaal vir iets wat ons nie eens kry nie,!!! Skelm!!!!

Pierre ·

Jou krag rekening is hoer want:
1. Geysers het koud geword
2. Yskaste en vrieskaste het warm geword
3. Elektriese motors gebruik amper dubbel die krag om op te start
4. Mense kook water vir warm water flesse
5. Motor hek, garage motor en alarm batterye moet herlaai
6. Baie keer kom die krag in sogenaamde “peak” periodes terug wat baie meer kos om te gebruik
7. ens…

Republikein in die Wes Kaap ·

De Ruyter en Oberholtzer karring maar aan van betaaldag tot betaaldag…

Leana ·

Lyk vir my Eskom se hardste werk is om te sit en kyk wanneer hulle loadshedding kan toepas,plaas hulle eerder daai energie insit en sorg dat ons krag het.

Elma ·

Sjoe, Eskom het darem nou elke denkbare scenario gebruik om beurtkrag te motiveer. Dit mag nie winter wees nie, dit mag nie somer wees nie, as daar tekorte is aan diesel, as daar onbeplande herstelwerk is (hallloooo Eskom, nie AS nie maar eerder WANNEER) – julle het julself al genoeg bewys as totaal en al onbevoeg.
Jinne, een van die dae veroorsaak asemhaling en die gebruik van Godgegewe suurstof seker ook beurtkrag. Ek weet wraggies nie wat hulle nog als as redes kan uitdink nie.
USELESS SPUL.

Republikein in die Wes Kaap ·

Moet tog nie nuwe verskonings voorstel nie. Eskom sal dit gebruik. Daar is glo ‘n groot fles in De Ruyter se kantoor. Elke oggend trek hy ‘n kaartjie uit die fles wat die amptelike verskoning vir die dag is.

domheks ·

Wanneer raak Eskom ontslae van hulle droe hout? Daar is heelwat wat net sit en wag dat die ‘pay’ inbetaal word. Intussen betaal ons deur ons nekke vir onbetroubare krag!

MAGRIETHA ·

Privatiseer die plek dis al oplossing elke dag hoor en sien n mens eskom gaan dit doen en dat doen ma da gebeur niks die regering het hul mooi geleer , da kom seke weer n staking want hul sou opgetree het teen die stakers ma lyk my niks het gebeur nie , te veel verskonings

Ann ·

Ladingsvermindering vir Eskom-kliënte? Dis nuut vir my.
So beteken dit dan dat alle Eskom-verbruikers hul eie “beurtkrag” kry?
Dis meestal plaasboere wat Eskom krag het. Gaan hulle dan nòg meer gestres wees? Hulle het genoeg moeilikheid! Brande, siektes, aanvalle en wie weet wat nog, en dan nou diè ding.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.