Beurtkrag opgeskort

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het Dinsdag aangekondig dat hy nie meer beurtkrag toepas nie.

Volgens die kragvoorsiener was die kragnetwerk vroeër Dinsdagoggend erg onder druk maar het die vraag na elektrisiteit aansienlik afgeneem en dit is nie meer nodig om fase 1-beurtkrag toe te pas nie.

Die kragnetwerk is al sedert Sondag onder druk nadat ʼn eenheid by Koeberg-kragstasie weens ʼn tegniese fout van die netwerk afgehaal is.

Fase 1-beurtkrag maak voorsiening dat tot 1000 MW se kragverbruik gesny word, fase 2 tot 2000 MW en fase 3 maak voorsiening vir die sny van tot 4000 MW se kragverbruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

hennue ·

Rerig! Ons krag het nou net presies 20:00 afhegaan- hulle lieg soos altyd!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.