Beurtkrag vanaand kort ná aandklokreël ingestel

(Argieffoto: Tracey Adams/ANA)

Suid-Afrikaners sal vir die volgende twee aande, kort nadat die aandklokreël wat Suid-Afrikaners tuis hou ingeskop het, boonop by kerslig tuis tyd moet verwyl.

Eskom het aangekondig dat fase 2-beurtkrag vanaand (Dinsdag) vanaf 22:00 tot moreoggend 05:00 toegepas sal word. Dié tye geld ook vir Woensdagaand.

Die kragvoorsiener sê in ’n verklaring beurtkrag is noodsaaklik om sy noodkragopwekkingsreserwes op te bou ter voorbereiding op ’n groter vraag na elektrisiteit wat gedurende Januarie verwag word namate ekonomiese aktiwiteite hervat word.

“Ons het tans 9 745 MW op roetine-instandhouding en 11 346 MW van kapasiteit weens onbeplande instandhouding. Eskom se spanne werk onverpoos om soveel moontlik van sy kragopwekkingseenhede weer aan die gang te kry.”

Die kragvoorsiener doen ’n beroep op verbruikers om elektrisiteit spaarsamig te gebruik om sodoende beurtkrag te help beperk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.