Eskom het Vrydag bevestig dat fase 2-beurtkrag Saterdag tussen 08:00 en 22:00 toegepas sal word weens die stelsel wat steeds onder druk verkeer.
“Ons sal die naweek gebruik om dieselreserwes en damwatervlakke op te bou,” het die kragvoorsiener in ʼn verklaring gesê.
Die waarskynlikheid dat beurtkrag Sondag toegepas sal word is hoog. “Ons sal ons gebruikers op hoogte hou,” het Eskom bygevoeg. “Ons vra om verskoning vir enige ongerief.”