Vrystaat-man vas oor bedrog van R15 miljoen

geld 4

Argieffoto.

Corne Ackerman (45), ʼn voormalige prokureur, het Donderdag vlugtig in die Bethlehem-landdroshof in die Vrystaat verskyn op aanklag dat hy ʼn regsfirma glo met meer as R15 miljoen bedrieg het.

Ackerman staan tereg op 40 aanklagte, het ao Lynda Steyn, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), gesê. “Hy word daarvan beskuldig dat hy tussen Januarie en Junie 2019 geld uit die regsfirma se trust- en beleggingsrekening oorbetaal het na verskeie onbekende begunstigdes. Toe hy daaroor gekonfronteer is, kon hy glo nie rekenskap gee vir die transaksies wat hy gemaak het nie.”

Die saak is by die Valke se eenheid, wat ernstige handelsmisdaad ondersoek, aangemeld. “Die man is in hegtenis geneem ná ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik is.”

Die man bly in aanhouding tot hy op 13 Maart 2020 weer in die hof moet verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

007 ·

Wat het geword van, jy mag eers die man se naam bekend maak as hy gepleit het? Maar as hy nie wit is nie dan word sy naam nie genoem nie?

Cherokee ·

Willem, as ek reg raai, dan het jou klagte slegs betrekking tot sekere misdade. Waarvoor word Zuma alles aangekla? Is hy al skuldig bevind? Word sy naam weerhou? Hierdie pleit wit raak somtyds werklik irriterend.

Andre ·

In 2019! Shoe, soms werk die reg tog. Hy is seker nou jammer hy is nie deel van die regerende party nie.

Moedeloos ·

Hy ly aan dieselfde vergeetsiekte as Zuma. Dalk het hy ook behandeling nodig in Kuba

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.