Boekhouer wat Superspar-winkels bedrieg se bates bevries

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto)

ʼn Boekhouer wat twee Superspar-winkels in Gqeberha uit miljoene rand bedrieg het se bates is bevries terwyl hy wag om gevonnis te word.

Kapt. Yolisa Mgolodela, woordvoerder van die Valke, sê Jonathan Blow (52) is in Maart vanjaar in hegtenis geneem op aanklag van diefstal en bedrog. Die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Gqeberha het Blow in September skuldig bevind op die aanklagte teen hom en die saak is tot 23 November uitgestel vir voorvonnisverrigtinge en sielkundige verslae.

Blow is ook reeds van die rol van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters geskrap.

Die gebeure spruit uit ʼn bedrogspul wat Blow twee jaar lank tussen 2020 en verlede jaar gepleeg het. Blow, wat die direkteur van PE Accounting Solutions was, het in hierdie tyd die Sunridge Superspar en Despatch Superspar uit miljoene rand bedrieg.

“Blow is aangestel as die rekenpligtige beampte van die twee ondernemings en is volle toegang en administrasieregte tot hul bankrekeninge gegee,” sê Mgolodela.

“Benewens die geld wat hy gevra het vir die werk wat hy gedoen het, het Blow ook meer as R40 miljoen van Sunridge Superspar ingevorder en meer as R11 miljoen van Despatch Superspar na sy eie bankrekening oorgeplaas.”

Nadat Blow vasgetrek en skuldig bevind is, het sy vennoot sy aandele in hul onderneming gekoop.

Die R1,8 miljoen wat vir sy aandele aan Blow oorbetaal is, is nou in samewerking met die batebeslagleggingseenheid bevries.

“Daar word nou gewag op ʼn verbeurdverklaringsbevel sodat dit na die misdaadbateherwinningsrekening vir staatsgebruik oorgedra kan word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

piket ·

Kan nie verstaan dat eienaars van besighede nie self hulle bankrekeninge nagaan nie,
of ten minste prosedures in plek het wat hierdie soort van ding nie kan laat gebeur nie.

Danie ·

Omdat ‘n besigheid eienaar dalk net te veel ysters in die vuur het word sommige take aan ander oorhandig, teen vergoeding.. Mens stel juis ‘n rekening meester aan om dit vir jou te behartig. Hulle is veronderstel om eerlik te wees. Dit is waarvoor hulle betaal word. Wanneer die skaapwagter ook die skape opvreet is dit ‘n ramp…

Perdeby ·

Dit was n vinnige saak. Wanneer word al die kaders se sake ook so vinnig afgehandel. Vra maar net.

Janine ·

“Daar word nou gewag op ʼn verbeurdverklaringsbevel sodat dit na die misdaadbateherwinningsrekening vir staatsgebruik oorgedra kan word.” Is dit nie SPAR se geld nie?

Jeanette ·

Volgens my is dit ook SPAR se geld. Waar kom hulle nou weer met die misdaadbateherwinningsrekening vandaan, hulle kan maar net nie genoeg geld kry nie. Wat het dit met die staat te doen? Jinne mens word so kwaad as jy hoor en lees en sien wat hierdie regering van ons doen en niemand kan hulle stop nie, plunder en plunder en nog plunder, pleks word hulle salarisse gesny met die helfte!!!!!!!!!!!!!!!!!

Karoo ·

Mags misbruik is oral, dis reeds iemand wat BAIE het en dan gaan haal hy net NOG. Dink hy regtig hy sou nooit uitgevang word nie?

Lizelle ·

Hoe dink mense hul kan wegkom met sulke tipe bedrog? Gaan my verstand te bowe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.