Boer van Schoemanskloof vermoor

(Argieffoto: Maroela Media)

 ’n 63-jarige boer is Dinsdagaand op sy plaas in die Schoemanskloof-omgewing in Mpumalanga vermoor.

Die polisie fynkam in hierdie stadium die omgewing op die plaas waar die onbekende getal aanvallers ná die aanval glo te voet gevlug het.

Albert Gryvenstein, operasionele hoof van Bossies Community Justice, sê die aanval het tussen 21:00 en 22:00 plaasgevind. Hy was kort daarna self op die toneel.

“Volgens inligting het die verdagtes die boer deur die huis se agterdeur geskiet, waarna hy aan sy skietwonde beswyk het,” sê Gryvenstein.

Die verdagtes het daarna glo die boer se vrou aangerand en vasgebind.

Volgens Llewellyn Hemmens, AfriForum Noordstreek se hoof vir veiligheid, is die vrou na ’n nabygeleë hospitaal vervoer. Sy is na verneem word in ʼn bestendige toestand.

Luidens voorlopige inligting is daar vermoedelik net geld gebuit.

Verdere besonderhede was nie dadelik beskikbaar nie. Maroela Media het die provinsiale polisie vir kommentaar genader en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Henri ·

Dit is skokkend. Wanneer gaan Cyril opstaan teen die anargie in die land? Hy is baie stil deesdae.

Maar die ANC-regering open ‘n kader se doodsondersoek weer na 50 jaar.

Harley Davidson ·

Niemand gaan opstaan tensy die aanvallers aangeval word deur huidige benaadeelde minderhede nie

Lillian ·

hy en sy kaders gee nie om vir hierdie land nie, hulle kyk net hoe hul hulself verder kan verryk

Delia ·

Nie net geld gebuit….die boer is gebuit van sy lewe, die vrou is gebuit van haar man en aftrede saam hom en as daar kinders is, van hul pa ens ens ens.

Misky ·

Ek hoop Cele en die 72 uur taakspan is oppad.

RIV oom en innige simpatie aan die tannie en naasbestaandes.

SjN ·

Skokkend verby, simpatie aan sy geliefdes, hoop Hoedeman en sy kaders haas hul na die toneel soos met die moord op die swart vrou.

JohanR ·

Het Bheki Cele homself na die toneel gehaas….nee wag waar is my kop vandag? Die wit boere. Die worde wit en boer het vir hom geen haas nie! Maar toe die EFF se Hillary Gardee vemoor is, was hy 10 minute later op die toneel.

Marianna ·

Is dit nie rassisties nie? Kom sê nou wie het vir wie aangeval en vermoor? In die media is dit net aanvallers maar behoede as dit wit aanvallers is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.