Bokke slaan die kitaar op Murrayfield

Die Skotse ondersteuners het met hul hande in hul hare gesit, terwyl die Suid-Afrikaners op Murrayfield fees gevier het. Foto: Andy Buchanan/AFP.

Die blou verf van ’n advertensie op die groen gras van Murrayfield het vandag maklik op die spelers afgesmeer, met die gevolg dat Stuart Hogg en kie met tye soos karakters uit Braveheart gelyk het.

En al het die Skotte met ’n heldhaftige verdedigingspoging in die eerste helfte vorendag gekom, kon hulle nie William Wallace se heldedade herhaal nie en die Springbokke het eintlik op ’n drafstap in Edinburgh gewen.

Die eindtelling was 30 – 15 in die Suid-Afrikaners se guns en hulle het in nóg ’n wedstryd teen Skotland koning gekraai.

Maar die Bokke het aanvanklik (net soos verlede week teen Wallis in Cardiff) gesukkel om hul geleenthede in punte te omskep en hulle kon eers in die 23ste minuut iets op die telbord wys.

Hulle het egter die skrums oorheers en die stomme Skotte was gereeld in trurat. In Ox Nche, Bongi Mbonambi en Trevor Nyakane, sowel as Steven Kitshoff, Malcolm Marx en Vincent Koch het die Springbokke inderdaad twee van die beste voorrye in wêreldrugby en min kan by hulle kers vashou.

Voeg daarby ’n skitterende Eben Etzebeth en ’n avontuurlustige Makazole Mapimpi en die Bokke was doodeenvoudig net die beter span op die veld – selfs al het die Skotte die afgelope ruk met ’n paar begeesterde vertonings vorendag gekom.

Onder die Suid-Afrikaans-gebore spelers in die Skotse span het Duhan van der Merwe met sy ondernemingsgees beïndruk, maar Pierre Schoeman het egter saam met sy voorrymaats swaar in die skrums geleef.

Die Bokke het nou twee agtereenvolgende wedstryde in Europa gewen en hulle sal oorgehaal wees om hul toer volgende naweek op Twickenham teen Engeland op ’n wennoot af te sluit.

  • Puntemakers:

Springbokke: Drieë: Makazole Mapimpi (2). Doelskop: Elton Jantjies. Strafskoppe: Jantjies (3), Handré Pollard (2) en Frans Steyn.

Skotland: Drieë: Stuart Hogg (2). Doelskop: Finn Russel. Strafskop: Russell.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

piet ·

Willie word nie meer op meriete gekies nie, useless, kies vir Fassi.

MakersMark ·

Ek sal vir Frans heelagter speel, Fassi op regtervleuel en Mapimpi hou waar hy is.

Shakespeare ·

Bokke bo !!! Wat n enorme prestasie inaggenome in watter demoniese toestand ons land is.
BRAVO !!!

Pim die Skim ·

Ver in aggenome dat die span van mzansi eers die oorhand gekry het toe die kwota spelers af is en die af is en A span spelers toegelaat is om te speel. Willie het bestendig vertoon. Die opkomende speler van die jaar het nie opkomend vertoon nie Sia het n goeie wedstryd gehad. Eben, onoortreflik. Dwyn n rots. Melcome en Kitshoff was ysters en het kom en skouers die kwotaspelers oorskadu.. Mpimpi: daar is nie n substituut vir spoed nie! Jesse: jy kan hom enige plek sit en hy sal uitstaan. Hy sal verseker langs Damian n enorme verskil maak, maar ongelukkig sal dit afbreek aan die kwota maak. Ek se nie Am hoort nie daar, want wedstryd na wedstryd is hy bestendig en verdedig hy goed. Jessie is net beter.

Snowball ·

Mapimpi moet seker die mees ondersoekte en fyngekamde vleuel in wêreldrugby wees. Sy pogings en aanloop na die doellyn begin al ontleed word net nadat die Bokke die kleedkamer verlaat het…belaglik.
Daarenteen, druk Skotland ‘n drie ná ‘n vorentoe aangee, maar daaroor word so vinnig verbygeflits hulle kon dit liewer gelos het en voilá, net so, 7 punte in die sak. Ware telling Skotland: 8 – SA: 30.

Jr ·

Dis hoekom ek Rassie support 100% in sy kritiek van refs. Die ref in die Ierland – NZ game was net so teen Ierland maar hulle doen alles om die NZ juffrou’s appel kind te help wen. NZ is soos die pragtige meisie by die skool wat almal haat en wil slaan maar jy mag nie want dan is juffrou op jou

SjN ·

Bokke kan nie te gerus wees nie, hoekom word die beste spelers nie van die begin af gespeel nie?

Jr ·

Aaahh SO iemand het dit ook opgelet. Selfde met die Wallis game. Eerste helfte sukkel. Tweede helfte hardloop weg. Kyk net tweede helfte se span dan sê vir my ek en jy is verkeerd of iets anders ( die groot R)

MakersMark ·

Al ooit gedink Jeff dat wanneer die bomb squad opkom het die begin spelers al die opposisie redelik verinneweer en dan verkrummel die opposisie in die laaste twintig minute. Die span werk as ‘n eenheid met verskillende rolle vir verskillende spelers gedurende die wedstryd. Word strategie genoem en werk uitstekend vir die bokke.

piet ·

Beste? Dis taktiek en hoe spelers die beste aangewend word. Presies dieselfde gebeur in ‘n toets teen die BIL maar toe was dit andersom. Die wit voorry het begin en is later vervang deur die swart voory . Toe was die resultaat dieselfde – die vervangende voorry het hul opgefrommel.

Pim die Skim ·

Piet daar is n verskil tussen braak en sin praat. Dit het maar sukkelend gegaan met die kwota spelers op die veld. Daar was n duidelike verandering toe die kwota spelers af is.

Harley Davidson ·

Jy kry dit maar net nie ,haat en vergelding maak dit nie reg nie.

MakersMark ·

Definetief. Daar was ‘n paar bok spelers veral in die agterlyn wat swak vertoon het maar het niks met kwotas uit te waai nie. Daar is nie kwotas in daai span nie. As dit so is noem die alternatiewe “nie kwota” speler wat dan nou kwansuis beter is. Nog nooit ‘n antwoord gekry nie. Bokspan vandag weer nr 1 in die world rankings.

Baardman ·

Beste voorspelers in die wereld. Hulle werk hulle g.tte af om die bal te kry en skop die agterspelers dit telke male weg. Bokke kan weghol oorwinnings behaal as hulle meer inisiatief aan die dag lê.

piet ·

Stem 100% saam. Met sodanige voorspeler-oorheersing en balbesit behoort ons baie meer aanvallend met die agterlyn te wees.

Pim die Skim ·

Ek het die wedstryd gekyk. Ek dink nie alle spelers is regtig bokke nie. Daar is verseker kwota spelers! Dit is eers toe die A span op die veld is dit die kwota span van mzasi beheer oorgeneem het. Ek kan net dink wat die eindtelling sou wees as Rassie alle spellers op meriete kon kies .

piet ·

Mapimpi moet meer bal kry, hy is ‘n driedukker van formaat.

Piet ·

Hy het die bal ontvang met ń oop doellyn voor hom, altwee keer.

Harley Davidson ·

Een van die beste spelers op die veld maar hy sal nooit weet of hy regtig die beste was nie oor die verfoeilike agterlike sisteem wat kwotas genoem word en afgedwing word deur ‘n “demokratiese ” regering.

MakersMark ·

Die bokke het weer gewys dat hul een span is wat kleur miskyk en vir die land en mekaar speel. Daar is nie kwota spelers in die span nie. Daar is spelers wat ongelukkig swak vertoon het in die wedstryd en die begin skakelpaar asook die heelagter se name staan uit. Die plaasvervanger losskakel se skopvoet pla al lank, net soos die begin losskakel. Die voorspelers, insluitende die begin agtal was onspeelbaar en is die beste op die planeet. Geen span kan met hul kers vashou as hul op hul beste is nie. Die wat hier insinueer dat die bokke beter was na “die kwotas van die veld af is” weet nie waarvan hulle praat nie. Daar is min te kies tussen die twee voorrye en die begin agtal maak die opposisie sag vir die “bomb squad” om oor te neem. Die bokspan sukkel al lankal om meer aanvallend te speel, daarom speel hulle met ‘n strategie wat hul sterkpunte beklemtoon. En vandag is hul weer nr 1 in die wereld.

piet ·

Is dit vir jou ook vreemd hoe die kwota moaners net aangaan om te moan selfs nadat hulle die span afgeskryf het en gese het hulle wil niks meer met SA sport te doen he nie. Ek verstaan dit nie, hulle kan mos nou liewer vir Orania se spierwit aartappel-resies span, sakresies-span span, ens. ondersteun as om hulle tyd te mors met Bok-rugby.

MakersMark ·

Ja nee piet ek sal ook gemoan het as daar “kwota” spelers in die span was. Volgens my is ‘n kwota speler een wat 2 de beste is maar daar is om ‘n rasse kwota vol te maak. Gelukkig is dit nie so nie. Elke speler verdien om daar te wees omdat hul die beste in hul posisies is. Sommiges is nog in ontwikkeling ander aan die einde van hul loopbaan. Die SPAN is nr 1 op die wereld ranglys en wereldkampioene, nie die individue nie. Tweedens speel daai spelers vir ons die fans en vir mekaar. Daar is geen rassisme in daai span nie, maar als buite, soos mens hier kan sien. Mens wonder of die wat so kerm oor kwotas nie maar terugverlang na ‘n net blanke bok span wat op stand van kleur gekies is nie. Hulle moet maar vir orania se 0/13 c span gaan skree.

Harley Davidson ·

Hoekom die kwota span gekies op velkleur nog enigsins media dekking kry gaan my verstand te bowe ondersteun julle dan apartheid in trurat.Die sisteem is ‘n misdaad teen die mensdom verklaar.

piet ·

Die span is hier om te bly en word wyd ondersteun deur alle rassegroepe (behalwe ‘n paar rassistiese verkramptes wat nog onder hul klippe sit). Pas aan of ondersteun iets anders. Jou gemoan raak nou vervelig,

piet ·

Hoekom jy nog kommentaar lewer oor ‘n span wat jy al lankal afgeskryf het en niks meer mee te doen wil he nie, gaan my verstand te bowe. Beweeg aan man, ondersteun iets anders.

piet ·

Nou nog net vir Kolbe terugkry en vir Fassi op heelagter kies, dan het ons die gevaarlikste agterdriehoek in wereld rugby. GEE NET VIR HULLE DIE BAL om amok te maak.

piet ·

Wereldkampioen, nommer een span in die wereld. Uitmunted. Ek voel hierdie span kan nog baie verbeter, ons het gevaarlike agterspelers wat net wag om losgelaat te word. Algehele oorheersing voor en agterspelers moet die mikpunt wees. Hierdie span het die vermoe om groot tellings teen hul teenstanders aan te teken, ek dink steeds ons speel te konserwatief maar is opgewonde hoe die span verder kan ontwikkel.

Frans ·

Herschel Jantjies was die swak skakel in die span.Met Cobus Reinach op die veld was dit .n ander Springbokspan.

piet ·

Hy’s nie op stryk nie, soos Wille useless moet hy vervang word.

piet ·

Een swaeltjie maak nie ‘n somer nie maar Herschel se spel is nie tans op standaard nie, Willie s’n ook nie. Albei moet vervang word met spelers wat op vorm is.

Pieter ·

Nou hoekom het julle nog DSTV? Het julle held nie julle beveel om die skottels op te kap nie. Skaam julle.

MakersMark ·

Held het ook gesê CV19 is ‘n mite…..kawoepa drie weke op O2 later…….

N ·

Ja die bokke slaan die kitaar, maar Willie slaan sy naam met n plank.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.