Bolhuis-span help na vermiste Knysna-sakeman soek

Bertus Scheepers. Foto: Verskaf

ʼn Span van Mike Bolhuis se private speurdiens help met die soektog na die sakeman Bertus Scheepers (65) wat verlede week vermis geraak het.

Volgens Scheepers se dogter, Lisa, is haar pa, wat op Theseneiland in Knysna in die Tuinroete woon, die oggend van 9 Mei die laaste keer gesien. Sy beursie en selfoon is in sy huis gevind.

Kringtelevisiebeeldmateriaal is intussen ook nagegaan en daar kon nog nie vasgestel word dat hy wel die eiland verlaat het nie. Sy voertuig is ook by sy huis gevind.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie se soektog na Scheepers het nog niks opgelewer nie en die soektog gaan voort. Scheepers se lewensmaat het hom Vrydag as vermis aangemeld.

Volgens Scheepers se dogter het hulle eers Maandag uitgevind hy word vermis nadat ʼn kennis van die familie dit in die media gelees het en haar ma, wat in Nelspruit woon, in kennis gestel het. Haar ma het haar toe laat weet.

Lise en haar ma het Dinsdagmiddag George toe gevlieg voor hulle na Knysna gery het. Hulle het Dinsdag met die polisie byeengekom en is ingelig oor die verskeie soektogte wat reeds plaasgevind het. Sy het gesê daar is nie ʼn selfmoordnota gevind nie en haar pa se nuwe skootrekenaar is ook by sy huis gevind.

Scheepers is die eienaar van House of Classic and Sports Cars in Knysna. Volgens sy dogter reis hy baie na Kaapstad, Plettenbergbaai en Johannesburg vir onder meer besigheid.

Enigiemand met inligting oor waar Scheepers hom moontlik bevind, word versoek om die Knysna-polisie te nader by 044 302 6687, die Knysna-gemeenskapspolisiëringsforum by 082 574 9657, of Luke Enslin van Bolhuis se speurdiens by 082 222 5821/079 533 7069.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

ann ·

Hier is weer n slang in die gras lyk my, maar dit bly hartseer.

Leser ·

Ek ruik ‘n rot hier. Ek hoop en bid wel hy word gevind en dit was net alles ‘n misverstand.

Iets nie pluis nie ·

My vraag is hoekom het sy lewensmaat nie sy dogter self in kennis gestel nie. Kyk maar na die testament. Mense is deesdae baie geldgierig en sal als doen vir n gerieflike lewe. Hoop hy word gevind en gou ook.

LBS ·

Genade! Watse lewensmaat is dit wat so iets drie-vier dae van die familie af weghou?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.