Die polisie ondersoek die oorsaak van die brand wat Saterdagaand ʼn gedeelte van die munisipale gebou in Musina in Limpopo beskadig het.
Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn brand het deur die nag in ʼn gedeelte van die gebou ontstaan, maar die vlamme kon geblus word voordat dit na die hele kantoor versprei. “Die voorlopige ondersoek dui daarop dat slegs dokumente en meubels in die kantoor in die slag gebly het,” het Ngoepe gesê.
Die brand het ontstaan in die gedeelte waar die behuisingsdepartement se kantore is. Ngoepe het gesê die oorsaak van die brand is nog onbekend, maar dit vorm deel van die polisie se ondersoek.
Die voorval kom nadat brande vroeër vandeesweek by twee premierskantore uitgebreek het. Die Johannesburgse kantoor van David Makhura, premier van Gauteng, moes Vrydagoggend ontruim word nadat ʼn brand op die sewende vloer ontstaan het. Net ʼn paar ure nadat hierdie brand geblus is, het nog ʼn brand ontstaan by die Oos-Kaap-premier se kantoor in Bhisho.
Die oorsaak van dié brande word ondersoek.
Die plekke gaan een vir een gebrand word om dokumente te verwoes wat kan ly tot vervolgimg van sekere lede.