Brand by vervalle hospitaal laat talle dakloos

’n Brand het Donderdagaand by die Old Woodstock-hospitaal uitgebreek. (Foto: ER24)

Talle mense is dakloos gelaat nadat ’n brand Donderdagaand op die derde verdieping van die vervalle Old Woodstock-hospitaal (Cissy Gool House) in die Wes-Kaap uitgebreek het.

Nooddienswerkers is omstreeks 18:50 na dié toneel in Mountainweg ontbied.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, is niemand tydens die voorval dood of ernstig beseer nie. Een persoon is wel vir matige beserings op die toneel behandel en na ’n nabygeleë hospitaal vervoer.

“Die sypaadjie was stampvol inwoners wat die gebou ontruim het. Terwyl die brandweer die brand bestry het, het medici ’n sorteringsgebied ingerig en inwoners geassesseer.”

’n Brand het Donderdagaand by die Old Woodstock-hospitaal uitgebreek. (Foto: ER24)

Volgens die Stad Kaapstad se brand- en reddingsdienste was die brand teen 20:12 in bedwang gebring – net meer as ’n uur nadat 19 brandbestryders na die toneel ontbied is.

Dit is nie in dié stadium duidelik wat tot die brand gelei het, of hoeveel mense nou dakloos is nie.

News24 het egter in 2021 berig dat sowat 900 mense in dié gebou woon en dat die getalle voortdurend toeneem.

Maroela Media het ’n navraag aan die polisie gestuur en wag tans op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Annelize ·

Te oordeel aan die norring skottels wat teen die gebou vasgemaak is, moet daar beslis elektrisiteit wees, en gratis is dit gewis, saam met die water ook glo ek. Hoe lekker om op die reeds uitgemergelde belastingbetaler se rug te ry

Lood ·

Hoe het die brand ontstaan? Die antwoord is heel maklik. Een van die 900 plakkers het waarskynlik vuur gemaak in die gebou.

Alfred E Neuman ·

Die inwoners lyk vir my skatryk. Kyk net die baie sateliet skottels. Hulle het dus elektrisiteit ook. Seker betaal deur Kaapstad belastingbetalers.

Androclus ·

So as jy ‘n sateliet skottel kan bekostig dan is jy ryk volgens jou mening.

Di ·

900 mense? Is dit nie te veel mense in daardie gebou? Dis voorwaar ‘n groot probleem in die land, mense wat orals gaan plak waar daar oop geboue is. Lyk ook nie of daar veel instandhouding plaasvind nie. Hierdie mense bly seker onwettig daar

Kokerboom ·

Hoekom laat Staat die praktyke toe? Neem niemand verantwoordelikheid? Pretoria staan vol sulke geboue! Staat is roekeloos en slapgat! Hoeveel van die inwoners is wettig? Weereens: ANC is die grootste skande wat die land nog getref het!!!

Thelsa ·

Merkwaardig die baie brande deesdae. Heel toevallig of nalatigheid?

Shakespeare ·

Dit gaan lekker ou Bekker in die ANC/EFF piesang republiek. Die piesang is vrot boonop.

Wondermaarnet ·

Nou gaan die gebou seker reggemaak word sodat hulle kan terugtrek en ja daar is skottels dus het hulle elektrisiteit. Haweloses besit seker nie TV’s nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.