Britse egpaar ná week steeds vermis

Die Britse egpaar, Gillian Kathleen Dinnis (78) en Anthony John (74) (Foto: Verskaf)

ʼn Britse egpaar wat reeds meer as ʼn week gelede op ʼn plaas in die Mooirivier-gebied in KwaZulu-Natal verdwyn het, is steeds vermis.

Volgens kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, is die polisie steeds op soek na Gillian Kathleen Dinnis (78) en haar man, Anthony John (74).

Daar is nog geen leidrade oor waar die egpaar hulself bevind nie en hulle het nog nie kontak met enige familielede gemaak nie.

Maroela Media het vroeër berig die plaaseienaar, wat langs die egpaar op die plaas woon, kon hulle verlede Sondag glad nie in die hande kry nie. Die eienaar het Dinsdag weer na die egpaar gaan soek, maar hulle was steeds skoonveld.

Die eienaar het ʼn plaaslike veiligheidsmaatskappy genader en dié het die polisie ontbied. Die polisie het Dinsdag, met toestemming van die huiseienaar, die egpaar se huis oopgebreek.

“Die egpaar was nie in die huis nie en die polisie het niks buitengewoons by die huis opgemerk nie. Daar was geen tekens van ʼn struweling of gedwonge toegang tot die huis nie,” het ʼn betroubare bron aan Maroela Media bevestig.

Die egpaar se voertuig was steeds in die motorhuis en hul honde was in die huis toegemaak. Gillian se loopraam, waarmee sy stap, was ook nog in die huis.

Volgens die bron wat by die saak betrokke is, is daar drie maande gelede ʼn plaasaanval op dié einste plaas aangemeld.

Enigiemand met meer inligting wat met die soektog kan help, kan die polisie by 033 263 1122 of Stop Misdaad by 08600 10111 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Miena ·

Ag nee ek wil dit nie eers hardop se nie – ons weet maar net hoe gaan die verhaal uitspeel. Kom ons hoop maar vir n stukkie goeie nuus. Sterkte aan die betrokkenes.

JohanR ·

Hoop rerig hulle word gevind, en lewendag en ongedeured gevind, maar dan die is Suid Afrika!

Mieke ·

Dis baie erg wanneer almal reeds wéét wat moontlik gebeur het, maar ons bly hoop vir ‘n ander verduideliking…..
Die polisie raak ook al hoe meer ‘n teiken vir misdadigers…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.