Bruin landbouwerkers moet waai om rasteikens te haal

(Argieffoto: Spencer Pugh/Unsplash)

Een uit elke vier bruin werkers sal vervang moet word om die minister van arbeid se sektorale teikens te behaal wat in die voorgestelde indiensnemingsregulasies ingevolge die Wysigingswet op Gelyke Indiensneming aangedui word.

Indien maatskappye en staatsdepartemente hierdie teikens wil behaal, sal bruin werknemers in die Wes-Kaapse landbousektor minder gemaak moet word – en talle bruin vroue in die Wes-Kaap met ánder werkers vervang word.

Net in die Wes-Kaap sal een uit vier bruin vrouegesondheidswerkers, een uit agt bruin vrouewerkers in die verblyf- en voedselsektor en een uit tien bruin vrouewerkers in die handelsektor vervang moet word om min. Thulas Nxesi se rasteikens te haal.

Dít terwyl ongeveer 85 000 bruin werkers in Gauteng vervang sal moet word en geen bruin werker in Limpopo aangestel moet word nie.

Nasionaal gesproke sal ongeveer een uit elke twee bruin werknemers in landbou, vervaardiging, handel en finansies volgens die minister se sektorale teikens vervang moet word.

Die bevindinge word vervat in ʼn verslag wat die organisasie Kaapse Forum en Solidariteit Maandag bekend gestel het. Die werklike uitwerking van die konsepregulasies wat die minister van arbeid voorgestel het, word breedvoerig in die verslag ontleed. Die verslag fokus spesifiek op die moontlike invloed van die voorgestelde regulasies op die bruin arbeidsmark.

“Hoewel die data wys dat daar teoreties meer bruin werkers in die Wes-Kaap moet wees, is dit oëverblindery,” sê Heindrich Wyngaard, voorsitter van Kaapse Forum.

“Die minister se teikens vereis dat bruin vroue in verskeie sektore deur swart of bruin mans vervang sal moet word. Só ook sal geen nuwe bruin aanstellings in die landbou in die Wes-Kaap gemaak kan word nie, want dan sal maatskappye nie meer aan die minister se teikens voldoen nie,” sê Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut.

Wyngaard sê hierdie teikens is tekenend van die ANC wat direk in die bruin gemeenskap se werkplekke probeer inmeng met amptenare in die Uniegebou wat nou wil besluit hoe die Kaap sake moet doen. “Ons verwerp sulke sentrale beplanning van die ekonomie en beywer ons net al hoe meer vir federalisme.

“Indien die minister se teikens toegepas sou word op die arbeidsmark soos dit tans daar uitsien, sal ongeveer een uit vier bruin werknemers op die boonste vier posvlakke, volgens nasionale teikens, hul poste moet ontruim.

“Veral bruin werknemers by werkgewers wat net in die Wes-Kaap sake doen, en bruin werknemers wat in een of twee van die ander provinsies werksaam is, gaan volgens die konsepregulasies geteiken word,” sê Mulder.

Luidens die verslag moet daar, vir bruin mense spesifiek, boonop gereeld groei van meer as 100% in verskeie sektore geskied ten einde hul verteenwoordiging in ooreenstemming te kry met die minister se teikens.

Hoewel die Wes-Kaap oënskynlik beter lyk vir bruin werkers se vooruitsigte – deurdat daar teoreties werkgeleenthede bygevoeg eerder as weggeneem sal word vanaf die bruin bevolkingsgroep – dui ʼn dieper ontleding op verskeie ongerymdhede. En die meeste daarvan is skyn, sê die navorsers.

Bruin werkers moet byvoorbeeld oor al vier posvlakke geweldig toeneem in kuns en vermaak (303%), mynbou (108%) en vervoer en berging (95%). Terselfdertyd moet daar verskeie vreemde skuiwe plaasvind ten einde die minister se teikens te tref.

Ongeveer een uit tien bruin vroue in handel (8,2%), verblyf en voedsel (13,2%) en finansies (16,5%) moet vervang word ten einde die minister se teikens te tref. Dan moet ook ongeveer een uit vier bruin vroue in gesondheid vervang word, terwyl daar ʼn enorme groei in bruin mansgesondheidswerkers moet wees.

Bruin werkers in landbou moet klaarblyklik met slegs 2% verminder om die minister se teikens te tref, maar indien daar na die spesifieke posvlakke gekyk word, is dit ongeveer een uit drie vaardige bruin werkers wat vervang moet word – terwyl daar groei op die hoër posvlakke moet plaasvind.

Dit impliseer prakties dat daar geen nuwe bruin aanstellings in landbou in die Wes-Kaap kan wees nie, anders gaan die minister se teikens oorskry word.

“Die boodskap wat die ANC met dié teikens aan die bruin gemeenskap stuur, is duidelik: Julle sal in die Wes-Kaap verdra word, mits julle in die regte bedrywe werk. In die res van die land en die ekonomie is julle nie welkom nie,” sê Wyngaard.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Pietie ·

As dit nou nie rassisme in hoogste graad is nie, vreet ek my tekkues en veters op.

Waarnemer ·

NOU IS DIE TYD DAT ONS AS LANDGENOTE,SUID AFRIKANERS,BLANK,BRUIN,SWART SAAMSTAAN TEEN HIERDIE KORRUPTE REGERING EN IN 2024 FIE KADERS UIT STEM.STAAN OP MENSE,WOTD WAKKER!!!

JACF ·

Stem volmondig saam!
Kom ons gaan almal stem, Wie gaan wen, die antwoord maklik: Die meerderheid stemgeregtigdes!!! Ons weet almal wie dan weer gaan regeer.
Jammer my vriend, hierdie land loop die pad van die vervalle Afrika lande.
Daar was kanse by die stembus gewees, dit was verbrou.
Nou, al wat oorbly. Hard werk en op die knight by verootmoedig.

Teresa ·

Wat van die Vrystaat waar net swartes werk,veral ShopRite,boxer,checkers end.

Wonder ·

Dit is hier waar ons bly dieselfde mens sien nie anders rasse wat by die plekke werk nie almal is swart

Eugene ·

Dis rasisties op Sy beste, om kos weg te vat van jou tafel af. Dit gaan nie oor of jy die werk kan doen nie, dis jou vel kleur wat saak maak.

Eugene ·

Ek weet niks van elektriesiteit af nie. Nou word ek aangestel om om n’ huis te bedraad, waarvan ek geen breinselle het nie. In suid-afrika gaan dit om jou vel kleur, nie kennis nie.

Eugene ·

Die ramp-phosa regering is te swart, drie uit vyf swartes, moet wit wees.

Wit Leeu ·

Juis dinge soos die dat die goed weer vir die ANC stem. Gee ‘n ANC T-Shirt en sulke beloftes en Whala !

annie ·

Hoekom word Afrikaners nie ook in verband gebring nie. Wyngaard skerm net vir sy mense en die Mulder Party ook net vir Wyngaard en sy Kleurling-groep. Afrikaners is nie deel van laasgenoemdes nie en andersom. Die VFPlus is nie ‘n algemene handelaar nie bloot ‘n groep opportuniste wat meer stemme soek om weer ‘n nuwe party te stig nadat die leiers al feitlik aan al die bestaande en vorige partye behoort het vir eie gewin.

John ·

Rassisme op sy beste hier…Hopelik nou meer bruin mense in parliament ook.

Chris ·

Nou my vraag is, hoekom word fie regering nie ook oor dieselfde Kan geskeer nie? Daar moet dus ook eit, bruin rn swart lede by betrek word. Wat vir die een geld, moet mos vir die ander ook. Ons sal moet saamstaan om die ANC uit hul sokkies te skat. Vergeet van jou vooroordele oor partye en stem!

Connie ·

Wens so ek en my familie kon in Orania gaan bly en werk, Daar sal ons te minste n lewe he en nie heelnag oop oog slaap nie.

Ronél ·

Gaan mense net toekyk……………..ek twyfel……………grootskaalse teenkanting en oproer kan verwag word

Veronika ·

Maar die “boere” is van rassime beskuldig in die sg. Apartheid jare!!??? Wat is hierdie?? Minstens het almal kos gehad en als het gewerk! En voor die minimum loon het meeste werk gehad.

Erika ·

Ironies is die wat die Grootste Rassiste is skree altyd die Hardste..en boonop maak n lee blikkie die meeste geraas ne.
Dit is net Bloot om die Regering se Politieke agendas te bevorder..
Dit het altyd om Ras gegaan Bo beginsels .ten koste van ander.

Amelia ·

Anc wil res van bevolking verneder anc weet baie kleurlinge stem nie vir hulle nie sois hul “straf” as besighede bankrot raak agv die wet sal hul maar net se vorige wit eienaar se skuld of die eienaar nie goeie opleiding verskaf nie so moet weer betaal want iemand bv sy toon gestamp Dit is ook om te sien wat aangaan in besigheid so as daar n jwins gemaak word wil hul ook geregtig wees op wins maar nie op uitgawes nie HUL WIL ONS ONDERDRUK

JohanR ·

Kan ons nie ‘n landwyd miljoen persoon protes optog in al die groot stede reel, om vir die ANC te se ons het nou genoeg van hulle nonsens gehad?

Johan Botha ·

Die verskuiwing na kommunisme word met elke nuwe neiging en gier tog al te duidelik. (Onthou die padda in die pot storietjie). Hierdie ouens(ANC) is deur kommuniste geskool. Hulle het goed geleer om te lieg, bedrieg en dan ander te blameer as hulle skelmstreke op die lappe kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.