BTW-kwytskelding op sekere kos gevra

(Foto: Maroela Media)

Een van die ergste weke van beurtkrag in die geskiedenis, ʼn verhoging in die repokoers en die voortgesette verswakking van die rand het talle Suid-Afrikaners op hul knieë – en stygende pryse van basiese voedselitems is besig om ʼn reeds benarde situasie vir baie mense in ʼn ramp te verander.

“In ʼn tyd van kosprysstygings wat buite beheer is, is dit noodsaaklik dat die minister van finansies, Enoch Godongwana, die mediumtermynbegroting in Oktober gebruik om kosprysverligting aan te kondig,” sê dr. Dion George, die DA se woordvoerder oor finansies.

Die party het Suid-Afrikaners Maandag gevra om kommentaar te lewer op die skrap van BTW op noodsaaklike voedselitems, wat die koste van items met nagenoeg 15% kan laat daal.

George sê die minister moet nou dapper stappe doen om kospryse te laat daal en dat Suid-Afrikaners nou die kans het om daarop kommentaar te lewer en hul steun aan so ʼn oproep te gee.

Die party het ook ʼn beroep op Godongwana gedoen om ʼn paneel kundiges aan te wys wat hom kan raad gee oor watter voedselitems in Oktober van BTW vrygestel kan word.

Kwytskelding van BTW op ʼn veel duurder mandjie noodsaaklike kos sal miljoene rand se verligting vir reeds sukkelende verbruikers beteken. “Die gevoellose ANC-regering moet ingryp om kospryse te verminder terwyl al hoe meer mense in armoede gedompel word,” sê George.

Hy sê wêreldwyd neem regerings dapper stappe om diegene wat sukkel deur die krisis te help, maar in Suid-Afrika “sit die regering op sy hande”.

Die DA het ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om hul steun te gee aan en kommentaar te lewer op ʼn voorstel om BTW op sekere produkte te skrap. Die party sê die minister van finansies moet die maatreëls tot sy beskikking gebruik om Suid-Afrikaners teen stygende pryse te beskerm.

In Augustus het kernverbruikersprysinflasie op ʼn jaargrondslag tot 7,6% gedaal. Dit het in Julie op 7,8% gestaan en was net meer as die verwagte 7,5%. Inflasie op kos en nie-alkoholiese drankies het op ʼn jaargrondslag met 11,3% toegeneem (dit het in Julie op 9,7% gestaan).

Die Buro vir Ekonomiese Navorsing sê hoewel ʼn styging in kos- en energiepryse ʼn wesenlike gevaar vir inflasie inhou, het kern-VPI waarskynlik in Julie ʼn hoogtepunt bereik en behoort dit deur die res van die jaar meer gematig te wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Vonkprop ·

Die regering voel nie die pyn nie so hulle sal niks doen nie.

domheks ·

As jy R3 Miljoen per jaar verdien hoef jy nie bekommerd te wees oor die wat R5,000 per maand verdien nie. Nog minder vir die wat R350 toelaag kry. Ons regering dink net aan hulle eie sakke, die gepeupel moet maar sien kom klaar.

Piet 6 ·

Indien daar ń BTW verligting kom, hoeveel gaan werklik by die verbruiker uitkom?

WILLEM ·

DIT HELP NIE OM OOR EN WEER TE BESKULDIG NIE.
Ons moet saam staan en oplossings vind om al die probleme in RSA aan te spreek Verligting is brood nodig maar die hele wereld is op pad na”n resessie. Die aandele mark is oppad na ‘n beer mark en affekteer infestering.
Kla sal nie help nie!!

Wendy ·

Glo my nimnd gaan in elk geval iets doen nie want ons kanongukkig ni saamstaan ni ons aanvaar net di mainstream en hardloop saam , as imnd nog dwars oponeer wrd daardie een uitgekryt

Wildemien ·

Laat weet ons hoe en waar “staan ons saam” om dinge te verander.

LIEZL ·

Presies. Ons spoeg en poep teen donderweer. Sal ook graag wil ‘saam staan’, maar hoe en waar en wanneer, as ons elke dag met ons eie battles ‘fight’

Mariana ·

Een ding moet ons mooi verstaan. Die regering is net ingestel op dit wat daarin is vir hulle. Wat hulle uit iets kan kry. Nie die mense in die land nie. Nie die belastingbetalers in die land. Hulle sorg net vir hulself in alle opsigte. Of daar nou mense doodgaan van honger of dors is vir hulle om’t ewe. Solank hulle net gemaklik en in luukse lewe kan dit hulle nie skeel of ons krepeer nie. Klomp selfsugtige grypers, dis wat hulle is.

wiesalweet ·

Ek stem 100% saam met jou. Hulle voel vere vir die mense op “grondvlak”. Solank hul eie sakke net kan bult is alles honkey dorey.

Hennie ·

Hy kan ook BTW op prokureerskostes om bv met verdediging van seksuele teistering sake ook afskaf…dan is daar darm iets vir hom ook in die deal.

Papsak ·

Nee wat voel hulle wat die regering is hulle kaste oorlopens toe vol gestok so flip land se mense of hulle kos het ek kan nie kos bekistig nie ek koop en eet saam met hond sy blikkies kos kyk waar staan voedsel pryse skande

Nettie ·

Die regering sit nie op hul hande nie! Hulle het tog inderdaad ‘n klomp geld aan Kuba se honger politici belowe!! ;-)

JAPIE ·

Wat van die supermarkte wat elke moontlike geleentheid gebruik om pryse te verhoog.

Kurt ·

Die land is n besigheid soos enige ander huishouding. So die tekort aan inkomste moet elders gekry word. Hierdie produkte gaan nie veel verskil maak ons ons Afrikaners se sak nie maar dit gaan maak dat die massas nog minder bydra tot die inkomste. Ons belasting betalers gaan geknyp word. Die wat reeds niks betaal nie maar netto ontvangers van “grants” is gaan net nog minder bydra. So wees versigtig waarvoor julle vra. Dis ook die massas wat met hul stem/kruisie ons in die benarde posisie het. So hulle het vir dit gestem! Hoe langer hulle nog happy is gaan hulle ANC stem. Hulle moet eers amper dood van die honger voor hulle die lig sien en hul ideologie stop.

Antie Sarie ·

Al wat sal werk is die ou stelsel. Voor VAT en BTW ingekom het. Prysbeheer deur bevoegde mense. En van laasgenoemde is daar niks in die regering nie.

Elma ·

Gierige kettingwinkels sal net n gaping sien om pryse op die rak verder te laai. As die prys verminder met R10 se BTW, sal die produk se prys opgestoot word met R7. Verbruiker is mos dom, hy gaan net sien, fantasties, ek betaal R3 minder as laas maand.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.