Pogings tot buitelandse druk op die Suid-Afrikaanse regering oor korrupsie, wanbestuur en beleidsaspekte het die grootste sukses tot nog toe gehad toe vyf regerings ʼn waarskuwingsnota aan pres. Cyril Ramaphosa gerig het.
Die regerings van die VSA, die Verenigde Koninkryk, Duitsland, Nederland en Switserland – wat altesame 75% van buitelandse beleggings in Suid-Afrika verteenwoordig – het in ʼn hoogs buitengewone en belangwekkende stap die nota regstreeks aan Ramaphosa gerig.
Dit het reeds gelei tot protes deur Suid-Afrika se minister van internasionale betrekkinge, Lindiwe Sisulu, maar die slag is gelewer.
In die nota waarsku die vyf regerings dat daar nie noemenswaardige buitelandse beleggings in Suid-Afrika sal wees sonder “duidelike, uitgesproke en tasbare politieke onderskrywing van die oppergesag van die reg, die onafhanklikheid van die regbank, eerlike en etiese sakepraktyke” nie.
Die nota verwys na die spesifieke probleme wat die vyf lande ervaar, insluitend voortgesette veranderings aan die mynboumanifes, swart ekonomiese bemagtigingsvereistes, intellektuele eiendom, ander eiendomsreg en visumpraktyke.
Die burgerregtegroep AfriForum se hoofamptenaar, Kallie Kriel, het die verwikkeling verwelkom as ʼn aanduiding dat Ramaphosa se dubbelpratery nie die internasionale gemeenskap flous nie.
Kriel het gesê dit dien as waarskuwing aan Ramaphosa dat hy met vuur speel deur homself, in belang van sy eie magsposisie binne die ANC, te laat manipuleer om onsensitief te wees oor plaasmoorde, haatspraak en misdaad, en om korrupte lede binne die ANC ongestraf te laat.
Volgens Kriel sal AfriForum volstoom voortgaan om buitelandse rolspelers op hoogte te bring van die ware feite in Suid-Afrika, insluitend wat misdaad, korrupsie en eiendomsregte betref.
Die sogenaamde nota aan Pres. Ramaphosa was reeds in Junie 2018 aan die BD van Standard Bank oorhandig as besprekingspunte. Seak verslaggewing!!
Probeer die druk nog groter maak deur lyste van beweerde korrupte regering- en ANC BBP’s openbaar te maak aan bg. lande en vra vir internasionale reisbeperkings. (dit sal sommer baie geld spaar vir SAL en die belastingbetalers)
Looi vir CR en die korrupte regering met alles tot julle beskikking
Ek is net bly die buiteland se oë het oopgegaan
Mooi so dankie tog!
Alle EER en DANKBAARHEID kom God toe!
AMEN aan N allerhoogste GOD
Nou wil ek sommer die “like koppie” druk.
Wat se jy nou eintlik TINRsa. Verduidelik dan net waarom spring Sisulu nou op en af of lei sy net aan vertraagde reaksies
Hierdie uitspraak deur Westerse Lande. Is nie net vir die ANC ‘n seer pil om te sluk nie. Ander radikale partye kan maar notisie neem hiervan. Ons bly nie op ‘n eiland nie ons het die buiteland nodig en hulle het ons nodig.
Ai tog mens ! Daardie regerings stel nie belang of jy van hulle manier van dinge doen hou of nie! SA in sy huidige formaat tel nie !
Middag Hettie,
Ek voel tog die Buitelandse Moonthede gee om! Dit kos nogal moeite om só ‘n memorandum saam te stel en aan te stuur. Wie weet watter positiewe uitwerking dit moontlik vir ons kan hê!
Dit is tyd dat hulle stemme gehoor word. Ons werk deksels hard om ‘n bestaan te maak! Dit wat ons het, kan nie net deur die regering weggegee word nie! Sterkte aan alle gehoorsame landsburgers!
Die raskaart gaan seker eerste uitkom van die ANC se kant af. Ek is bly die buiteland sien ook dat die grootste korruptes nie aan die pen ry nie, bv die vorige nommer 1.
Eindelik!! Ja ons sal almal dit voel maar eindelik sien die res van die wereld hoe hulle Suid-Afrika vernietig. Kannie wag dat sanksies ingestel word nie . DIS TYD !!!!1
Dis tyd ja, dis tyd Nick, ja en amen!
toe is die buiteland nie so aan die slaap nie. CR steun nog ook vir Zuma wat so korrup is. En Malema kom ook weg met moord. Wens die buiteland wil daarop let
As die regering nie gaan gehoor gee aan die genoemde lande se eise nie, wie gaan dan daaronder ly? Ek en jy, die middelklas- salaristrekker! Die ANC ringkoppe rol in die geld. Sanksies sal hulle nie pla nie, want die Bosasamiljarde is klaar onder hulle verdeel. Dit wil voorkom of die Geskiedenis homself ook weer in SA gaan herhaal.
Dankie Afriforum! Jul het jul nie van stryk laat bring om die WAARHEID daar buite te gaan vertel nie. Hou sò vol. En Sisulu….jy is soos n Foxterier wat vir n boerboel knor ?
Lank gelede reeds voorstel gemaak dat ongeregtighede deur huidige regering en andere in NSA insluitend volksmoord/etniese suiwering ens. ge-internasionaliseer moet word. En siedaar uiteindelik is daar posetiewe reaksie.
Talk is cheap but money buys the whisky.
Hoe het die destydse smede, wamakers gese. Slaan die yster solank hy nog rooiwarm is. Nou voor die verkiesing is dit die presiese tyd om daardie rooiwarm yster te slaan.
Volgens ander bronne was die brief al laasjaar Junie/Julie aan die president gestuur.Hoekom word daar nou eers melding van gemaak en word daar nou eers gerageer op die nuus!
Afriforum doen so voort. DIS JUL STEMME WAT GEHOOR WORD
Hoe meer druk hoe beter, daar moet onverpoos druk op die regering gesit word anders sal hulle net voortgaan met pad van verwoesting.
Miljoene Suid Afrikaners het gebid en hulle verootmoedig voor die Vader. Hy slaap of sluimer nie en antwoord op die regte tyd. AAN DIE KONING AL DIE ERE WANT HY ANTWOORD OPREGTE GEBEDE. Loof Hom!!!
Ek dink nie die 5 lande het iets gese van die plaasaanvalle, ongelukkig nie. Ek dink nie CR gaan hom te veel aan die brief steur. Hy wil nie die ANC stropers behoorlik laat boet nie, hy paai dan vir Zuma. Hy gaan probeer om die lande te paai en dan ploeter ons maar voort.
Kokkerot
Die plaat word warm ne
Vir die eerste keer begin ander lande dit raak sin hierdie pragtige trotse ryk land is nou net n stuk land met geen geld nie dit is nou n gemors arm land
Pasop! CR word dalk ook by BOSASA betrek. Onthou die R5,000-000? Dit is hoekom hy jz beskerm. Laasgenoemde weet dalk te veel.
Dank die liewe Vader vir Afriforum en Solidariteit. Hou so aan asb. Ons word stadig maar seker ekonomies en fisies uitgewis deur hierdie glibberige despote
Is hierdie die eerste van ʼn reeks van drie blou briewe wat aan CR afgelewer word? Die spoorlyn tussen Luderitz en Prieska is ook blykbaar voltooi.
Jong, slegte nuus vir al die Snieter van Grensburg dissipels… maar daai briewe was meestal wit met swart ink hier-en-daar.
Maar ek sien in ‘n ander berig dat die brief reeds middel 2018 vir CR gegee is, nog voor sy betaalde vakansie trip na Europa. Dit het maar net nou eers uitgelek.
Kortom, moenie bly raak nie. Klink vir my na ‘n niksseggende kommunikasie briefie waarvan niks sal kom van die G5 af nie.
Self Ramaphosa se eie mense in die polisie se dat hulle hom glad nie vertrou nie
HAHHAAA…EK WIL ÉÉRS SÍÉN, OF HÚLLE KNOR EN GROM,OOÍT HOND HAARAF GAAN MAAK..!!?
Dankie Afri form, ons waardeer wat julle vir ons doen, ons bid vir julle, en staan agter julle.
Die buitelanders is n klomp huigelaars. Hierdié gaan oor geld en nie oor SA se mense nie. Die spul is verwaand, naïef. Môre sing hul weer ‘n ander storie.
Ek gee nie om wat die rede vir die skrywe was nie solank iemand net so nou en dan die klomp so ń bietjie ontstig want dit is tot voordeel van die blankes al hou die liberaliste nie daarvan nie.
Selfde groep lande wat apartheid geboikot het. Die land het opgestaan. Anc bewe nou. Hulle sal nie eers kan kruip nie. Anc veterane gaa in kuba bly
Wat praat jy Gert. Ek haal vir jou die ANC se antwoord aan soos weergegee in News24: “the ANC said that it had noted with deep concern the interference by the Western Imperialist forces. SA is a sovereign state and has always respected the laws of these imperialist countries. The ANC condemns this dramatic holier than thou stance of these former colonisers and we would not like to relate to them on the history of masters-slave relations”. Soos jy kan sien, ‘n ras gebasseerde antwoord vanaf die regering. Patetiese holrug geryde kommentaar. Hul broeke bewe nie, hul is minagtend teenoor die 5 lande.
Cyril se seun het by Bosasa die geld ontvang dit word maar net onder die tafel ingeskuif. Afriforum moet net aanhou druk plaas dit sal vrugte werp.
Ek hammer nogsteeds daarop dat ons almal wat vriende en familie na die buiteland verloor het suiwer oor ons swak bestuurde land, moet doodseker maak dat al die bedrog en diefstal moord op ons boere, aangestuur word en hulle moet ons asb help om dit verder te versprei, dit sal by die regte ore uitkom wat dit ernstig sal opneem.
Die volgende is die wêreldhof en Malema vir sy voortdurende aanhitsing tot ‘n volksmoord.
Dit wys ook maar net hoe treurig dit gaan by Buitelandse sake , die beswaar is lankal reeds gemaak !!!
Ek sit en dink aan dieselfde ding. Dinge begin nou gebeur. Geregtigheid sal geskied. Saam met die Here sal ons weer ons land regeer.
Begin maar solank rol Sisyphus.