Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne, het Maandag gesê die mynboubedryf moet begin seker maak dat gemeenskappe die voordele besef van mynbou en dat hulle trots sal wees op myne in hul omgewing.
Lees meerAlles vir Maandag 4 Februarie 2019
Munisipaliteit by MRK verkla oor rioolvuil by kinderhuis
Rioolvuil loop ʼn geruime tyd reeds agter die Abraham Kriel-kinderhuis in Olienhoutstraat in Modimolle in ʼn veld uit.
Gestrande kameelperd vrek op eiland in Krugerwildtuin
ʼn Kameelperd, wat ʼn paar dae lank op ʼn klein eiland in ʼn rivier in die Krugerwildtuin gestrand was, is dood aangetref.
10 in hof oor taxigeweld in Limpopo
Tien persone, tussen 26 en 44 jaar oud, het Maandag in die Hoedspruit-landdroshof verskyn op aanklag van poging tot moord.
Lesings opgeskort oor gewelddadige betogings by UKZN
Die Universiteit van KwaZulu-Natal moes lesings Maandag opskort te midde van gewelddadige betogings deur studente op die Westville-kampus.
Bejaarde vrou sterf toe brand uitbreek
ʼn 81-jarige vrou is Maandag dood toe ʼn brand by haar HOP-huis in Oos-Londen uitgebreek het.
ToekomsVenster: Jesus roep vir Levi, die tollenaar
Hoe kyk ons na ander mense? Vir wie verwelkom jy in jou huis en aan jou tafel?
Ondersoek na Kuga-branddood vir eers uitgestel
Leask meen die regter het nou die speelveld gelyk gemaak nadat Ford die Jimmy-gesin en AfriForum se regspan “geboelie” het.
Deurbraak in Kelly Bain-moord
Bain is in haar huis aangeval. Haar een maand oue babadogtertjie was in die huis ten tyde van die voorval.
Hof moet ingryp in DA-stryd tussen Zille en Selfe
Die Wes-Kaapse hooggeregshof gaan moet ingryp in die soveelste DA-binnegeveg in die Wes-Kaap; hierdie keer tussen die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, en die voorsitter van die DA se federale dagbestuur, James Selfe.
Alles wat jy moet weet oor kanker
“Daar is twee dinge wat jou risiko vir kanker beïnvloed. Eerstens is dit jou genetika en dit wat jy van jou familie erf – daaraan kan jy niks doen nie; en tweedens is dit jou leefstyl – waaraan jy wel iets kan doen.”
Saak teen ‘sekspastoor’ uitgestel
Omotoso staan tereg op 63 hoofaanklagte en 34 alternatiewe aanklagte, waaronder mensehandel, verkragting, seksuele aanranding, rampokkery en sameswering om ʼn ander persoon te help om ʼn seksuele misdaad te pleeg.
Buitelandse druk op SA regering neem toe
Pogings tot buitelandse druk op die Suid-Afrikaanse regering oor korrupsie, wanbestuur en beleidsaspekte het die grootste sukses tot nog toe gehad toe vyf regerings ʼn waarskuwingsnota aan pres. Cyril Ramaphosa gerig het.
‘Kwêla’ op soek na 2019 se dorp van die jaar
Verlede jaar is Jeffreysbaai as die agtste wenner in die Kwêla “Dorp van die Jaar”-kompetisie aangewys.
Verskeie omstrede voorstelle in EFF-manifes
Met die slagspreuk “Ons grond en werkgeleenthede nou” gaan die EFF tydens vanjaar se verkiesing probeer om Suid-Afrikaanse kiesers se harte en kruisies stormenderhand te verower.
Bushiri-aanhangers ‘salf’ Valke-motor buite hof
Lede van die Enlightened Christian Gathering-kerk (ECG) het Maandag oproerig geraak buite die handelsmisdaadhof in Pretoria, waar die omstrede past. Shepherd Bushiri en sy vrou verskyn het.
Die wêreld in foto’s – 4 Februarie 2019
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Transnet skors 8 top-bestuurders
“Ons het anonieme klagtes van werknemers ontvang oor sommige van die bewerings wat in die verslae genoem word.”
Hoof praat ná skooltragedie
Niks kon hom as skoolhoof voorberei vir dit wat by die skool gebeur het nie. “Met stadiums voel dit of ʼn stuk van jou siel uitgeruk is.”
‘Francois van Coke en vriende’ kom Kaap toe
Volgens Van Coke was dié konsert, wat verlede jaar sowat 8 500 aanhangers na die Sun Arena Time Square in Pretoria gelok het, die hoogtepunt van sy loopbaan.