Die winkelier het ʼn tros piesangs op die toonbank gegryp en die man daarmee bygedam.
Alles vir Maandag 4 Februarie 2019
ANC-man wat vrou skop tronk toe
Die ANC-takvoorsitter wat op kamera vasgevang is waar hy ʼn vrou skop tydens ʼn onderonsie tussen pro- en anti-Zuma-ondersteuners voor Luthuli-huis, is tot direkte tronkstraf gevonnis.
André Schwartz vertel van sy gesondheidstryd
“Ek het natuurlik gesukkel met die diagnose, jou hele lewensuitkyk verander. Wat jy gedink het is ʼn toekoms, is glad nie meer daar nie en wat jy gedink het is more, is ʼn twyfel.”
Splinternuwe reekse en flieks op Showmax in Februarie
Immergewilde flieks en TV-reekse soos “The Newsroom” en “Notting Hill” is maar net van die hoogtepunte in Februarie waarna jy kan uitsien. Dan is daar ook talle plaaslike gunstelinge soos “Jagveld”, “Glam Guru” en “Die Kasteel”.
Skooltragedie: Pa vertel seun red glo ander voor hy sterf
“Toe spat my hele wêreld uitmekaar. Ek het net geskree ‘nee’. Ek het net sy kouse en tekkies gesien, toe weet ek.”
Eerste burger se adviseur uit Clifton-sitting geskop
ʼn Adviseur van die burgemeester van Kaapstad is Maandag uit die parlementêre portefeuljekomitee oor omgewingsake se sitting oor die sogenaamde Clifton-herrie geskop.
Sepie-aktrise eersdaags op US Woordfees-planke te sien
“Die stuk gaan haar in ʼn ander lig stel en gehore gaan ʼn kant van haar sien wat hulle nog nooit vantevore gesien het nie.”
Sterker rand hou voordele en nadele in
Die huidige sterkte van die rand kan ’n tweesnydende swaard vir Suid-Afrika word. Dit kan egter voordele soos ’n laer brandstofprys en matige inflasie meebring.
Nuwe sportsoort by skool laat kinders brul
Skole bied van fietsry tot hengel aan, maar een skool het my laat regop sit.
NY se kille aborsiewet: waar laat dit Christene?
Dalk is dit nodig om weer hieroor te praat? Indien ons daarmee vrede het dat aborsie wel toegelaat word, gaan ons ook eendag vrede hê as aborsies tot só laat in swangerskappe toegelaat word? Is die toelating van aborsie tot op ’n bepaalde punt nie juis ’n onhoudbare tussenstandpunt nie?
Speel gholf saam met DZL en Toks en Tjops in die Krugerwildtuin
Speel jy graag gholf? Hou jy van wilde diere? Nou kan jy al twee kombineer!
Agrizzi het besluit om te ‘sing’
Hoe verder die ondersoek vorder, hoe groter hoop die bewyse op dat staatskaping nie ’n nagevolg van die Zuma-presidentstermyn was nie, maar dat dit eerder ’n nagevolg van die ANC-bewind is.
Gordhan, Malema pak mekaar in hof
Gordhan eis R150 000 in skadevergoeding en ʼn openbare verskoning.
Venezuela en sy twee presidente
Dit kom eintlik neer op die oorbekende vraag: Behoort die regering aan die bevolking, of behoort die bevolking aan die regering?
Twee vas ná skietvoorval wat vier wond
Die verdagtes, onderskeidelik 31 en 42 jaar oud, is in besit van ʼn vuurwapen gevind waarvan die reeksnommer afgevyl is.
Verbruikersake: Dis wat jy moet weet oor waarborge
Ina Opperman verduidelik wat ʼn versweë waarborg is en hoe jy kan seker maak dat hierdie waarborg nagekom word.
Boek: Legkaart van ʼn jong lewe
Ter viering van Dolf van Niekerk se negentigste verjaarsdag verskyn hier ʼn versameling filosofiese, bepeinsende en besinnende essays uit die pen van een van Afrikaans se meesterskrywers.
Resep: Voortreflike pasteideeg
“Werk met jou hande – dit is terapeuties, goed vir jou siel en die deeg.”
Nuuskommentaar: Brug-rassisme en waarskuwing aan Ramaphosa
Diegene wat harde rassehaat aanblaas na aanleiding van die brugramp by die Hoërskool Driehoek, en minister Lindiwe Sisulu, kan ewe groot skade aan die land oorsee berokken, al is dit op heel uiteenlopende maniere.
Vandag se sportnuus
Lees alles hier oor die naweek se sportnuus.