“Die skade wat aan die Suid-Afrikaanse ekonomie aangerig is oor die nege jaar voor Cyril Ramaphosa president geword het, het ʼn groot impak gemaak op beleggingsmoontlikhede in die mynboubedryf.”
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Mynboubedryf"
Ramaphosa wil beleggers by mynbou-indaba bekoor
Pres. Cyril Ramaphosa sal Dinsdagaand ʼn gehoor van sowat 6 000 besluitnemers probeer oortuig dat Suid-Afrika dié plek is vir enige uitbreiding van hul mynbou-aktiwiteite.
Mense moet trots wees op myne in gemeenskappe, sê Mantashe
Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne, het Maandag gesê die mynboubedryf moet begin seker maak dat gemeenskappe die voordele besef van mynbou en dat hulle trots sal wees op myne in hul omgewing.
Só wil AngloGold Ashanti winsgewend bly
AngloGold Ashanti oorweeg talle stappe om die wêreld se derde grootste goudmyngroep vaartbelyn en op ’n winsgewende pad te hou.
Ramaphosa fokus is op verkeerde plekke
Schüssler sê daar is te veel populistiese retoriek in die ANC se oggend- en aandpraatjies en dit ontsenu beleggers. Boonop waarsku hy dat die party nou op die verkiesing van volgende jaar fokus, pleks daarvan om iets daadwerkliks oor die ekonomie te doen.
AngloGold groei terwyl Goldfields struikel
Die Afrika-ingestelde goudmyngroep AngloGold Ashanti het weer sterk winsgroei in die eerste helfte tot Junie getoon. Dit is in sterk kontras met sy mededinger Goldfields wat die wind van voor kry van aandeelhouers en die regering oor planne om sy arbeidsmag te sny.
Kommer oor Goldfields se afleggings
Ondanks die slegte nuus het die mynbousektor ’n positiewe maand in Junie beleef. Statistiek Suid-Afrika se mynproduksie het gedurende die maand met 5% gestyg teenoor die hersiene syfer vir Mei wat met 5,9% geklim het.
SA se myne, ’n droewige prentjie
Suid-Afrikaanse mynbou is in ’n krisis gedompel. Dit is die mening van mynbou-ontleders nadat nóg ’n groot myngroep drastiese inkortings in sy produksieteikens en afskaling van personeel aangekondig het.
Myne is nie net ’n gat in die grond nie
’n Mens kan net hoop dat niemand in die finale handves “ondermyn” word nie.
Maatskappye en myne se gemengde reaksie op sukkelende ekonomie
Beleggers kon vandeesweek weer op ’n dosis stewige maatskappynuus fokus. Dit het beleggers en markontleders op die Johannesburgse Effektebeurs (JE) leidrade gegee oor die stand van die ekonomie en maatskappye.
Mynproduksie in SA daal
Dié syfers kom dae ná die Minerale Raad van Suid-Afrika gesê het dat driekwart van die land se goudmyne nie-winsgewend geword het.
SA ekonomie bly op die agtervoet
Sacci sê die entoesiasme het begin vervaag ná ’n reeks teleurstellende ekonomiese gegewens die afgelope ruk. Dit sluit die swakker-as-verwagte groeikoers van ’n negatiewe 2,2% wat in die eerste kwartaal behaal is.
Die Mantashe-mynbouhandves – die skade duur voort
Baie meen die nuwe Mantashe-handves wat nou vir kommentaar gepubliseer is, is beter as die vorige handves wat bekendgestel is deur die nou berugte Mosebenzi Zwane. Tog is die mate van verbetering in Mantashe se “onderhandelde skikking” debatteerbaar.
SA se goudmyne, ʼn soort bedreigde spesie
Suid-Afrika het ʼn luisteryke goudmyngeskiedenis. Dit was ook die dryfkrag wat ekonomiese groei en infrastruktuurbesteding in die vroeë 1900’s ondersteun het en die land se ekonomie tot die grootste in Afrika gestoot het.
Rasverwante onderhandelinge ʼn taai toffie
Gideon du Plessis, hoofsekretaris van die vakbond Solidariteit, gee lesers ‘n blik van hoe daar soms baie fyngetrap moet word met onderhandelinge soos tydens die besprekings rondom die jongste weergawe van die mynbouhandves.
Botswana kry ʼn nuwe president
Die land is selde in die nuus, omdat hier nie dinge – wat Afrika so dikwels die nuus haal – gebeur nie, naamlik opstande, onluste, diktatorskap, plunderings, staatsgrepe. Botswana gaan stilletjies sy gang en is ’n besliste suksesverhaal, sonder om dit self aan die groot klok te hang.
Dit sal ekonomie se prestasie in 1ste kwartaal bepaal
Kruger is egter optimisties dat die ekonomie vanjaar nog weer na ’n hoër rat sal oorskakel. Die minister van finansies, Nhlanhla Nene, het reeds laat blyk dat hy die groeisyfer gedurende die mediumtermynbegrotingsraamwerk sal verhoog.
Sibanye-Stillwater kan Lonmin red mits …
Die platinummyngroep Lonmin sê dat hy sowat 12 600 mynwerkers oor die volgende twee jaar kan aflê indien die Mededingingskommissie gaan sloer met ’n aansoek dat die groep saam met Sibanye-Stillwater uitgekoop word.
Mantashe wil vertrouensbreuk met mynboumaatskappye oorkom
Die nuwe minister van minerale hulpbronne, Gwede Mantashe, het toegegee dat ʼn vertrouensbreuk tussen die mynboubedryf en die staat plaasgevind het, en hy het hom daartoe verbind om dié breuk te oorkom.
‘Verwoestende mynbouhandves moet tersyde gestel word’
“Ek dink dit is duidelik ʼn roekelose minister het dié mynbouhandves ter wille van spesifieke mense se belange saamgestel en dit sal net ʼn klein groepie mense bevoordeel.”