Mynbouvervaardiging daal verder

Argieffoto

Statistieke Suid-Afrika (StatsSA) het Donderdag gesê mynbouvervaardiging het in April met nog 1,5% jaar-op-jaar afgeneem ná ʼn daling van 0,7% in Maart.

Dit is minder as Februarie se syfers waar vervaardiging met 8,1% afgeneem het in vergelyking met dieselfde periode verlede jaar.

Die prestasie van die goudmynsektor was die grootste negatiewe bydraer op 19,5% ná ʼn vyf maande lange staking by die goudmynbedrywighede van Sibanye-Stillwater, wat in die middel van April tot ʼn einde gekom het. Die goudmynbedryf verteenwoordig 16% van die mynboubedryf.

Ysterertsvervaardiger het in April jaar-op-jaar met 11,7% gedaal.

Lara Hodes, ekonoom van Investect Bank, het gesê Suid-Afrikaanse goudmyne is oud en diep en sukkel steeds met produktiwiteit en ʼn afname in gradering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anoniem ·

Mens kan niks anders verwag as hulle staak vir maande en heeltyd aandring op meer geld. Dit kos die myne meer as twee derdes van die prys van goud om dit uit te haal dus wie wil 18 % wins maak met sulke hoe risikos. Neewat die land is in sy maai unies is mos die regerende partye. Ou Cyril moet maar sy dans skoene aantrek en lekker dans want die soustrein is besig om uit te loop.

Chris Ws ·

Ek het self in 2 goudmyne gewerk jare terug.Dis geen grap om in helse hitte 3km diep in haglike toestande te werk met klippe wat kort – kort uit die dak val as daar ‘n “bump” plaasvind nie glo my.Nooitweer nie dankie al betaal hulle my wat!
Maar die unies het te veel tande gekry.Die regering sal moet begin trek aan hulle anders is die mynbou bedryf in sy geheel tot niet,In Orkney /Klerksdorp omgewing het 18 van 20 skagte reeds gesluit wat ek van weet so die skrif is teen die muur.
Daar moenie van die platinamyne vergeet word nie.Lonmin is reeds verkoop aan Sibanye-Stillwater en AMPLATS ,die grootste platinamyn in die land, is reeds in die mark.IMPLATS begin afskaal en duisende poste gaan binnekort verlore wees.So hier is G K aan die kom vir Rustenburg.Produksie vlakke van so 15 jaar gelede wat behaal is sal net ‘n droom bly in die myne.Dit sal nooit weer gehaal word solank die regering se arbeidswetgewing bly soos hy is nie..

Trip ·

Dankie gwede. Haal die laaste paar wit 55+jariges uit die myne en nywerhede en die res gaan leer om te breek en brand. Die eintlike werk kom vyfde.

Attie. ·

Lyk my motorvervaardigers gebruik nou paladium om katalisators te bou, paladium styg in prys en platinum sak in waarde. `het dit iets te doen met die groot stakings op die platinum myne so ‘n paar jaar gelede? Vra maar net. Ons het voor 1980 mieliesaad uit Rhodesie ingevoer, Rhodesie was die kosmandjie van Afrika. Een Rhodesiese Dollar was een Rand werd…en vandag ly hulle honger tenspyte van hoë afsette van platinum. Lyk my platinum is maar niks werd nie…of wat praat ek?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.