Bus slaan om op pad van begrafnis

Die bus het op pad terug van ‘n begrafnis naby Durban omgeslaan. (Foto: Rusa)

Meer as 50 mense is beseer toe die bestuurder van ʼn bus Sondagmiddag beheer oor die voertuig verloor en dit in ʼn pad in Durban omgeslaan het.

Die bus, met 68 passasiers, was op pad terug van ʼn begrafnis toe dit op die Isibanisezwe-pad buite die Waterloo-sportsentrum omgeslaan het.

Lede van Reaction Unit SA (Rusa) is omtrent 16:14 na die toneel ontbied, waar hulle die bus op sy sy aangetref het. Lede van Rusa en omstanders het toe begin om dié mense wat in die wrak vasgekeer was, te bevry.

53 Mense is beseer toe die bus op pad terug van ‘n begrafnis omgeslaan het. (Foto: Rusa)

Volgens Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911 wat ook op die toneel was, het 53 passasiers geringe tot ernstige beserings opgedoen. “Alle pasiënte is op die toneel behandel en toe na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Volgens Rusa het die bus vriende en familie vanaf ʼn oorledene se begrafnis in Buffelsdraai vervoer, toe dit omgeslaan het. Die bestuurder het glo van die toneel gevlug.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

miche ·

Daar gebeur soveel vreemde en onverwagse insidente in Durban en omgewing deesdae. Ek kry die gevoel Durban is onder beleg.

JM ·

Jaaaaa, jaag soos ‘n besetene en pluk die stuurwiel. Die kaders kan nie bestuur nie.

JohanR ·

Het nie ‘n probleem met Durban behalwe vir die hitte en Jacob Zuma, maar vir een of ander rede raak ek teneergedruk waaneer ek Port Elizabet toe moet gaan. Miskien moet en nou probeer nou dat die naam verander is na ‘n naam wat niemand kan uitspreek nie. Te danke aan die LANG PAAL EN VLAG ou, wat dink hy is ‘n ANC minister!

Helene ·

Ons se maar GQ – is baie makliker :) Maar PE sal maar altyd PE bly.

Vettiemaragartos ·

Dink die bestuurder was dronk. Die dat hy verdwyn het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.