Buurtspanlid gemartel ‘omdat hy vir AfriForum werk’

Pieter Grobler is ‘n buurtspanlid van AfriForum se Groter Moot-tak (Foto: Verskaf)

ʼn Buurtspanlid in AfriForum se Groter Moot-tak, Pretoria, is Vrydag deur drie mans ontvoer en ure lank gemartel.

Pieter Grobler (22) is ook in die proses al die geld in sy rekening kwyt nadat die mans hom gedwing het om dit te onttrek.

Volgens Andries Opperman, buurtbeampte van AfriForum se Groter Moot-tak, het Grobler net ná 17:00 in Paul Krugerstraat van werk terug huis toe gestap, toe ʼn minibustaxi by hom stilhou. Grobler was nog in sy AfriForum-werksuniform geklee.

“Drie mans het uitgespring, ʼn vuurwapen in Pieter se gesig gedruk, hom gegryp en in die taxi geboender,” sê Opperman.

Pieter Grobler herstel tans by sy ouers in Pretoria (Foto: Verskaf)

“Een van die mans het vir Pieter geskreeu: ‘Werk jy vir AfriForum?’, voordat hulle hom begin seermaak het. Hy kan nie als onthou nie, want hy het met tye sy bewussyn verloor.”

Grobler is onder meer geslaan, met ʼn skerp voorwerp in die gesig gesteek, met sigaretstompies gebrand en volgens Opperman is “ʼn voorwerp” in sy keel afgedruk. “Die mans het hom ook met sy belt probeer ophang.”

Die mans het by verskeie kitsbanke gestop en Grobler gedwing om die geld uit sy bankrekening te onttrek. Sy hele salaris wat hy Vrydag gekry het, is onttrek.

Grobler is omstreeks 03:30 bewusteloos in die pad naby die Steve Biko- akademiese hospitaal gelos, waarna lede van ʼn sekerheidsmaatskappy hom gekry het.

Grobler se ouers is ontbied en met hul aankoms op die toneel het hy weer sy bewussyn herwin. Hy is in die Steve Biko-hospitaal opgeneem waar hy mediese behandeling gekry het.

“Hy het harsingskudding en verskeie wonde opgedoen.”

Grobler is sedertdien ontslaan en herstel tans by sy ouers in Pretoria.

Lede van die buurtspan het Dinsdag by Grobler gaan inloer (Foto: Verskaf)

“Hy herstel goed. Hy het nog hoofpyn van die harsingskudding en sukkel met lyfseer. Hy sukkel ook nog om te sluk weens die voorwerp wat in sy keel afgedruk is.

“Ek dink wel die voorval eis sy emosionele tol op Pieter.”

AO Johan van Dyk, polisiewoordvoerder, het die voorval aan Maroela Media bevestig en gesê nog niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ʼn Saak van aanranding, poging tot moord en ontvoering is by die Wonderboompoort-polisiestasie aanhangig gemaak.

AfriForum het ʼn geldinsameling van stapel gestuur om Grobler se gesteelde salaris weer vir hom in te samel. Volgens Opperman is dié bedrag reeds ingesamel.

“As organisasie is ons geskok oor die voorval en bid vir Pieter herstel toe,” het Opperman gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

MJLS ·

Sterkte aan die slagoffer. Hoop hy herstel fisies en psigologies gou.
Mag die skuldiges ook spoedig vasgetrek word.

Roebs ·

Hoekom moet hulle deur sulke geweldadige maniere gaan ? Waar is menslikheid in dit? NEE so kan dit nie meer aangaan nie….

Republikein in die Wes Kaap ·

Die hool moet ontbondel. Die kriminele elemente kan in hul deel bly.

Shakespeare ·

Despicable savages. Ons land krioel van hulle. Sterkte my maat, vir jou en jou gesin. HERE WEES U KINDERS IN SUID AFRIKA GENADIG, DIE BOSE SWAAI DIE SEPTER IN ONS LAND.

Schalk ·

Die berug is nie eens op Netwerk 24 of News 24 nie. Hierdie is al airtime wat die voorval gaan kry.

R1ker ·

Ongelukkig so waar. Netwerk 24 is deel van News 24, en jammer om te sê, ANC propaganda kanale

es ·

Die gemors begin nou die druk van ons minderheid voel, en so target hulle nou die organisasies soos Afriform…..Stuur al die gemors terug na van waar hulle kom ons het hulle nie in SA nodig nie….

Jack ·

Erens gelees dat siviele oorlog oppad is na SA.As dit so gaan kan enige iets gebeur.

Willem ·

En nou gaan Afriforum weer hul lede begin bel en geld bedel vir nog ‘n hofsaak. Waneer gaan Afriforum en Solidariteit besef dat hofsake niks help nie? Die regering en die misdadigers steur hulself eenvoudig nie daaraan nie. Ek hoop hierdie man herstel gou sodat hy hierdie kaboutertjies kan laat les opsê.

Harley Davidson ·

Hi Willem ek respekteer jou opinie maar ons het net vir Afriforum en sou elke afrikaans sprekende persoon ‘n R 100.00 gee kan jy dink wat hulle kan doen ,privaat hospitale, skole ,nog universiteite alles wat die staat ons nie kan bied nie.

Jr ·

Hoe verwag jy Afriforum moet bestaan as ons nie help. Jou redeneering is onnodig. Afriforum het jou altyd die keuse gegee of gee of nie gee. Ons sal nooit wen met sulke denke. PASOP dit gebeur nie met jou nie.

Mnr De Beer ·

Jy het nie geld nodig om saam op te staan teenoor misdadigers en die regering wat hulle beskerm nie.

Mnr De Beer ·

Willem. Ek stem saam jou kommentaar. Ek is self keelvol vir praat, hofsake, video opname en selfoon kommentare. Dit is als net papier, geraas en n gemoanery. Want dit is wat almal doen. Almal kla en praat maar doen niks. Dit beteken niks want regering en misdadigers weet daar gaan niks met hulle gebeur nie. Al wat sal help is as ons almal saam opstaan teenoor die kriminele en die regering se verkeerde dade stop.

piket ·

As jy dink dat hofsake niks help nie moet jy maar weer gaan dink!

Republikein in die Wes Kaap ·

Hofsake is ‘n veldslag. Maar dit gaan nie die oorlog wen nie.

Johan ·

Wanneer jy so berig lees, raak jou gemoed oorlopens toe vol verkeerde gedagtes. Jy wil haat, jy wil wraak neem … maar dan word jy onomwonde herhinder en besef jy en vra jouself die vraag af:”Wat sou Jesus doen ?”
Sonder om te dweep en met nugter denke, roep ek uit:”Here, genoeg is genoeg!”

Sterkte, vrede & vreugde

Goldy ·

Hulle haat ons en gaan ojs een vir een uithaal, ons sal moet hard onderhandel vor onafhanklikheid as ons wil oorleef, en dit is moontlik.

Goldy ·

Dis waarom ons nie meer kan probeer nasie bou nie, ons moet uit hierdie abusive huwelik en gou ook

Mnr De Beer ·

Die huwelik het op rotse gekom die dag toe ANC en EFF hulle die “Kill the Boer” liedjie sing. Ek persoonlik dink die ANC en sy stemmers tree rassisties op teenoor Afrikaners.

Republikein in die Wes Kaap ·

Goldy, nuwe oplossings MOET gevind word. Jammer Flip Buys, jou kultuurkanton status vir Preroria is ‘n pypdroom.

Goldy ·

Dit sal nooit gebeur nie, ons is die scapegoats en ons beter vinnig onafhanklikheidsonderhandelinge begin of ons gaan in vlugtelingkampe opeindig.

Jacobus ·

In hierdie land was nog nooit soveel rassehaat as wat hier teen witmense is nie en die EFF EN ANC IS DIE OPSTOKERS.

Papsak ·

Gee hulle vir ons dan wys ons hulle ons kan dit dalk beter doen sterkte vir daai jong man is flippen pateties

Nie Verbaas ·

Drie mans, soos van die tipiese gemors wat hulle is sal hulle in getalle kom as gevolg van hulle lafhartige natuur. Laat dit nou wit op arme siestog ou swartetjie wees, dan is die gort gaar.

Pieter ·

Dan moet ons maar n paar rooi pette ook oppik langs die pad, en bietjie reg help, of hoe?

Danie ·

Dis vreemde modus operandi geen ander gevalle?Ek hoop ook vir arrestasies.

MARTIE ·

Sterkte, en baie dankie vir jou en al die ander wat so onbaatsugtig saam met Afriforum ‘n diens lewer. Ek belowe jou ons sien dit raak en waardeer ieder en elk van julle. Mag die Here julle beskerm.

Pietertjie ·

Ons kan nie sê dat ons nie gewaarsku was nie. Nou moet ons kinders dit ontgeld.

Republikein in die Wes Kaap ·

Goldy, die meerderheid Afrikaners begryp nie jou waarskuwing nie. Hulle glo alles sal regkom

Plaaskind ·

Ek mag nie hier skryf wat in my hart aangaan nadat ek hierdie berig en meeste ander berigte oor ons land se betstuur lees nie.

Piet parys ·

Dink nie die foto is met veiligheid in aggeneem geplaas nie

Leonora ·

En dit omdat hy die munisipaliteit werkers se werk gedoen het, heel moontlik. Munisipaliteits werkers te sleg om ons parke en sypaadjies in stand te hou. Tipies! Hulle weet mos nie van netheid en trots nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.