Campbell weer burgemeester van Ekurhuleni

Tania Campbell. (Foto: City of Ekurhuleni/Facebook)

Die DA se Tania Campbell is Dinsdag herkies as burgemeester van die Ekurhuleni-metro net enkele weke nadat ’n mosie van wantroue in haar geslaag het.

Campbell kon egter eindelik vandag die ANC-raadslid Jongizizwe Dlabathi met 124 teenoor 99 stemme uitstof nadat “die ANC se korrupte kabaal gesukkel het om selfs onder mekaar ooreen te stem,” sê Solly Msimanga, Gautengse leier van die DA.

’n Mosie is net verlede maand teen Campbell ingedien nadat die ANC haar onder meer daarvan beskuldig het dat sy versuim om billike en volhoubare dienslewering te verseker en dat sy township‑gebiede verwaarloos.

Die koalisieregering het egter aangevoer die mosie is niks anders nie as ʼn slenter om beheer oor die inwoners van Ekurhuleni se geld terug te kry.

Msimanga sê die afgelope twee weke se onbestendigheid in die metroraad het Ekurhuleni duur te staan gekom wat finansies én dienslewering betref.

“Om ʼn hele metro tot stilstand te dwing terwyl agterkamerooreenkomste aangegaan word, laat inwoners verwaarloos en onseker oor wat gaan volg.

“Hierdie swak poging om politieke punte aan te teken het misluk en nou kan die veelparty-regering voortgaan met die werk wat hy doen om reg te maak wat die ANC gebreek het,” sê Msimanga.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Leon ·

Hopelik het sy nou n les geleer en sal haar kiesers met meer respek behandel. Nie net eers vasstel of daar vir die DA gestem is alvorens sy na n klagte luister

Delia ·

Leon, eerlik bedoel…praat jy feite of hoorsé..voor ek nuwe hoop kry

Delia ·

So het die Wes Kaap ook maar sy issues né…kyk nou maar die Vishoek debakel

Jacobus ·

Hierdie debakel is soos n dief in die nag deur die nasionale regerings departement op die provinsiale departement afgedruk. Dit was beplan deur die ANC om landswyd aangebied te word.

Mariana ·

Die ANC is belaglik en lagwekkend. Wat weet hulle van dienslewering of enigiets anders.

Oe la la ·

Mariana, ek woon in die Oosrand. Vandat sy aan bewind is, is als n gemors. Ons asblikke is weke laas kom haal… ek praat van 6 weke…

domheks ·

cANCer raak al hoe banger. Die verkiesing is op hande – en die metro’s word deur ander regeer. Koalisies moet sterker staan teen die anc skelms.

André ·

Ons gaan nou baie vuilspel sien vanaf die ANC terwyl hulle grond verloor. Hulle kon nie aanbewind bly deur hulle werk te doen nie. Nou, pleks om SA op te bou deur saam met die partye te werk, probeer hulle alles saboteur in die hoop dat hulle weer die stemme gaan kry en ons almal lei in die proses. Vir die ANC is dit om so veel in eie sak te steek in so kort tydperk as moontlik. Soos ‘n sprinkaanplaag vreet hulle alles om hulle en bou niks op nie.

Piet 6 ·

As ek die DA was, sou ek nie baie rustig geslaap het nie. Die EFF het nou vir die ANC, met die oog op die 2024 verkiesing gewys ” maak soos ons wil hê en bly aan bewind, of ……..”

Oe la la ·

Nee Maritza! Nie welgedaan Tania nie. Sy is so onbevoeged dis nie eers snaaks nie! Ek woon in die Oosrand, ons asblikke is 6 weke laas leeg gemaak…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.