Chaos op N2 ná ongeluk, plundery

[Foto: IPSS Medical]

Chaos het Maandagoggend op die N2 in Zinkwazi, KwaZulu-Natal, uitgebreek nadat drie vragmotors in ʼn botsing betrokke was.

ʼn Groep plunderaars het op een van die vragmotors, wat alkohol vervoer het, toegeslaan.

Volgens Samantha Meyrick van IPSS Medical-ambulansdienste, het die ongeluk omstreeks 05:30 plaasgevind.

[Foto: IPSS Medical]

“Twee van die vragmotors het reg van voor gebots,” bevestig Meyrick.

“Twee mense is dood en drie kritiek beseer. Die beseerdes is nog in die voertuie vasgevang. Die plaaslike brandweer en metropolisie is tans op die toneel om die beseerdes te bevry.”

Die pad is tans heeltemal vir verkeer gesluit.

“Daar is ʼn verkeersopeenhoping, maar [die verkeer] word herlei.”

Die opeenhoping word vererger deur ʼn groep plunderaars wat nou op die een vragmotor, wat alkohol vervoer het, toeslaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Diepoppie ·

google bietjie jy sal verbaas wees dat daar wel ander lande is waar dit ook gebeur.. Dink dit was in Nigeria so hele ruk terug wat n tenkwa vol petrol ook in n ongeluk was, die petrol het uitgeloop en die klomp het dit probeer opskep met emmers. Tenkwa het ontplof en n paar is dood..

Delia ·

Verkeerd Lesly. Gaan google bietjie looting. Gaan kyk in Amerika. In Chile het dieselfde gebeur. Lees bietjie wyer as MM

Minnie ·

Ons moet begin sê…..dis van stilswye dat hul wegkom met alle misdade…

Grassie ·

Ons land is besig om te verval in anargie. Dit is nie net klein bendes wat misdaad pleeg nie, die peoples tree in groot groepe op wat roof en plunder. Dit is wat gebeur as ongeveer die helfte van die land se inwoners werkloos is. Ongeveer 20 miljoen van hulle kry die een of ander vorm van staatstoelae maar dit is nie veel geld nie. Baie van hulle suip dit sommer op dieselfde dag uit. Aanvalle gaan toeneem en optredes gaan nog meer brutaal word. En bewaar jou siel as jy teenstand bied, soos Pampoenplaas se boere uitgevind het.

Henry ·

Dis n absolute skande, mense verloor hulle lewens en die klomp roofdiere slaan toe, waar is die oorlede saps dan om eiendom te beskerm.

Frank ·

Ons was seker maar soos gewoonlik aan die regterkant, oor ‘n sperstreep.

Stofdonkie ·

Hulle het seker bietjie geslaap? Dis uitputtend om heeldag niks te doen nie

Jooste ·

Ek dog Metro Polisie is op die tunnel? Hoekom word vragmotor geplunder?

Gertdup ·

Gewone mense sal die beseerders eerste help maar nie die aasvoëls nie!

Witbaard ·

In die middel 80s het ‘n SAB lorrie sy vrag verloor in Wonderboom. Selfs daardie tyd het ek gesien hoe laai die manne kiste en kiste bier op. Selfs die polisie het hulle bakkie “gestock”. (Ek was daar)

Patch ·

Mense dood en ernstig beseer maar die gepeupel sal hulself aan die drank vergryp. Geen respek!

JohanR ·

Welkom tot die ANC se Suid Afrika! Hulle kom oral na die Wes-Kaap vanaf al die nuttelose ANC provincies, en waaneer hulle hier aankom wil hulle dadelik ‘n werk en ‘n huis he. As daar 27000 skool meisie babas in KZN al die jaar gebore is, wil ek nie weet hoeveel in die Wes-Kaap.

Sê maar net ·

Wel, die kaders se motto is: Skep terwyl jy kan. Baie “goeie” voorbeeld aan hulle blinde volgelinge, van korrupsie en vraatsigheid en diefstal.

Danie ·

Die gedrag veroorsaak n groot kopseer by pad veiligheid.Die diewe kom met moord weg dis hoekom daar geen keer is nie.

Vlooitjie ·

Die oorgrote deel van die mensdom is deesdae walglik. Ek kry skaam.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.