Chester Williams dán gegroet

Chester Williams. Foto: Facebook

Daar sal vandeesweek twee gedenkdienste vir die Springboklegende Chester Williams gehou word voordat hy Saterdag by Nuweland finaal gegroet sal word.

Dié Springboklegende het Vrydag in die ouderdom van 49 vermoedelik aan ʼn hartaanval gesterf.

ʼn Gedenkdiens sal Woensdag by die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) in Bellville gehou word waar Williams ten tyde van sy dood hoofafrigter van die universiteit se rugbyspan was.

Die diens sal omstreeks 13:00 in die Hoofsaal op kampus gehou word.

Donderdag word daar omstreeks 18:00 ʼn huldeblykaand vir Williams by die Boland-krieketterrein in die Paarl gehou. Williams is op dié dorp gebore en getoë.

Williams se begrafnis sal dan Saterdag by die Nuweland-stadion omstreeks 12:00 plaasvind. Hy het in die 1990’s vir die WP uitgedraf voordat hy vir die Leeus en later vir twee seisoene vir die Cats in die Superrugby-reeks gespeel het.

Sy familie het op sosiale media gesê almal is welkom om die geleenthede by te woon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Christine ·

Rus sag ou Chester jy is n legende wat kinders na op gekyk het gaan jou glimlag mis.Sterkte aan vrou en kinders so jonk nog .

Elsabie ·

Ag sê tog vir my dit gaan ook op SABC iewers uitgesaai word??

Baardman ·

Bou jy net n brug en kom daar oor.Daar was vir ander sprinboklegendes ook hulde gebring,so ek weet nie waaroor bloei jy nie.

Corrien ·

Jy is heeltemaal reg. Sportgode was en is die ondergang. Baie Boere weier om te leer. Ek wonder is dit dalk die rede dat ons Boere nog lang tyd gaan swaar kry? Slaap sag Boervolk. Die Bybel praat dat ons skape is, duidelik merkbaar.

BR ·

Willem dit is nie n opfef nie. Dit is medelye. Waar is jou hart meneer.?

Andre C ·

Hy was n bok op grond van meriete.Ons gaan daai groot glimlag mis

colleen ·

Presies, hy het gespeel vir sy plek. Borge en die staat het nie forseer dat hy daar moet wees nie. RIP Chester.

Gollie ·

Toe James Small sterf was daar ook net so medelye gewees,blykbaar verstaan jy nie so lekker nie,dis n jammer vir jou.

Erika ·

RIP! Jy was ‘n groot legende binne en buite die rubykinge. Sterkte aan jou familie..

Lize ·

Nog een van die ou spelers wat gekies was omdat hy uitsonderlike spel gelewer het en nie op grond van politiek nie. Mag jy in vrede rus Chester. Jy is heeltemal te vroeg weg. Jy het soveel vir so baie mense beteken. Jy was n huishoudelike naam. Al my simpatie aan sy vrou, kinders, familie en vriende.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.