Chinese broers vas oor ivoor, diamante, perlemoen

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 48-jarige broer van China en sy jonger broer is in hegtenis geneem nadat hulle ʼn beampte van die departement van binnelandse sake wou omkoop, het die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (Valke) gesê.

“Die ouer broer het na bewering die beampte genader en hom R3 000 aangebied indien die beampte sy broer se paspoort sou nagaan, prosesseer en goedkeur,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, gesê.

Die beampte het die Valke se ernstigekorrupsie-eenheid gekontak. “Die man is in hegtenis geneem toe hy die omkoopgeld aangebied het en die gevolglike ondersoek het die Valke na OR Tambo Internasionale Lughawe gelei waar die man se broer reeds op ʼn vliegtuig geklim het op pad na Hongkong,” het Mulaudzi bygevoeg.

“Die vlug is vertraag en die Valke was net betyds om hom aan te keer. Die 36-jarige man het ʼn vervalste paspoort by hom gehad en terwyl sy bagasie deursoek is, het die Valke geslypte diamante, ivoor, 10 kg nat perlemoen, ʼn sak droë perlemoen, en ʼn sak Lenovate-salf wat slegs met ʼn dokter se voorskrif bekom kan word, gevind. Die waarde van die vonds beloop ongeveer R6 miljoen,” het Mulaudzi verduidelik.

Die broers sal Maandag onderskeidelik in die landdroshof in Kempton Park en Pretoria verskyn op aanklag van omkopery, bedrog, onwettige besit van diamante, ivoor en perlemoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Lance ·

Netso steel hulle ons kus leeg en SA doen niks nie …SA is n vrot pot van skande op skande korrupsie en verkragting van alles

Annelize ·

Baie dankie vir hierdie amptenaar. Daar is nog goeie amptenare. Straf hierdie manne swaar. In China is hulle baie streng en daar is 0 grasie vir misdaad. Ons moet dieselfde beleid volg in Suid-Afrika. Gooi weg die tronk se sleutel.

TA Strydom ·

Buitelandse besoekers ( veral Chinese en Nigeriers) is groot sondebokke met veral wat betref , Stropery en dwelms.

Johann ·

Sekere mense het mos maar voorkeure vir eksotiese skulpvis, ivoorhandel, renosterhoring of die beendere van leeus. Dis hoe hulle die land en sy natuurlewe kaal stroop. En sekere lande het hulle ook aan Cites afgesmeer toe hulle regulasies wou opskerp, want hulle sien net dollars in die oë flits. Ook dra ‘n sekere mate van hierdie aktiwiteite, ook om boere se plase te plunder, hul vee te roof, zamma zammas in myne, inbrake, daartoe dat werk geskep word, of dit nou sindikate is of andersins, ten minste sit dit kos op die tafel. Dit hou mense besig.

Johann ·

Dan sien ek hier langsaan, regs van die berig, word die vraag gevra wat ons daarvan dink dat die SA regering uit die ISH wil onttrek. Dit is waar die probleem lê, ons regering het geen morele waardes nie, geen barometer in die lewe nie.

Justice ·

Verdubbel die omkoopgeld en gee dit met komplimente as `n Kersbonus aan die doane amptenaar.

Grassie ·

China is oorbevolk en hulle is besig om die hele wêreld te plunder. Daardie mense eet enigiets wat hulle in hul monde kan kry, en nog. Ek het dikwels in Namibië gaan hengel, veral op die Skedelkus tot by Terracebaai. Die laaste keer wat ek daar was, was die vangste swak. Ek het gewonder hoekom, tot ek op ‘n dag drie Chinese vistreilers gesien het, net agter die branders. Ek het later verneem dat daar ‘n hele vloot is, met ‘n groot moederskip wat kort-kort die vangste China toe vat en dan dadelik terugkeer vir nog. Wanneer hulle so vlak visvang is hul vangste nie diepsee-vis nie, maar kabeljou, steenbras, kolstert en elwe. Hulle het geen gewete nie – hulle sal ‘n paradys stormloop en ‘n maanlandskap agterlaat.

Jakobus ·

Grassie, meeste van ons ken nie eens meer die name van die visse wat jy in jou tweede laaste sin noem nie. Al daardie name was in my jongdae huishoudelik, soos ook galjoen. As kinders het ons baie aas gaan uithaal, rooiaas met laaggety aan die rotse, dan spuit die water so aan die aas se kop uit. Seekat. Witmossels op die strand. Ma het kleintyd flesse ingelegde vis gemaak. Verlang ek nou, raak sommer aan die tjank.

Cherokee ·

Hoe het daardie Sjinees deur ‘n doane gegaan met al daardie onwettige items? Die doane amptenaar wat hom deurgelaat het moet ook vervolg word.

Jakobus ·

Leervis, mosselkraker, geelstert (of halfkoord), geelbek.

Danie ·

Die ander amptenaar/re het die mannetjie deurgelaat. So hy het omgekoop en sy bagasie is definitief ook “misgekyk” of werk die x straal masjiene nie. Ons grenspost en lughawens is vrot van die korrupte amptenare. Wie se voorbeeld volg hulle? Zuma sn die voorloper

twakkies ·

Hoe is dit moontlik dat die xray masjien nie die goed opgetel het nie of is die beampte blind wat daar werk. Iets nie lekker by OR Tambo. Tussen Zuma sy kaders die Guptas en China beheet hulle SA

Chris ·

Oor 10 jaar is daar 100 000 000 chinese in Suid Afrika en ons is n chinese “colony”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.