‘Christene ervaar hoë vlakke van vervolging in 73 lande’

Foto: Verskaf

Die Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys word elke Januarie vrygestel, en dit lys die top‑50‑lande waar Christene die ergste vervolging ervaar.

Volgens Jan Gouws, uitvoerende direkteur van Geopende Deure Suider-Afrika, was Noord-Korea vyf jaar gelede die enigste land wat as ‘uiters’ geklassifiseer is vir sy vlak van vervolging van Christene. “Hierdie jaar, op die Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys vir 2019, net soos in 2018, het 11 lande genoeg punte behaal om in daardie kategorie te val.”

Die Wêreldwaarnemingslys (WWL) van 2019 is die jongste jaarlikse opname van 150 lande met die doel om te meet waar dit die moeilikste is om as ʼn Christen te leef. Die algehele tendens in vanjaar se lys is dat byna die helfte (73) van die lande uiterse, baie hoë of hoë vlakke van vervolging getoon het. ʼn Jaar vantevore was dit 58 lande.

In hierdie 73 lande meen Geopende Deure dat die syfers daarop dui dat een uit elke nege Christene wêreldwyd ‘hoë’ vlakke van vervolging ervaar. Verlede jaar was dit die ekwivalent van een uit elke 12 Christene.

Foto: Verskaf

In Asië (volgens die VN-definisie, insluitende die Midde-Ooste), val dit egter tot een uit drie, terwyl dit in Afrika een uit ses is en in Latyns-Amerika een uit 21. Geopende Deure Internasionaal meen dat na raming 245 miljoen Christene in die top‑50-lande op die Wêreldwaarnemingslys ‘hoë’ vlakke van vervolging ervaar.

Christen-vervolging word deur die WWL-metodologie gedefinieer as “enige vyandige ervaring as gevolg van ʼn identifisering met Christus. Dit kan vyandige gesindhede, woorde en aksies teenoor Christene insluit”.

“Hierdie statistiese bewyse en navorsing toon dat die vervolging van Christene steeds toeneem en bevestig die belangrikheid van Geopende Deure se werk om die vervolgde Kerk wêreldwyd te versterk,” het Gouws gesê. “Die jaarlikse WWL dui op die jongste tendense van Christelike vervolging en help ons organisasie om te weet waar om ons werk te fokus.”

Die top‑10‑lande op die 2019‑WWL waar Christene tans die meeste vervolging ervaar, is soos volg:

  1. Noord-Korea
  2. Afganistan
  3. Somalië
  4. Libië
  5. Pakistan
  6. Soedan
  7. Eritrea
  8. Jemen
  9. Iran
  10. Indië

Die volledige lys van 50 lande kan hier besigtig word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Thinus Erasmus ·

En in hoeveel lande word Islam of Moslems vervolg?

Philip ·

Ons weet hulle is die minste maar die Weste het hulle beskerm en nou sit ons met die gebakte pere. Die Bybel sê wel ons Christene sal vervolg word. Ek lewe elke dag as Christen of dit my laaste dsg is. So om terug te kom na jou vraag hulle word nie deur enige ander “godsdiens” vervolg nie maar hulle moor hulle self uit onder mekaar.

Stormjaars ·

Sal ek ook wil weet. islam in nie n geloof nie. Dit is n oormag wat ons oorneem.

waarheid1 ·

Dit staan tog so in die Bybel dat die Christene vervolg gaan word.
Ek is nie verras nie.
My geloof hou my egter sterk teen die aanslae van vandag se lewe – asook vervolging oor my geloof.

Daan Erasmus ·

Natuurlik staan jy sterk in jou geloof. Want jy word nie vervolg nie. Jy laat dit klink of jy vervolg word.

marco polo ·

Jammer, my antwoord was op Thinus se vraag oor Moslems wat vervolg word.

Philip ·

Ons weet hulle is die minste maar die Weste het hulle beskerm en nou sit ons met die gebakte pere. Die Bybel sê wel ons Christene sal vervolg word. Ek lewe elke dag as Christen of dit my laaste dsg is. So om terug te kom na jou vraag hulle word nie deur enige ander “godsdiens” vervolg nie maar hulle moor hulle self uit onder mekaar.

Daan Erasmus ·

Natuurlik staan jy sterk in jou geloof. Want jy word nie vervolg nie. Jy laat dit klink of jy vervolg word. Jou broeder in Christus.

Ledifni ·

dis ondenkbaar dat mense so vervolg kan word en oor iets so nietig. van die buitekant af lyk dit soos om te bakly oor watter ninja turtle die sterkste is

Skerpioen ·

Om n Christen te wees en mens se geloof is nie iets nietigs nie.

Posduif ·

En daarom kyk ek nie krieket nie. Pakistan, Indie. Christene word vevolg maar ons speel krieket teen hierdie duiwel aanbidders. As ek n protea was het ek dié wedstyde ge-boikot.

Eddy ·

Ek sien Somalië is derde op lys.Hier in die Kaap is die plek vervuil met Somaliërs en ons moet hulle verwelkom(vanwee ANC se swak grensbeheer).Ek sien ook Ethiopië op die lys.Hulle het dan Christendom gehad baie lank voor ons hier in SA.

Eddy ·

Maar ons moet hulle geloof hier aanvaar maar hulle vervolg ons geloof.Elke ou dorpie hier het nou n moskee wat deur n Pakistani of Somaliër opgerig is maar ons kan nie vryelik by hulle lande ons geloof beoefen nie

Sarel ·

Die eerste skote is ookal in SA afgevuur, daar word reeds gekyk na reguleering en belastings ens.
Die misdaad is maar net n middel tot die doel en die stok om mee te slaan. n Mens kerk by n kerk van jou keuse, indien daar misdaad gepleeg word moet so n kerk krimeneel hanteer word of kerkgangers moet van kerk verander.
Wonder hoelank dit gaan neem om die lys te haal??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.