Sicelo Xulu, die besturende hoof van City Power, het verlof geneem totdat ʼn forensiese ondersoek na bewerings van bedrog en korrupsie by die Johannesburgse kragverskaffer afgehandel is.
City Power het dié aankondiging Donderdag in ʼn verklaring gemaak. “Die raad van City Power het Xulu se versoek, om verlof te neem hangende die voltooiing van die forensiese ondersoek, goedgekeur,” lui die verklaring.
Die raad het gesê hoewel hy Xulu se verlof goedgekeur het, voel hy nie dit is nodig om Xulu te skors nie. “Xulu se besluit om verlof te neem spruit uit ʼn begeerte om enige vermeende spanning tussen die City Power-raad en sy aandeelhouer, die Stad Johannesburg, te ontlont.” Volgens die verklaring gee die raad sowel as Xulu hul volle samewerking in die ondersoek.
Bewerings van korrupsie, wat verband hou met die stad se R1 miljard slimmeter-tender, staar Xulu in die gesig. Dié tender is aan Edison Power, wat deur die sakeman Vivian Reddy besit word, toegeken.
hoekom moet daar altyd n middleman wees en hoekom moet die middleman altyd n middleman he? as al die tweede partye met al hulle middelmanne uitgeskakel word, kan ons krag net eenvoudig soveel goedkoper deur eskom self koop. hulle hoef ook nie duisende klere met hulle middelmanne daarvoor aan te stem nie. ons kan seker ook deur hulle aanlyn koop. een kW, een prys.
neem hy sy jaarlikse twee of drie weke verlof of is hy op permanente betaalde verlof wat deur die taxpayers “geborg” word???
Altyd skelmstreke wa govt officials betrokke is