City Power-kontrakteurs vas vir kabeldiefstal

Argieffoto ter illustrasie.

Twee kontrakteurs van die Johannesburgse kragverskaffer City Power is in hegtenis geneem op aanklag dat hulle koperkabels gesteel en talle inwoners vandeesweek sonder krag gelaat het.

Die kontrakteurs, wie se name en besonderhede nie bekend is nie, is Vrydagaand met ʼn tien meter lange kabel in hul besit betrap.

City Power het bevestig dat die kontrakteurs deel was van ʼn span wat aangestel is om herstelwerk weens vroeëre kabeldiefstal langs die Eikenhof-kraglyn te herstel. Dié kraglyn verskaf elektrisiteit aan Naturena en die omliggende gebiede. Talle inwoners is al dae lank sonder krag nadat kabels in die gebied gesteel is – insluitend die diefstal wat Vrydagaand plaasgevind het. Kragtoevoer is steeds nie na alle inwoners se huise herstel nie.

“Inligting is ontvang dat die betrokke kontrakteurs gedurende hul werk die koperkabel geknip en gesteel het. Hulle het dus die lengte van die kragkabel wat vroeër deur boosdoeners gesteel is, verleng,” het City Power Saterdag gesê.

“Verdere ondersoek het onthul dat nog kabels reeds gesteel en verkoop is teen die tyd wat die kontrakteurs in hegtenis geneem is.”

Lede van City Power se veiligheidspan en ʼn polisietaakspan is Vrydagaand ontbied om die verdagte aktiwiteite te ondersoek, waarna die verdagtes in hegtenis geneem is.

Hulle word tans by die Mondeor-polisiestasie aangehou en word deur aanklagte van diefstal en ʼn gepeuter aan kern-infratruktuur aangekla.

“Hoewel ons verheug is oor die inhegtenisnemings en die boodskap wat dit uitstuur, is ons baie bekommerd dat kontrakteurs moontlik by ʼn koperdiefstalsindikaat betrokke is,” het Tshifularo Mashava, City Power se uitvoerende hoof, gesê.

“Ons sluit nooit die betrokkenheid van interne persone by diefstal uit nie, en daarom het ons versterkte interne beheermaatreëls getref om te verseker dat skuldiges aan die pen ry.”

Mashava sê dat kontrakteurs voortaan nog strenger gekeur sal word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

JM ·

Jou makste honde byt jou die seerste. Waarom is die kopers van koperkabels nog nie in hegtenis geneem nie?! Ons woon in ‘n siek land!

WILLEM ·

Korrupsie en diefstal is deesdae ‘n sport, met geen wenners nie. Die woord ” maak ‘n bydrae” is vreemd dis net vat, vat !!

Christine ·

Ek kan dit nie meer vat nie! Ons is nou net deur ‘n 8-ure loadshedding, dan word die krag laat aangesit ook. Ons word getoets en getart, ons moet net betaal en bek hou. Hierdie ANC is siek ‘to the core’! Ek kan nie glo ons is so geduldig nie. Die munisipaliteite moet oorgeneem word deur die privaatsektor, so ook die water.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.