Verdere ondersoek het onthul dat nog kabels reeds gesteel en verkoop is teen die tyd wat die kontrakteurs in hegtenis geneem is.
Lees meerAlles vir Sondag 19 Februarie 2023
Kieries is storievertellers
Wat hierdie kieries destyds vir my so besonders gemaak het, was die stories wat die kieries vertel het, want elke kierie was ʼn stukkie van ʼn eeue-oue kultuurskat van die amaSwati en die kieries het eintlik die stories van mense vertel.
SA’ners se beursies groot oop dié Valentynsdag
Aanlyn verkope by blommewinkels het volgens FNB met 204% toegeneem, terwyl persoonlike aankope met 147% toegeneem het.
Man bloei dood ná troetelhaan hom aanval
Dieselfde hoender het Jasper Kraus (65) se kleindogter glo voorheen aangeval.
Rubriek: Tyd vir prins Harry om slagofferhoofstuk finaal af te sluit
Die hertog van Sussex se boek is sy eie waarheid en weergawe van sy byna 40 jaar as ʼn Britse-koninklike, maar omdat dit deurspek is met ʼn byna onsmaaklike slagoffermentaliteit word dit met tye moeilik om met hom te simpatiseer.
David en Rilee se kolwe klap vir Sultans
Rilee Rossouw het reeds 30 grenshoue in sy drie wedstryde vir die Multan Sultans in die Pakistan Superliga gemoker, terwyl David Miller ook die langsteel inlê.
Nog een vas ná plaasaanval naby Musina
Die boer se vrou is tydens die aanval in Desember aangerand voordat die aanvallers met onder meer vuurwapens en ʼn onbekende bedrag kontant in rand, Amerikaanse dollar en pond op die vlug geslaan het.
Skukuza-stroper kry 15 jaar tronkstraf
Die veroordeelde stroper is twee keer in die Krugerwildtuin betrap waar hy gepoog het om renosters dood te maak.
Kalm Senekal wen by Zebula
Die aanvalle het die een na die ander gekom, maar ʼn koel en kalm JJ Senekal het elkeen daarvan hou vir hou afgeweer.
Vrou vind genesing ná seerkry
“Jy weet nie met wie dit gebeur nie. Van buite af lyk die prentjie perfek.”
Stormers slaag hul Loftus-karaktertoets, sê Dobson
“ʼn Mens wil die beste span in Suid-Afrika wees en ons is op koers om daardie doelwit te bereik.”
Indië trap Aussies weer
Travis Head en Marnus Labuschagne was die enigste Australiese kolwers wat dubbelsyfers kon behaal.
Beter weerdienste kan lewens, ekonomieë red
Gelukkig vir Suid-Afrikaners het sy weerdiens klaarblyklik reeds werk daarvan gemaak om die akkuraatste voorspellings en weerwaarskuwings so gou as moontlik aan mense deur te gee.
FAK-vakansieplaas langs Vaalrivier ontruim
“Die bestuurders by Udolpho het die watervlak oor die laaste paar dae dopgehou en Saterdag besluit dat ons nie die lewens van ons gaste en personeel in gevaar wil stel nie.”
Nog fase 6-beurtkrag vandag op pad
Drie kragstasies het oor die afgelope 24 uur onklaar geraak.
SAPD-lede eersdaags in hof vir ontvoering, afpersing
Die polisiebeamptes het ʼn verdagte in hegtenis geneem en glo geld geëis om hom vry te laat.
Toyota GR-Beker sorg vir hope pret
Dit was die naweek die intreestryd in die GR-86 liga van die GR-Beker.
Vermiste toeris in Wes-Kaap gesoek
Die jong man het sy gastehuis op Valentynsdag verlaat en nooit weer teruggekeer nie.
Video: Gemeenskapsfederalisme as alternatief vir staatsentralisme
Die fokus van die konferensie was dat selfbestuur die enigste antwoord op staatsverval is – die alternatief is om niks te doen nie en saam met die staat te verval.
Jong man groet sosiale media: ‘Dit was ’n verslawing’
Hy vertel hy het homself onbewustelik ook met ander mense vergelyk op sosiale media. “ʼn Mens sien slegs die mooi (van ander mense se lewens) op sosiale media. Jy vergeet van die verwonde weergawe – die realiteit – wat hulle nie deel nie. Foto’s wat nie ‘mooi genoeg’ is nie word nie gedeel nie.